Welkom in die riete!

Jy is baie welkom by The Reeds gemeente!

The Reeds gemeente is ’n unieke gemeente:

  • Hier is kerkwees mense en nie geboue of programme nie
  • Hier wil ons nie besige mense se programme nog voller maak nie, maar mense toerus om as dissipels van Jesus te leef waar hulle is.
  • Hier wil ons ouers toerus en ondersteun in hulle geloofsontwikkelingstaak.

Ons is ‘n “klein”gemeente  in die Suidweste van Centurion, Tshwane en ons gemeentesentrum en kerkgebou (3KruisVaderhuis) is in die woongebied The Reeds. Ons gemeente het op 6 September 1987 sy ontstaan gehad toe ons van Rooihuiskraal gemeente agfgestig het.  Ons is geleë op die hoek van Bothrill en Sachariastrate (by die 3 kruise) GPS koördinate S25°54.282’ E28°08.485’. Vir meer inligting oor ons dienste, kliek hier.