3-Kruis Huiskonnekesie

Faith 5 – wanneer jy hierop klik, word faith-5 in boekmerk vorm uiteengesit.

3-Kruis Huiskonneksie – Sondag 21 April 2024

Klik op die volgende skakel om die riglyn vir julle huisgesprek af te laai: Sondag 21 April 2024 se-3-Kruis-Huiskonneksie

Hierdie klankgrepe loop parallel met ons reeks uit Genesis waaroor ons Sondagoggende  in ons eredienste saam kuier.

Psalm 72 drie en veerstigste oordenking – hierdie keer uit Psalm 72. Dit is deel van ons weeklikste terugkyk op afgelope Sonda, 25 Oktober 2020, se diens

Psalm 105 twee en veertigste oordenking – hierdie keer uit Psalm 105. Deel van ons weeklikse terugkyk op afgelope Sondag, 18 Oktober 2020, se diens.

Genesis 45 : 1-8 (41) – een en veertigste oordenking uit Genesis 45. Deel van weeklikse terugkyk op afgelope Sondag, 11Oktober 2020, se diens.

 

Genesis 40-41 (40) – veertigste oordenking uit Genesis 40-41 (7 Oktober 2020). Hierdie is die eerste van die nuwe siklus van weeklikse terugkyk na die teks van afgelope Sondag aan die hand van Faith Five.

Genesis 41 vers 1 – 35 (39) – nege en dertigste oordenking uit Genesis (2 Oktober 2020)

Genesis 40:1-23 (38) – agt en dertigste oordenking uit Genesis (1 Oktober 2020

Genesis 39:20-23 (37) – sewe en dertigste oordenking uit Genesis (30 September 2020

Genesis 39:7-20 (36) – ses en dertigste oordenking uit Genesis (29 September 2020

Genesis 39:1-6 (35) – Vyf en dertigste oordenking uit Genesis (28 September 2020

Genesis 37:36 (34) – Vier en dertigste oordenking uit Genesis (25 September 2020

Genesis 37:31-35 (33) – Drie en dertigste oordenking uit Genesis (24 September 2020

Genesis 37:12-30 (32) – Twee en dertigste oordenking uit Genesis (23 September 2020

Genesis 37:5-11 (31) – Een en dertigste oordenking uit Genesis (22 September 2020

Genesis 37: 1-3 (30) – Dertigste oordenking uit Genesis (21 September 2020

Genesis 33:12-20 (29) – Nege en twintigste oordenking uit Genesis (18 September 2020

Genesis 33:1-11 (28) – Agt en twintigste oordenking uit Genesis (17 September 2020)

Genesis 32:22-32 (27) – Sewe en twintigste oordenking uit Genesis (16 September 2020)

Genesis 32:9-21 (26) – Ses en twintigste oordenking uit Genesis (15 September 2020)

Genesis 32:1-8 (25) – Vyf en twintigste oordenking uit Genesis (14 September 2020)

Genesis 27:30-45 (24) – Vier en twintigste oordenking uit Genesis (4 September 2020)

Genesis 27:1-29 (23) Drie en twintigste oordenking uit Genesis (3 September 2020)

Genesis 25 (22) Twee en twintigste oordenking uit Genesis (2 September 2020)

Genesis 25 (21) Een en twintigste oordenking uit Genesis (1 September 2020)

Genesis 2:19-21 (20) Twintigste oordenking uit Genesis (31 Augustus 2020)

Genesis 24: 62-67 (19) – Negentiende oordenking uit Genesis (28 Augustus 2020)

Genesis 24:50-61 (18) – Agtiende oordenking uit Genesis (27 Augustus 2020)

Genesis 24:28-49 (17) – Sewentiende oordenking uit Genesis (26 Augustus 2020)

Genesis 24:11-27 (16) – Sestiende oordenking uit Genesis (25 Augustus 2020)

Genesis 24:1-10 (15) – Vyftiende oordenking uit Genesis (24 Augustus 2020)

Genesis 22:1-19 (14) – Veertiende oordenking uit Genesis (21 Augustus 2020)

Genesis 22:1-19 (13) – Dertiende oordenking uit Genesis (20 Augustus 2020)

Genesis 22:1-19 & Hebreërs 11: 17-19 (12) – Twaalfde oordenking (19 Augustus 2020

Genesis 22:1-19 (11) – Elfde oordenking (18 Augustus 2020)

Genesis 22:1-19 (10) – Tiende oordenking (17 Augustus 2020)

Genesis 21:1-7 (9) – Negende oordenking (14 Augustus 2020)

Genesis 21:1-7 (8) – Agtste oordenking (13 Augustus 2020)

Genesis 19 (7) – Sewende oordenking (12 Augustus 2020)

Genesis 18:23-33 (6) – Sesde oordenking (11 Augustus 2020)

Genesis 18:23-33 (5) – Vyfde oordenking (10 Augustus 2020)

Genesis 18:16-22 (4) – Vierde oordenking (7 Augustus 2020)

Genesis 18:1-15 (3) – Derde oordenking (6 Augustus 2020)

Genesis 18:1-15 (2) – Tweede oordenking (5 Augustus 2020)

 

Genesis 18:1 – 15 (1) – Eerste oordenking (4 Augustus 2020)

Genesis 18:1-15 – Teksvoorlesing (4 Augustus 2020)

Tydens die staat van inperking word hier elke dag ‘n klankgreep gelaai. 

Dag 98 – Aandgedagte – dr. Roelf Opperman – Uitgesaai as Aandgedagte op 7 Maart 2020

Dag 96 – Aandgedagte – dr. Roelf Opperman – Uitgesaai as Aandgedagte op 6 Maart 2020

Dag 95 – Aandgedagte – dr. Roelf Opperman – Uitgesaai as Aandgedagte op 5 Maart 2020

Dag 92 – Aandgedagte – dr. Roelf Opperman – Uitgesaai as Aandgedagte op 4 Maart 2020

Dag 91 – Aandgedagte – dr. Roelf Opperman – Uitgesaai as Aandgedagte op 3 Maart 2020

Dag 90 – Aandgedagte – dr. Roelf Opperman – Uitgesaai as Aandgedagte op 2 Maart 2020

Dag 89 – Aandgedagte – dr. Roelf Opperman – Uitgesaai as Voegoggendgedagte op 5 Maart 2020

Dag 88 – Aandgedagte – dr. Roelf Opperman – Uitgesaai as Voegoggendgedagte op 5 Maart 2020

Dag 85 – Aandgedagte – dr. Roelf Opperman – Uitgesaai as Voegoggendgedagte op 4 Maart 2020

Dag 84 – Aandgedagte – dr. Roelf Opperman – Uitgesaai as Voegoggendgedagte op 3 Maart 2020

Dag 83 – Aandgedagte – dr. Roelf Opperman – Uitgesaai as Voegoggendgedagte op 2 Maart 2020

Dag 82 – Aandgedagte – ds. Nico van Rensburg – Uitgesaai as Vroegoggendgedagte op 23 April 2016

Dag 81 – Aandgedagte – ds. Nico van Rensburg – Uitgesaai as Vroegoggendgedagte op 21 April 2016

