Terugvoer aan gemeente oor onderskeidingsproses
Inleiding:
Nie net verslag, maar storie. Hoogtepunte en ontdekkings langs pad. Die ontdekkjngs uit Bybel, uit boek van Callahan en uit die gemeente.
- Moedeloosheid
Begin by moedeloosheid, waar is almal, niks wat mense aantrek. Leë eredienste. Hoe het dit vir jou gevoel? Na Covid het ons besef dat slegs ‘n klein handjievol mense ‘n dringendheid beleef het om weer saam met medegelowiges in die erediens saam te aanbid; sommige mense was bang, ander het nuwe gewoontes aangeleer en nog ander het ‘n stuk bemagtiging beleef wat hulle nuwe keuses en prioriteite laat maak het en kerk-wees of erediens bywoning was nie meer deel daarvan nie. Intussen het baie dinge in die wêreld, ons land en gemeenskap verander. Saam met dit alles het daar groter uitdagings oor ons paaie gekom tov werk, finansies, aftreegelde, demografiese veranderinge, gevolge van BEE en politieke onstuimigheid.
- Gebed
Ons het begin bid hieroor. Here het goed op my pad gestuur, was nie net kursus, maar ook tekste van verlede kwartaal en boeke wat etlike jar op my rak staan.
- Bedieningsbestuursvergadering
Proses is begin Kerkraadsvergadering 2 Augustus 2022. Ringsvisitasie, Finansiële verslag
Opstaan en Saamstaan & Onderskeidingsproses
- Ontdekking van ons Identiteit en ons missie (Wie is ons? & waarheen is ons op pad?)
Identiteit wil die vraag antwoord “wie is ons?” en bring ons uit by “Waarheen ons op pad is”
In die Bybel sien ons dat die identiteit van die kerk aan die kerk geskenk is. 82 metafore probeer die identiteit van die kerk beskyf. Dit is dus veelkantig soos ‘n diamant. Die primêre metafoor – Ons is nuwe mense in Christus wat as familie die lewe in oorvloed geniet. Dit is wat God aan ons skenk en wil skenk. Dit is waarmee Hy in en met ons besig is. Jesus se koms na die aarde het alles te doen gehad om hierdie nuwe identiteit in alle mense se lewens te vestig, sodat alle mense die ware lewe (lewe in oorvloed) kan ervaar. Om mense daarby uit te kry het redding, heelmaak en herstel in die kern van Jesus se bediening gestaan. Jesus is nie meer op aarde nie. Dit is waarvoor Hy dissipels en die kerk geroep het en steeds roep om aan deel te neem en waarmee die kerk behoort besig te wees. Daarom noem Hy die kerk sy liggaam op aarde. Die 82 metafore probeer iets verwoord hoe die kerk sal lyk wannneer die kerk deelneem aan die heelmaak en herstel van die gebrokenheid in die wêreld.
Missie: God is in, met en deur The Reeds besig om die wêreld te red en herstel om die nuwe lewe in Christus te ervaar – daarom is The Reeds:
‘n Veilige hawe vir nuwe hoop!
Veilige hawe – ‘n ruimte waar mense veilig voel (liefde, deernis, omgee en heling) en die hart van God ervaar en opgebou en toegerus word as dissipels van Christus, daarom is dissipel-wees en dissipels-maak ons kernbesigheid is.
Nuwe hoop – gebrokes, stukkendes, seerkry-mense beleef redding, heling, vernuwing en nuwe lewe in Christus
- Watter soort gemeente is ons? Kies primêre koers vir toekoms – missie as fokus
Ons is tydens ons eerste sessie al nogal erg gekonfronteer toe ons moes bepaal waar is ons tans:
Ons moes kies: Groeiende groot, stabiele groot of kwynende groot gemeente/ Groeiende klein, stabiele klein, of kwyndende klein gemeente. Ons het besef ons is klein, daarom moes ons een van die laaste drie kies: Verskillende aspekte, bring ons by verskillende plekke.
Dit is hier waar ons Callahan se navorsing oor Klein gemeentees ons ontsettend baie gehelp het:
- 80% van wêreld se kerke klein. Groot en groeiend, groot en stabiel en groot en kwynend
- Gesondheid van gemeentes moet eerlik gemeet word. Is die gemeente sterk, swak of sterwend – swak en sterwend gaan nie oor getalle nie, maar oor manier van dink, beplan en handel. Patrone van dink, beplan en optree dra by daartoe om swak en sterwend te word;
- Die kultuur het behep geraak met groter is beter – groter is net groter, nie noodwendig beter nie;
- God nooi kleiner gemeentes om ‘n missie te deel wat ooreenstem met jou “sendingveld” wat God wil hê ons moet bedien en die gawes en sterkpunte wat God aan so ‘n gemeente geskenk het;
- Storie wat Callahan vertel – Speel om te wen: Sommige gemeentes speel om nie te verloor nie; Ander speel om te verloor; Die hartseer is dat daar baie gemeentes is wat nie eers uit die kleedkamers uit kom nie. God roep Kleiner gemeentes om te speel om te wen.