Dag 78 – Aandgedagte – ds. Nico van Rensburg – Uitgesaai as Vroegoggendgedagte op 20 April 2016

Dag 77 – Aandgedagte – ds. Nico van Rensburg – Uitgesaai as Vroegoggendgedagte op 19 April 2016

Dag 76 – Aandgedagte – ds. Nico van Rensburg – Uitgesaai as Aandgedagte op RSG 23 April 2016

Dag 75 – Aandgedagte – ds. Nico van Rensburg – Uitgesaai as Aandgedagte op RSG 22 April 2016

Dag 74 – Aandgedagte – ds. Nico van Rensburg – Uitgesaai as Aandgedagte op RSG 21 April 2016

Dag 71 – Aandgedagte – ds. Nico van Rensburg – Uitgesaai as Aandgedagte op RSG 20 April 2016

Dag 70 – Aandgedagte – ds. Nico van Rensburg – Uitgesaai as Aandgedagte op RSG 19 April 2016

Dag 69 – Aandgedagte – ds. Nico van Rensburg – Uitgesaai as Aandgedagtes op RSG 18 April 2016

Dag 68 – Aandgedagte oor ons nuwe lewe in Christus uit Kolossense – Prof. Malan Nel – Uitgesaai as Aandgedagtes op RSG 6 Januarie 2018.

Dag 67 – Aandgedagte oor ons nuwe lewe in Christus uit Kolossense – Prof. Malan Nel – Uitgesaai as vroegoggendgedagtes op RSG 6 Januarie 2018.

Dag 63 – Aandgedagte oor ons nuwe lewe in Christus uit Kolossense – Prof. Malan Nel – Uitgesaai as Aandgedagte op RSG 5 Januarie 2018.

Dag 62 – Aandgedagte oor ons nuwe lewe in Christus uit Kolossense – Prof. Malan Nel – Uitgesaai as Aandgedagte op RSG 4 Januarie 2018.

Dag 61 – Aandgedagte oor ons nuwe lewe in Christus uit Kolossense – Prof. Malan Nel – Uitgesaai as oggend oordenking op RSG 4 Januarie 2018.

Dag 60 – Aandgedagte oor ons nuwe lewe in Christus uit Kolossense – Prof. Malan Nel – Uitgesaai as aangedagte op RSG 3 Januarie 2018.

Dag 59 – Aandgedagte oor ons nuwe lewe in Christus uit Kolossense – Prof. Malan Nel – Uitgesaai as oggendoordenking op RSG 3 Januarie 2018.

Dag 56 – Aandgedagte oor ons nuwe lewe in Christus uit Kolossense – Prof. Malan Nel – Uitgesaai as aandgedagte op RSG 2 Januarie 2018.

Dag 55 – Aandgedagte oor ons nuwe lewe in Christus uit Kolossense – Prof. Malan Nel – Uitgesaai as Vroegoggend oordenking op RSG 2 Januarie 2018.

Dag 54 – Aandgedagte oor ons nuwe lewe in Christus uit Kolossense – Prof. Malan Nel – Uitgesaai as AANDGEDAGTE op RSG 1 Januarie 2018.

Dag 53 – Aandgedagte oor ons nuwe lewe in Christus uit Kolossense – Prof. Malan Nel – Uitgesaai as Vroegoggend oordenking op RSG 1 Januarie 2018

Dag 52 – Aandgedagte oor geloof – Dr. James Kirpatrick – NG Stellastraat – Uitgesaai as Vroegoggend oordenking op RSG 7 Januarie 2017

Dag 50 – Aandgedagte oor geloof – Dr. James Kirpatrick – NG Stellastraat – Uitgesaai as Vroegoggend oordenking op RSG 5 Januarie 2017

Dag 49 – Aandgedagte oor geloof – Dr. James Kirpatrick – NG Stellastraat – Uitgesaai as Vroegoggend oordenking op RSG 4 Januarie 2017

Dag 48 – Aandgedagte oor geloof – Dr. James Kirpatrick – NG Stellastraat – Uitgesaai as Vroegoggend oordenking op RSG 3 Januarie 2017

Dag 47 – Aandgedagte oor geloof – Dr. James Kirpatrick – NG Stellastraat – Uitgesaai as Vroegoggend oordenking op RSG 2 Januarie 2017

Dag 46 – Aandgedagte oor gebed – Dr. James Kirpatrick – NG Stellastraat – Uitgesaai as aandgedagte op RSG 7 Januarie 2017

Dag 43 – Aandgedagte oor gebed – Dr. James Kirpatrick – NG Stellastraat – Uitgesaai as aandgedagte op RSG 6 Januarie 2017

Dag 42 – Aandgedagte oor gebed – Dr. James Kirpatrick – NG Stellastraat – Uitgesaai as aandgedagte op RSG 5 Januarie 2017

Dag 41 – Aandgedagte oor gebed – Dr. James Kirpatrick – NG Stellastraat – Uitgesaai as aandgedagte op RSG  4 Januarie 2017

Dag 40 – Aandgedagte oor gebed – Dr. James Kirpatrick – NG Stellastraat – Uitgesaai as aandgedagte op RSG 3 Januarie 2017

Dag 39 – Aandgedagte oor gebed – Dr. James Kirpatrick – NG Stellastraat – Uitgesaai as aandgedagte op RSG 2 Januarie 2017

Dag 38 (Fase 4 – dag 3) – Efesiërs 6:21-24

Dag 37 (Fase 4 – dag 2) – Efesiërs 6:10-20

Dag 36 (Fase 4 – dag 1) – Efesiërs 6:5-9

Dag 35 – Efesiërs 6:1-4

Dag 34 – Efesiërs 5:21-33

Dag 33 – Efesiërs 5:6-20

Dag 32 – Efesiërs 4: 25-5:5

Dag 31 – Efesiërs 4: 17-24

Dag 30 – Efesiërs 4:1-16

Dag 29 – Efesiërs 3:14-21

Dag 28 – Efesiërs 3:1-13

Dag 27 – Efesiërs 2:11-22

Dag 26 – Efesiërs 2:1-10

Dag 25 –  Efesiërs 1:15-23

Dag 24 – Efesiërs 1:3-14

Dag 23 – Efesiërs 1:1-2

Hier is die klankgrepeuit Jesaja. Dit bevat ‘n kort oordenking uit Jesaja 40 -55.

Dag 22 – Jesaja 55: 1-13

Dag 21 – Jesaja 54:1-17

Dag 20 – Jesaja 52:13-53:12

Dag 19 – Jesaja 52 vers 1-12

Dag 18 – Jesaja 51 vers 9-23

Dag 17 – Jesaja 51 vers 1-8

 

Dag 16 – Jesaja 50 vers 1-11

Dag 15 – Jesaja 49 vers 14-26

Dag 14 – Jesaja 49 vers 1-13

Dag 13 – Jesaja 48 vers 1-22

Dag 12 – Jesaja 47 vers 1-15

Dag 11 – Jesaja 46 vers 1-13

Dag 10 -Jesaja 45 vers 8-25

Dag 9 – Jesaja 44 vers 24 – 45 vers 7

Dag 8 – Jesaja 44 vers 6-23

Dag 7 – Jesaja 44 vers 1-5

Dag 6 – Jesaja 43 vers 1-28

Dag 5 – Jesaja 42 vers 10-25

Dag 4 – Jesaja 42:1-9

Dag 3 – Jesaja 41:1-29

Dag 2 – Jesaja 40:27-31

Dag 1 – Jesaja 40 : 1-11

Week 8 – Sondag 15 Maart 2020

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 15 Maart 2020

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Psalm 22:1-32; Markus 15:34, 37-39

Ons beleef op die oomblik waarskynlik die onsekerste omstandighede wat die wêreld in die algemeen en Suid Afrika in die besonder sedert die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog omtrent 80 jaar gelede beleef het. Selfs die onsekerheid rondom die politieke oorgang in ons land 25 jaar gelede vervaag teen die gesondheidsbedreiging wat wêreldwyd uitgebreek het. Oral om ons sien ons tekens van paniek. Ons kan inderdaad identifiseer met die tema van hierdie week, naamlik Jesus se laaste uitroep aan die kruis: “My God, my God, waarom het U my verlaat?” (Markus 15:34). Ons voel van God verlaat en kan identifiseer met die klag van die psalmdigter in Psalm 22:3: “My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie, ook snags, maar daar is geen verligting vir my nie.”

Dalk is dit goed dat ons juis in hierdie week stilstaan by Jesus se oomblik van grootse nood, net voor Hy die laaste asem uitblaas, toe Hy beleef het dat Hy van God verlate is! Die implikasies van sy uitroep kan nie ten volle begryp word as ons nie eers stilstaan by die Psalm waaruit Jesus aanhaal in sy laaste oomblikke nie.

Kom ons lees Psalm 22. Die teks word hier onder weergegee. Die vertaling is baie letterlik. ʼn aanduiding word ook gegee van die opbou van die psalm. Kom ons lees:

Opskrif

1          Vir die musiekleier. Op (die wysie van) Ajjelet Hashagar.  ʼn Psalm.                  Van Dawid.

I. Klag van iemand in nood

A. Die Here is ver van my af en ek is in die nood!

2a        My God, my God, waarom het U my verlaat,

  b           (waarom) is U ver van my redding, van die woorde van my                                hulpgeroep?

3a        My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie,

  b           ook snags, maar daar is geen verligting vir my nie.

B. Ons voorgeslagte het op die Here vertrou en is gered

4a        U is tog die Heilige,

  b           U wat troon waar die lofliedere van Israel weerklink.

5a        Op Ú het ons voorouers vertrou,

  b           hulle het vertrou en U het hulle gered.

6a        Tot Ú het hulle om hulp geroep en hulle is verlos,

  b           op Ú het hulle vertrou en hulle het nie beskaamd gestaan nie.

C. Ek is ʼn teiken van spot en minagting…

7a        Maar ék is ʼn wurm en nie ʼn mens nie,

  b           verag deur mense, bespot deur die volk.

8a        Almal wat my sien, dryf met my die spot,

  b           hulle tuit die lippe, hulle skud die kop:

9a        ‘Laat dit aan die HERE oor, laat Hy hom red,

  b           laat Hy hom verlos as Hy so baie van hom hou!’

D. …al behoort ek van my geboorte af aan die Here

10a  U is tog die Een wat my uit die baarmoeder getrek het,

   b            my aan die bors van my ma toevertrou het.

11a  Aan Ú is ek oorgegee sedert geboorte,

   b            van die moederskoot af is U my God.

II. Dringende gebed dat die Here ingryp en verlos

A. Moenie ver van my af wees nie want daar is geen helper nie!

12a  Moenie ver van my af wees nie, want nood is naby,

   b            daar is werklik geen helper nie!

B. Vyande omsingel my

13a  Baie bulle het my omsingel,

   b            sterk (bulle) van Basan het my vasgekeer.

14a  Hulle het hulle mond oopgesper teen my,

   b            ʼn leeu wat verskeur en brul!

C. Dit is klaarpraat met my!

15a  Soos water is ek uitgestort, al my beendere val uitmekaar,

   b            my hart het geword soos was,

   c                dit het in my liggaam gesmelt.

16a  My krag is uitgedroog soos ʼn potskerf,

   b            en my tong is vasgeplak aan my verhemelte,

   c                ja, in die stof van die dood het U my neergelê!

D. Vyande omsingel my

17a  Inderdaad, honde het my omsingel,

   b            ʼn bende booswigte het my vasgekeer,

   c                hulle het my hande en my voete vasgebind.

18a  Ek kan elkeen van my bene tel,

   b            hulle staar net, kyk my aan.

19a  Hulle verdeel my klere onder mekaar,

   b            en oor my kledingstukke werp hulle die lot.

E. Moenie ver wees nie, Here, haas U om my te help!

20a  Maar Ú, HERE, moenie ver wees nie,

   b            my kragbron, haas U tog om my te help!

21a  Red tog my lewe van die swaard,

   b            uit die mag van honde my enigste (lewe).

22a  Verlos my uit die bek van die leeu,

   b            en van die horings van die buffel het U my geantwoord!

III.  Loof die Here want Hy hoor die gebed van die arme!

A. Ek wil U in die gemeente loof

23a  Ek wil u Naam verkondig aan my broers,

   b            in die gemeente wil ek U loof:

B. Julle wat die Here vrees, loof Hom!

24a  ‘Julle wat die HERE vrees, loof Hom,

   b            o hele nageslag van Jakob, vereer Hom,

   c                en dien Hom met eerbied, o hele nageslag van Israel!

25a  Want Hy het die lyding van die arme nie geminag of misken nie,

   b            Hy het sy gesig nie vir hom verberg nie,

   c                maar toe hy Hom om hulp gesmeek het, het Hy gehoor.’

C. Ek sal my geloftes nakom in die teenwoordigheid van die wat die Here vrees

26a  Van U af kom my lof

   b            in ʼn groot vergadering,

   c                my geloftes sal ek nakom in die teenwoordigheid van dié wat Hom vrees.

27a  Die armes sal eet en versadig word,

   b            dié wat na Hom soek, sal die HERE loof:

   c                ‘Mag julle hart vir altyd lewe!’

IV  Die Here alleen is Koning, Hy verdien lof van almal, altyd, oral

A. Almal op aarde moet voor die Here kniel

28a  Al die eindes van die aarde sal onthou en terugkeer na die HERE toe,

   b            al die geslagte van die nasies sal voor U neerbuig,

29a  want aan die HERE behoort die koningskap,

   b            Hy is Heerser oor die nasies.

30a  Al die rykes van die aarde eet en buig hulle neer,

   b            voor Hom kniel almal wat neerdaal in die stof,

   c                elkeen wat homself nie aan die lewe kan hou nie.

B. Die nageslag sal die reddingsdade van die Here verkondig

31a  ʼn Nageslag sal Hom dien,

   b            van die Here sal vertel word aan die (volgende) geslag.

32a  Hulle sal kom en sy geregtigheid verkondig

   b            aan ʼn volk wat nog gebore moet word: ‘Ja, Hy het dit gedoen!’