- Ons kan terugtrek of oorgee en speel om nie te verloor; ons kan speel om te verloor of in kleedkamer te bly, maar dan gaan ons kwyn en sterf. Maar ons kan kies om in ons lewens, tyd, gawes, sterkpunte en vermoëns te belê op pad na ‘n sterk, gesonde toekoms waarheen God ons heen uitnooi;
- Kry die boot in beweging, dan kan jy koersaanpassings maak. Begin by die sterkpunte wat jy het, nie dit wat jou wens jy het nie.
- Mense daar buite soek nie vir besige kerke wat hul programme oorvol maak nie. Dit is reeds te vol. Hulle soek na hulp, na hoop en ‘n plek waar hulle tuis kan wees (huis). Hulle bring met hulle saam ‘n soeke na gemeenskap (community), nie komitees (committee) nie; Hulle bring met hulle saam ‘n soeke vir hoop tmv die moeilike uitdagings, depressie en mislukkings wat die lewe met hom saambring. Mense is opsoek na standvastige en konstante liefde – Hulle wil dit gee en ontvang. Hulle wil hulself gee en liefde en sorg deel (love, sharing and caring);
- Mense soek na ‘n teologie van diens nie ‘n teologie van oorlewing nie; Dit beteken ons word genooi na ‘n teologie van missie (mission), nie ‘n teologie van onderhouding (maintenance) nie;
- Klein gemeentetjies, meer as groot gemeentes, het ‘n slegte tendens om behep te wees met oorlewing. Die rede is gewoonlik omdat hulle min bronne het. Klein sterk gemeentetjies het min bronne. Swak sterwende klein gemeentetjies het min bronne. Dit gaan nie oor min bronne nie, maar oor hoe die beskikbare bronne aangewend word.
- Klein sterk gemeentes deel een uirstaande missie as hulle gawe met die hele gemeenskap. Hierdie missie help die lidmate van so ‘n gemeente om op iemand anders te fokus (beyond themselves). Op die manier word beheptheid met oorlewing oorkom.
- Klein, sterk gemeentes is Goeie Samaritane in hul wese. Juis omdat hulle minder het in vergelyking met groter gemeentes, deel hulle ryklik wat hulle het met ander (Hulle deel gewoonlik ook hulleself in die proses – daarmee sukkel groter gemeentes); Klein, sterk gemeentes leef vir hulle missie en diens aan ander eerder as hulleself. Hulle belangstelling, passie is om te groei in hulle missie – nie in getalle in die eerste plek nie.
- Klein sterk gemeente, nie alles vir almal. Een missie nie klomp goed gelyk nie.
Kies om ‘n klein, sterk gemeente te wees. Wil beweeg van Stabiel klein, na Groeiende Klein-gemeente
- God se koms na en deur ons na ons gemeenskap – Gemeente analise
PROSE WAT ONS GEVOLG HET NIE BEPLANNINGSESSIE, NIE MAAR NET
- Ontdek gemeente se sterkpunte
Ontdekking van sterkpunte van gemeente. DIT IS GOD SE GAWE AAN ONS GAWE.
Sterkpunte is ons terrein en fasiliteite, ons eredienste en kleingroepe. Ons kies die erediens as sterkpunt wat ons wil versterk. Ons sal oor ses manade ook doelwitte oor ons terrein en fasiliteite byvoel. Ons sal oor ‘n jaar doelwitte byvoeg oor kleingroepe.
- Doelwitte tov sterkpunte om Missie te kan waarmaak
DOELWITTE OM ONS TE HELP OM ONS MISSIE TE BEREIK
Doelwitte om eredienste te versterk:
Ons kies die volgende vier doelwitte tov ons eredienste om ons missie te versterk:
- Gebed
Die daarstel van ‘n gebedsbediening in en om die erediens (Erediensgangers beleef dat hulle in God se teenwoordigeid was en met Hom in kontak was):
- Gasvryheid
Die daarstel van ‘n gasvryheidsbediening in en om die erediens (Mense beleef dat hulle in aanraking kom met God se hart van liefde, genade, deernis en omgee):
- Getuienis
Om getuienis so deel van ons eredienste te maak dat erediensgangers kan sien en hoor hoe God helend besig is in, met en deur ons en dat Hy voorsien en met ons besig is:
- Samehangende geheel
Om die erediens so aan te bied dat erediensgangers die erediens as ‘n veilige en heilige (sacred) ruimte sal beleef:
- Deel alles met gemeente
ONS Is NOG NIE KLAAR NIE. ONS SAL GRAAG WIL SIEN WIE DIE HERE SPESIFIEK OP ONS HARTE LÊ.
Gebed
- VERBINTENIS MET KLIPPE