Psalm 22 is ʼn tipiese klaaglied (omtrent twee derdes van die gedigte in die Psalmbundel is klaagliedere!) van iemand wat ervaar wat almal van ons op een of ander stadium in ons lewens ervaar het en gaan ervaar: Ek is alleen, God het my verlaat. Ons almal ken daardie ervaring van verlatenheid!

Dit is belangrik om raak te sien dat Psalm 22 ʼn klaaglied in vier bedrywe is:

I (vs 2-11): Klag van iemand in nood

II (vs 12-22): Dringende gebed dat die Here ingryp en verlos

III (vs 23-27): Loof die Here want Hy hoor die gebed van die arme

IV (vs 28-32): Die Here alleen is Koning, Hy verdien lof van almal, altyd, oral

Die Psalm bied ʼn besondere perspektief op klag. Dit geskied vanuit die perspektief van die sekerheid van verlossing. Die psalmdigter kla oor Godverlatenheid, maar hy doen dit vanuit die perspektief van iemand wat weet in die verlede HET God my al verlos (vss 4-6, 10-11), daarom kan ek bid om verlossing van VANDAG se nood, omdat ek seker is dat Hy my al gehoor het (vs 22) en daarvoor kan hy die Here solank loof in die kring van medegelowiges (vss 23-27) en Hom as Koning vereer wat altyd, oral, deur almal geloof moet word (vss 28-32).

Die digter bid vir verlossing vanuit die perspektief van dankbaarheid vir die verlossing wat reeds gebeur het omdat God – ten spyte van vandag se werklikhede – nog altyd reddend in my lewe teenwoordig is! Die digter se klag en lof is nie twee opeenvolgende handelinge nie, maar twee kante van dieselfde muntstuk, verbind deur die onwrikbare geloof dat – hoe die werklikheid van vandag ook al daarteen skree – God sy troue dienaars sal help en red! Die digter kla as gelowige! En sy geloof is die geloof waarvan ons in Hebreërs 11:1 lees: “Om te glo, is om seker te wees van die dinge waarop ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.”

Dit is belangrik om raak te sien dat ʼn wonderwerk in vers 22 gebeur. Terwyl die digter nog bid, kyk hy ast’t ware reeds terug na die Here wat hom reeds geantwoord het, en daarom kan sy klag in lof verander. ʼn Gebed in tye van uiterste onsekerheid (“U antwoord nie” [vs 3]) word in die proses van interaksie met God nie net ʼn dringende gebed nie, maar ook ʼn belydenis van geloof (“U het my geantwoord” [vs 22])! Tussen vers 22 en vers 23 swaai die Here nie ʼn towerstaffie nie. Wat eerder gebeur is dat die digter se perspektief in sy worsteling met God verander. Daar word onsekerheid skielik sekerheid, verlatenheid word God-met-ons, individuele worsteling met God word omvorm tot ʼn openbare belydenis van geloof met kosmiese implikasies.

Dit bring ons by Markus 15:34, 37-39. Oomblikke voor Jesus sy laaste asem uitblaas, roep Hy uit: “My God, my God, waarom het U my verlaat? Onmiddellik nadat Hy sy laaste asem uitblaas, gebeur twee goed. Eers skeur die voorhangsel in die tempel van bo tot onder (vs 38). Die simboliese betekenis daarvan is onmeetbaar. Op daardie oomblik kom God tot by die mense. Op daardie oomblik kry verlossing kosmiese dimensies. Op daardie oomblik word klag en lof onherroeplik verbind in die reddende teenwoordigheid van God-by-ons. Die tweede ding wat gebeur is dat ʼn Romeinse offisier glo en bely: “Hierdie man was werklik die Seun van God!” (vs 39). Jesus illustreer in daardie oomblik die geloofsperspektief van Psalm 22: Die worsteling van ʼn enkeling kry ʼn kosmiese dimensie en klag word lof.

Ons uitdaging vandag is om vanuit hierdie perspektief te kyk na die onsekerhede wat ons konfronteer. Ons moet vra: Kan Covid-19, die kortsigtige warm-lug uitsprake en besluite van politici, die val van die aandelebeurs, die chaos in die wêreld, die onsekerheid oor die toekoms jou ontneem van God se reddende, liefdevolle, konstante teenwoordigheid in jou lewe? Ons kan (en ons MAG!) vandag met God worstel. Maar HOE doen ons dit? Is dit ʼn uitroep van desperaatheid? Of vra ons dit soos Paulus in Romeine 8:38-39: “Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here”? Vra ons dit deur die bril van die skrywer van Hebreërs in Hebreërs 11:1: “Om te glo, is om seker te wees van die dinge waarop ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie”?

Gaan God se kinders in 2020 skielik ʼn virus/politikus/aandelebeurs toelaat om te keer dat ons klag in lof verander? Leef ons, praat ons, tree ons op soos mense wat weet God is daar – ook in die virus? Lydenstyd se boodskap is eenvoudig, maar met kosmiese implikasies: Hy het ons nie verlaat nie! Die voorhangsel het geskeur. Glo jy dat hierdie man werklik die Seun van God is?

Ons ken nou al die Markusevangelie se kernboodskap: Jesus Christus is die Seun van God (vgl. die talle kere wat Markus na Jesus verwys as die “Seun van God”) wat mens word (vgl. die talle kere wat Markus na Jesus verwys as die “Seun van die mens”) om te ly en te sterf en uit die dood op te staan, sodat Jesus-volgelinge in sy voetspore kan loop.

Kom ons dink hierdie week ernstig oor wat Jesus se verlatenheid aan die kruis vandag vir jou in hierdie land en in hierdie omstandighede beteken!

  1. Dink bietjie aan die invloed wat vandag se Suid-Afrika op jou het. Wéét jy dat God by jou is, en lééf jy soos iemand wat dit weet? (Dink oor die implikasies van Psalm 22 en Markus 15:34, 37-39 vir jou en jou gesin vandag!).
  2. Hoe kan ons hierdie boodskap in ons lewe waar laat word? (Om konsekwent op God se pad te loop, beteken nie dat daar nooit struikelblokke en slaggate gaan wees nie. Die kern van die evangelie is juis dat Jesus mens word om te ly en te sterf! Maar Hy lewe en daarom kan ek lewe. Hy bring God se koninkryk tot BY my, daarom moet ek nou in sy voetspore volg – al beteken dit ook dat my lewenspad dikwels moeilik is. As Messias, as Koning, is Jesus juis die Lydende Regverdige wat die pad voor my uit loop sodat ek in sy voetspore met hoop op nuwe lewe en ʼn nuwe toekoms kan leef).
  3. Kom ons raak prakties. Hoe kan ons vandag in ons persoonlike lewe en in ons gesin prakties en sigbaar God verteenwoordig? (Ons lewe word bepaal deur God in Jesus Christus tot BY ons gekom het. Dié reddende teenwoordigheid moet my hele manier van lewe bepaal. Glo jy dit? Leef jy dit?).
  4. Leef dit – Kom ons beoordeel bietjie ons eie lewens. Dink bietjie saam oor ’n tipiese week en dag in jou (julle) lewe. Probeer bietjie van buite af na jou lewe kyk. Dra jy by tot die negatiwiteit, hooploosheid, pessimisme in ons samelewing? Laat jou lewe mense glo dat die koninkryk van God naby is?
  5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om raak te sien waar julle Hom die afgelope dag sien werk het. Bid dat die Here julle sal help om gewoontes en praktyke in julle lewe in te bou wat julle lewens vorm tot sy eer.

Week 7 – Sondag 8 Maart 2020

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 8 Maart 2020

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Markus 15:16-33

Ons ken nou al die Markusevangelie se kernboodskap: Jesus Christus is die Seun van God (vgl. die talle kere wat Markus na Jesus verwys as die “Seun van God”) wat mens word (vgl. die talle kere wat Markus na Jesus verwys as die “Seun van die mens”) om te ly en te sterf en uit die dood op te staan, sodat Jesus-volgelinge in sy voetspore kan loop.

Ons beleef op die oomblik onseker en uitdagende omstandighede wat elkeen van ons se lewens raak. Politieke onstabiliteit, ekonomiese agteruitgang, bedreigings vir die hele wêreld se gesondheid dra by tot ons ervaring van onsekerheid. Ons ervaar elke dag dat ons uitgelewer is aan magte waaroor ons geen beheer het nie en wat dreig om ons te oorweldig. Ons word gebombardeer met ʼn konstante stroom van negatiwiteit. Dit beïnvloed ons geloofslewe, laat ons wanhoop, laat ons vra waar God dan is wanneer ons Hom werklik nodig het.

Juis in hierdie tyd van die kerklike jaar, in lydenstyd, is dit goed dat ons gekonfronteer word met die wyse waarop Markus Jesus se lydingsverhaal in Markus 14-16 vertel. Dié verhaal wil ons help om nuut te dink oor Christus se lyding, sterwe en opstanding, maar veral oor hoe ons opgeroep word om in Jesus se voetspore te loop juis in so ‘n tyd.

Markus vertel die lydingsverhaal vir ʼn klein, weerlose, vervolgde Christengemeente in Rome in die tyd van die waansinnige keiser Nero (omtrent 65 nC). Markus konfronteer hulle met hulle verwagtinge oor wie Jesus is en wat Hy kom doen het, maar veral met hulle voorveronderstellings oor hoe ʼn Jesusvolgeling in sy voetspore gaan loop.

Markus beklemtoon dat Jesus die verwagte Messias, die Gesalfde van God, die Koning uit die geslag van Dawid is. Dit word reeds in Markus 1:1 gesê en in 8:29 deur Petrus bely. Maar Markus wil ons oortuig dat Jesus ʼn baie spesifieke, unieke Messias is. Hy is nie ʼn politieke figuur wat die Jode gaan red van Romeinse heerskappy nie, maar die Lydende Regverdige, die Dienaar, die Seun van God wat mens word, wat ly en sterf, maar ook die hoop van nuwe lewe bring. Markus wil vir die klein gemeente in Rome sê: God breek in Jesus in mensgestalte finaal deur in die menslike sfeer, Hy omvorm ons hooplose bestaan omdat Hyself langs ons in ons nood kom staan. Hy het dus nie net begrip vir ons situasie nie, maar volle medelye. As ons in sy voetspore loop, gaan ons noodwendig ook lyding en swaarkry leer ken, maar ons doen dit soos mense wat leef met die hoop op lewe, op ʼn nuwe begin – want God loop langs ons in ons nood!

Die oomblik wanneer ʼn Jesusvolgeling in Markus bely dat Jesus die Christus is (8:29), begin sy pad van lyding, toenemende isolasie, en uiteindelike kruisdood. In die proses word Jesus verwerp (8:22-33), nie verstaan nie (9:30-37), verraai (14:1-21, 43-52), verloën (8:34-38; 14:26-31, 66-72), veroordeel (14:53-15:15) en verag (15:16-31). Dit gebeur omdat mense nie kan nie of wil verstaan watter tipe Messias Jesus is nie, maar ook kan ervaar hoe Jesus Hom tenvolle met mense in nood vereenselwig.

In hierdie week se teks sien ons hoe Jesus na sy verhoor deur verskillende mense verag word. Lees Markus 15:16-33 veral met die oog daarop om die ironie raak te sien. Aan die een kant word verskeie kere beklemtoon dat Jesus die Koning is (identifiseer die tekste!). Aan die ander kant word beklemtoon dat verskillende groepe mense Jesus verag omdat Hy nie die soort koning is wat by hulle verwagtings pas nie (identifiseer die groepe!).

Hierdie teks konfronteer ons dan met ons verwagtings van God in die spesifieke tyd en plek en omstandighede waarin ons leef. Kom ons dink bietjie verder daaroor!

  1. Dink bietjie aan die invloed wat vandag se Suid-Afrika op jou het. Wéét jy dat God by jou is, en lééf jy soos iemand wat dit weet? (Kom ons wees maar eerlik met onsself. Dit gebeur al te dikwels dat omstandighede in ons land ook in die lewe van God se kinders weerklank vind! By ons is daar dikwels ʼn kloof tussen dit wat ons bely en dit wat ons doen. Wanneer ek vasval in my werklikheid, is dit baie maklik om te sê Jesus is nie die soort Koning wat ek verwag het nie, daarom kan ek Hom nie volg nie! Jesus het in ons teks in ons skoene kom staan, sodat ons, wanneer ons hierdie soort negatiewe goed ervaar, ook kan weet dat Hy ons in Hom intrek om nie net die kruis nie, maar ook die Opstanding te ervaar.)
  2. Hoe kan ons VANDAG die TEENDEEL van Markus 15:16-33 in ons lewe laat waar word? (Om konsekwent op God se pad te loop, beteken nie dat daar nooit struikelblokke en slaggate gaan wees nie. Die kern van die evangelie is juis dat Jesus mens word om te ly en te sterf! Maar Hy lewe en daarom kan ek lewe. Hy bring God se koninkryk tot BY my, daarom moet ek nou in sy voetspore volg – al beteken dit ook dat my lewenspad dikwels moeilik is. As Messias, as Koning, is Jesus juis die Lydende Regverdige wat die pad voor my uit loop sodat ek in sy voetspore met hoop op nuwe lewe en ʼn nuwe toekoms kan leef. Dit is juis hierdie hoop en nuwe lewe en -toekoms wat die Heilige Gees nou reeds in ons lewens bewerk.)
  3. Kom ons raak prakties. Hoe kan ons vandag in ons persoonlike lewe en in ons gesin prakties en sigbaar God verteenwoordig? (Ons lewe word bepaal deur God in Jesus Christus tot BY ons gekom het. Dié reddende teenwoordigheid moet my hele manier van lewe bepaal. As dit nie so is nie, is ek besig om Jesus te verloën. Dit is juis dit waarmee die Heilige Gees in, met en deur ons besig is.)
  4. Leef dit – Kom ons beoordeel bietjie ons eie lewens. Dink bietjie saam oor ’n tipiese week en dag in jou (julle) lewe. Probeer bietjie van buite af na jou lewe kyk. Dra jy by tot die negatiwiteit, hooploosheid, pessimisme in ons samelewing? Laat jou lewe mense glo dat die koninkryk van God naby is?
  5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om raak te sien waar julle Hom die afgelope dag sien werk het. Bid dat die Here julle sal help om gewoontes en praktyke in julle lewe in te bou wat julle lewens vorm tot sy eer.

Week 6 – Sondag 1 Maart 2020

                         3-Kruis Huiskonneksie                                                                     

Sondag 1 Maart 2020

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Markus 15:1-15 (Lees miskien ook – Jesus voor Joodse Raad – 14:55-64 )

Ons het reeds ontdek wat die Markusevangelie se kernboodskap is: Jesus Christus is die Seun van God (vgl. vs. 1, 14 en die talle kere wat Markus na Jesus verwys as die “Seun van God”) wat mens word (vgl. die talle kere wat Markus na Jesus verwys as die “Seun van die mens”) om te ly en te sterf en uit die dood op te staan, sodat Jesus-volgelinge in sy voetspore kan loop.

Omdat Jesus se verhoor voor Pilatus moontlik so baie gehoor word, is die gevaar dat ons Markus se weergawe lees en die ontbrekende goed uit die ander evangelies in die teks inlees en dan Markus se bedoeling heeltemal miskyk. In hierdie gedeelte kom twee spanningslyne bymekaar. 1. Jesus se lewe stuur af op die dood.  Jesus het sy openbare optrede begin met aankondiging van die Koninkryk van God (1:15). Gaan dit nou uitgewys word dat Hy die koning is? Dit is eintlik dan so ironies dat Jesus aangekla word op die aanklag dat Hy die koning van die Jode is (15:2). Dit verskil natuurlik van die klag waaraan die Joodse raad Hom skuldig bevind het: Dit was godslastering. Godslastering sal egter nie in die Romeinse reg geld nie, daarom gee hulle ‘n politieke klag vir Pilatus: Hy noem Homself die koning van die Jode. Hulle het geweet, Pilatus sal byna nie ‘n ander keuse hê as om Hom aan hoogverraad (wat met die dood strafbaar was) skuldig te bevind nie.  Die spanningslyn breek wanneer Jesus oorgelewer word om gekruisig te word. 2. Die vraag na wie Jesus is. Nooit gee Jesus ‘n direkte antwoord op herdie vraag in de hele evangelie nie – Hy laat dit aan die mense oor! Mense wat gehoor en gesien het wat Hy doen – hulle kan sê wie Hy is. In ons teks soek Pilatus, die owerpriester en die mense na Jesus se ware identiteit – Niemand van hulle vind die antwoord nie. Die struktuur van die teks kan ons soos volg uiteensit:

                        

Wat opval in hierdie gedeelte is dat daar eintlik geen skuldigbeving plaasvind nie. Markus lê klem op die feit dat Jesus onskuldig is. Die manier waarop Barrabas betrek word is ook belangrik. Jesus het sý straf op Hom geneem. Die klem wat Markus in hierdie gedeelte wil lê het alles te doen met die manier waarop Jesus dit doen. Hy wat die Almagtige is, swyg (sê niks) en verweer Homself nie wanneer die persoon wat die mag  van Rome (en die hele wêreld) verteenwoordig, Pilatus, Hom vra hoekom Hy Hom nie verweer  nie. Hierdie teks sit hiermee twee kategorië van denksisteme op die tafel wat teenoor mekaar staan: die wêreld se sisteem van mag en die koninkryk  se sisteem van liefde.  Tog is hierdie magtige persoon magteloos in hierdie gedeelte. Mag maak altyd gebruik van dwang wil beheer en werk met vrees, invloed en regte. Jesus se stilte ontwapen Pilatus van sy mag as Hy nie van mag gebruik te maak nie! Liefde is die beginsel van die koninkryk. Die koning van die Koninkryk (nie van die Jode nie, maar van die wêreld) regeer nie met mag nie, maar met liefde.

Wanneer Markus die gelowiges in Rome (en ons) herinner aan wat met Jesus gebeur het, besef hulle dit is presies waar hulle is. Hierdie verhaal raak hulle in hulle diepste wese. Hulle is ook uitgelewer aan die Romeine. Die gelowiges is omgekrap omdat hulle magteloos is. Is dit nie maar dikwels hoe ons ook voel vandag nie. Jesus se verhaal herinner hulle en ons daaraan dat Jesus,  deur mag af te lê, gewys het dat Hy nie met mag werk nie. Hierdie word dan die kern beginsel vir dissipels wat Jesus volg om nie binne die kategorie van mag te lewe nie en ook nie van mag gebruik te maak nie, maar binne die kategorie van die liefde te leef. Liefde oorwin die kwaad met die goeie; Liefde dra die kruis van die een wat deur mag geknak en tot dood veroordeel word; Liefde verweer Homself nie as mag agter afguns, bedrog en eie eer skuil om hul eie swakheid en onskuld weg te steek nie.

Hierdie liefde is eintlik onmoontlik vir ons mense, want dit gaan in teen ons natuurlike geneigdheid en in die wêreld sal ons ons altyd vasloop teen mag; is ons uitgelewer aan mag; beleef ons onreg a.g.v. mag en magmisbruik; Dít is die intense pyn waarmee Jesus in Getsemane geworstel het. Juis hierin wys Jesus hoe ‘n dissipel dan moet reageer  –  totale oorgawe aan sy Vader – dit is al wat ons in die kategorie van die liefde kan bring en hou. Hierdie totale oorgawe (“surrender”) is die konstante volmaak in die teenwoordigheid van die Here. Dit is binne hierdie ruimte waar die Gees van die Here ons verander en intrek in sy liefde in. Dit beteken nie dat ons dan noodwendig soos Jesus sal stilbly in elke situasie waar ons met mag en magsmisbruik te doen het nie, maar dat ons die wysheid van bo sal kry omdat ons met Christus verbind is.

  1. Wat het jou opgeval of geraak in hierdie teks? Hoekom? (Laat almal in die gesin hulle eie gedagtes deel. )
  2. Praat bietjie met mekaar oor mag en noem voorbeelde waar julle sien dat mense hulle mag misbruik. Hoe lyk magsmisbruik in ons huise? (Hierdie gedagtes kan dalk help: Mag maak altyd gebruik van dwang, wil beheer en werk met vrees, invloed en regte. Waar kom dit in ons huise voor?).
  3. Kom ons raak prakties. Hoe kan ons vandag in ons persoonlike lewe en in ons gesin kies om nie met mag op te tree nie, maar in liefde? (Hierdie is regtig moeilik. Ons is so ingetrek in die mag-denksisteem. Dit beteken dat ons dalk meer in ons huise moet luister om te hoor en te verstaan as om ‘n antwoord te gee; dat ons dalk meer in die een wat praat se skoene moet klim en hulle emosies voel, voor ons reageer; dat ons dalk meer moet ingestel wees op wat die beste vir die situasie is as op die reël; Dat ons sal afstand doen van mag, beheer teen alle koste, dwang en regte en eerder saam sal deelneem, saam sal werk en saam sal soek na oplossings. Dat ons stemtone liefde sal oordra en nie vrees sal bewerk nie. So kan ons seker aangaan ).
  4. Leef dit – Wat kan ons as gesin doen om onsself konstant aan God oor te gee, sodat ons heeltyd vol kan wees van God se liefde in ‘n wêreld wat ons kontant binne ‘n magsgreep wil hou? ? (Hier kan julle saam kuier en gedagtes op die tafel sit. Dink tog dat stilword voor die Here, saam Bybellees en bid en diep gesprekke oor wat ons by die Here hoor, eredienste bywoon en alle moontlike toerustingsgeleenthede behoort deel hiervan te wees. Dit gaan veral oor konstante en gereelde oomblikke van volmaak.)
  5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om die magsisteem raak te sien, nie self van mag gebruik te maak om sin te kry nie. Bid ook dat die Here jou hart sal vul met liefde om elke dag waar jy kom ander se kruise te sien en jou skouer saam daaronder in te druk.

Week 5 – Sondag 23 Februarie 2020

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 23 Februarie 2020

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Markus 14:26-31 en 66-72

Ons het reeds ontdek wat die Markusevangelie se kernboodskap is: Jesus Christus is die Seun van God (vgl. vs. 1, 14 en die talle kere wat Markus na Jesus verwys as die “Seun van God”) wat mens word (vgl. die talle kere wat Markus na Jesus verwys as die “Seun van die mens”) om te ly en te sterf en uit die dood op te staan, sodat Jesus-volgelinge in sy voetspore kan loop.

Jesus se dissipels het gesukkel om hulle eie Messiasverwagting te versoen met Jesus se unieke Messiasskap. Jesus sê drie keer vir hulle dat Hy gaan ly, sterf en opstaan (Markus 8:31-33; 9:30-32; 10:32-34) en drie keer reageer die dissipels met totale onbegrip, want wat Jesus voorspel pas nie by hulle prentjie van die Messias nie! Petrus verwerp Jesus se voorspelling (8:32), die dissipels verstaan Jesus nie (9:32), Johannes en Jakobus verdraai Jesus se woorde om by hulle prentjie van die Messias te pas (10:37).

So kom Jesus en sy dissipels in Jerusalem aan. Hy kom om te ly en te sterf en op te staan. Hulle kom met die verwagting dat Hy sy Messiaanse ryk, wat die Romeinse onderdrukkers ʼn les gaan leer, NOU triomfantlik gaan laat aanbreek (11:1-11). Met hierdie uiteenlopende vertrekpunte sit Jesus en sy dissipels aan vir hulle laaste Paasmaaltyd saam (14:12-16).

Aan die tafel ontbloot Jesus sy dissipels se gebrekkige verstaan van wat dit beteken om Hom te volg. Eers kondig Hy aan dat een van hulle Hom gaan verraai (14:17-21), dan dat Petrus Hom gaan verloën (14:26-31). Tussen die twee aankondigings, word die nagmaal ingestel (14:22-25). Dit is simbolies! Terwyl Jesus se liggaam vir sy dissipels (sy KERK!) gebreek word, terwyl sy bloed vir sy dissipels (sy KERK!) vloei, reageer die kerk met verraad en verloëning…

Petrus se reaksie op Jesus se aankondiging is veelseggend. Hy belowe met groot beslistheid dat Hy Jesus nie sal verloën nie, al beteken dit ook hy moet saam met Jesus sterwe (14:31)! Die groot ironie (eintlik is dit meer, dis verskriklik hartseer!) is dat toe dit by die punt kom waar dit werklik saak maak, Petrus met ewe groot beslistheid sweer dat Hy Jesus nie ken nie (14:71)! Petrus moet eers met sy onvermoë om te DOEN wat hy BELOWE het gekonfronteer word (14:72), voordat hy regtig PETRUS, die rots waarop Christus sy eerste kerk gebou het, kon word.

In ons land word ons daagliks gekonfronteer met ʼn kloof tussen werklikheid en verwagting, tussen belydenis en daad. In ʼn land waar by verre die grootste persentasie mense BELY dat hulle CHRISTENE is, is die stem van die kerk ontstellend stil as ons land bloei! Toe Petrus regtig as Jesus-volgeling GESIEN moes word, het hy ONTKEN dat hy Jesus ken. Hoeveel keer is ONS stil as God se koninkryk in Suid Afrika skade ly?

God roep elkeen van ons om VANDAG, in hierdie Suid Afrika, sy DIENAARS en VOLGELINGE te wees. Gaan ons aanhou om Hom te verloën?

  1. Dink bietjie aan die invloed wat vandag se Suid-Afrika op jou het. Wéét jy dat God by jou is, en lééf jy soos iemand wat dit weet? (Kom ons wees maar eerlik met onsself. Dit gebeur al te dikwels dat omstandighede in ons land ook in die lewe van God se kinders weerklank vind! Ook by ons is daar dikwels ʼn kloof tussen dit wat ons bely en dit wat ons doen. Die oomblik wanneer ons dit besef, besef ons ook dat ons Jesus meer kere verloën as wat ons dink!)
  2. Hoe kan ons VANDAG die TEENDEEL van Markus 14:26-31 en 66-72 in ons lewe laat waar word? (Om konsekwent op God se pad te loop, beteken nie dat daar nooit struikelblokke en slaggate gaan wees nie. Die kern van die evangelie is juis dat Jesus mens word om te ly en te sterf! Maar Hy lewe en daarom kan ek lewe. Hy bring God se koninkryk tot BY my, daarom moet ek nou in sy voetspore volg – al beteken dit ook dat my lewenspad dikwels moeilik is. Wanneer ek stilbly as God se koninkryk skade ly, wanneer ek ander pad kyk as daar onreg is, dan verloën ek vir Jesus. Ek moet nie net die troosboodskap van die evangelie HOOR nie, ek moet dit ook DOEN).
  3. Kom ons raak prakties. Hoe kan ons vandag in ons persoonlike lewe en in ons gesin prakties en sigbaar God verteenwoordig? (Ons lewe word bepaal deur God in Jesus Christus tot BY ons gekom het. Dié reddende teenwoordigheid moet my hele manier van lewe bepaal. As dit nie so is nie, is ek besig om Jesus te verloën).
  4. Leef dit – Kom ons beoordeel bietjie ons eie lewens. Dink bietjie saam oor ’n tipiese week en dag in jou (julle) lewe. Probeer bietjie van buite af na jou lewe kyk. Dra jy by tot die negatiwiteit, hooploosheid, pessimisme in ons samelewing? Laat jou lewe mense glo dat die koninkryk van God naby is?
  5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om raak te sien waar julle Hom die afgelope dag sien werk het. Bid dat die Here julle sal help om gewoontes en praktyke in julle lewe in te bou wat julle lewens vorm tot sy eer.

Week 4 – Sondag 16 Februarie 2020

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 16 Februarie 2020

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Markus 14: 1-11, 17-21 & 43-51 (Deel die teks op in drie dele soos langsaan aangedui)

Ons het reeds ontdek wat die Markusevangelie se kernboodskap is: Jesus Christus is die Seun van God (vgl. vs. 1, 14 en die talle kere wat Markus na Jesus verwys as die “Seun van God”) wat mens word (vgl. die talle kere wat Markus na Jesus verwys as die “Seun van die mens”) om te ly en te sterf en uit die dood op te staan, sodat Jesus-volgelinge in sy voetspore kan loop. Om dit te WEET, is lewensbelangrik! Maar as jy dit WEET, beteken dit nie noodwendig jy weet hoe om ʼn Jesusvolgeling te wees nie. Ons REAKSIE pas nie altyd by ons BELYDENIS nie.

Hierdie week fokus ons op Judas wat Jesus verraai. In Markus se beskrywing hiervan word die gesindheid van die vrou wat Jesus salf teenoor die Joodse leiers, die dissipels en Judas gestel. Die vrou se optrede wys hoe ‘n volgeling van Jesus moet optree en die Joodse leiers, die dissipels en Judas se optrede wys hoe ‘n volgeling van Jesus nie moet optree nie. Hul bedreigde magsposisie was vir die Joodse leiers net te veel om prys te gee; Mislukte verwagtings was vir Judas so groot seer, want dit het beteken hy moes sy drome, sy ideale en sy ambisie opoffer en daarvoor het hy nie kans gesien nie.  Om Jesus te volg moet ‘ek’ verander. Judas se ‘believe system’ was so belangrik, sterk en vas, dat hy dit eenvoudig net nie kon verander nie. Hierin lê vir ons almal ‘n waarskuwing: Glo jy in God of glo jy in jou manier van glo? Volgelinge van Jesus stel Jesus eerste!

Tog wil die skrywer pertinent ook iets anders baie duidelik laat hoor: Aan die een kant wil hy wys dat om Jesus te volg baie duur kos – dit vra selfverloëning, geloof en diensbaarheid – jou alles! Aan die ander kant wil hy juis uitwys dat selfs die mense wat Jesus gevolg het en wat baie naby aan Hom geleef het, veilbaar is. Dit is om hierdie rede dat Markus drie keer in hierdie teks verwys na Judas – wat een van die twaalf was (14:10,20,43). 

Genadiglik kyk ons van agter die kruis na hierdie verhaal en weet, selfs al is ons veilbaar en laat jy Jesus in die steek, Jesus se kruis vergifnis en heling bring. Die Joodse leiers en Judas het dit nooit begryp nie en dit het vir hulle eintlik almal rampspoedige gevolge gehad. Genadiglik het die res van die dissipels dit ontdek en hulle lewens ná die opstanding, hemelvaart en uitstorting van die Heilige Gees is juis is vir ons die bewys van tweede kanse en dat om ‘n volgeing van Jesus te wees en sy Koninkryksdroom na te jaag, nie net jou eie lewe nie, maar die wêreld positief kan verander.  Jesus het na die aarde toe gekom en spreekwoordelik alles in sy vermoë gedoen om van hierdie aarde ‘n betek plek te maak. Judas se optrede sou my as mens moedeloosgemaak het as ek in Jesus se skoene was. Ek doen alles in my vermoë en kyk wat doen my naby volgelinge. Wat help dit dan. Maar hierdie gebeure het Jesus tot die punt gebring waar Hy besef het dat hy juis ter wille van mense soos sy dissipels gekom het. Na Judas se optrede en die gevolglike vlug van die dissipels het Jesus besef, nou is daar nie meer omdraai kans om die kruis te vermy nie. Hy sal die kruispad moet loop. Hý het nie net gekom terwile van hulle nie, maar ten spyte van hulle optrede om juis daarmee iets nuuts oop te breek: Om lief te hê as mense nog sondaars is (Rom 5:6-8). Vir verwarde volgelinge can Jesus in Rome en in Suid-Afrika vandag, bring dit nuwe hoop!

  1. Kyk bietjie vanuit die verskillende karakters se oogpunt na 14:3-11 waar die vrou Jesus gesalf het. Die vrou self – wat doen sy en hoekom doen sy dit? Die omstanders, wat eintlik die dissipels en Judas was – wat sê hulle van haar daad? en Jesus – wat sê Hy oor hierdie daad? (Jesus het die vrou se lewe diep aangeraak. Sy bediening was op ‘n besondere wyse op vroue gerig, ‘n uitreik na hulle diepste wese.  Hy het vroue se mens-wees herstel en hul isolasie deurbreek. Haar verkwistende aksie is ‘’n reaksie van dankbaarheid teenoor God wat sy seun stuur in roekelose , verkwistende liefde na sondige mense toe. Reaksie op grond van God se aksie. (Simon genees van melaatsheid, vrou gered uit slegte lewe). Haar daad van totale toewyding en oorgawe het in die oomblik iets opgevang van Jesus se bedoeling. Sy sien in Jesus se optrede God se gestuurde wat haar lewe kom aanraak het. God se teenwoordigheid in Jesus raak, Die doodgewone mens word tot gesalfde gemaak;

Sou dit nie by haar opgekom het dat sy nie die olie moet mors nie? Natuurlik sou dit. Dit is juis die punt van hierdie verhaal: sy glo nie sy mors hierdie konbare olie nie. Jesus was vir haar soos ’n kosbare fles olie. Die omstanders (dissipels) en Judas. Hulle is skerp, krities en afwysend teenoor haar daad van verkwisting. Wat sit agter hulle optrede? Ekonomiese verkwisting – dis geld mors en maak ekonomies nie sin nie. Een volle jaar se loon vir ’n arbeider R 24 000. Religieuse verkwisting – in die week voor Paasfees is dit ’n godsdienstige plig om aalmoese vir armes te gee. Miskien voel hulle skuldig in die aangesig van hierdie vrou se onselfsugtige vrygewigheid. Jesus verdedig en herstel die kleintjies wie se stemme en dade met geweld deur die eeue stilgemaak is. Hoekom was salwing belangriker as die armes se behoeftes? Jesus is nie hier besig om ’n armoede ideaal te propageer asof armoede ’n onveranderlike menselike kondisie is nie. Jesus poog ook nie hier om voorskrifte vir armsorg te gee nie. Jesus wil ook nie die verhouding tussen riligieuse en liefdadigheidspligte aandui nie. Dit gaan hier om ’n beter verstaan van sy komende lyding. Daar is tyd en sorg nodig vir die armes, maar in die lig  van Jesus se lyding is daar nie tyd oor nie. Die salwing beklemtoon die doel van Jesus se koms. Dit gaan dus nie of armes of Jesus nie, maar altyd (julle het altyd die armes by julle) en nie altyd nie (julle het my nie altyd by julle nie). Jesus sien dus meer in die vrou se daad as syself. Hy is die uiters arme, die een wat binnekort gaan sterwende, aan wie hierdie daad gewy is. Hy is so besig om Hom voor te berei vir sy dood dat Hy hierdie daad aandui as ’n vooraf balseming van sy liggaam.

  1. Markus plaas die vrou wat Jesus gesalf het en Judas se optrede teenoor mekaar as twee manière waarop mense Jesus volg. Praat bietjie met mekaar, aan die hand van hierdie twee voorbeelde, oor wat dit beteken om Jesus te volg en wat dit nie beteken nie. (Julle kan hier julle eie gedagtes met mekaar deel. Vergelyk ook die voorafgedeelte waar dit handel oor verwagtings wat jou geloof en mens-wees kan oorneem.)

 

  1. Kom ons raak prakties. Watter verwagtings, ambisie of selfs dryf in jou lewe het vir jou belangriker as Jesus en se koninkryksdroom geword? (Ons lewe word bepaal deur God wat in Jesus Christus tot BY ons gekom het en vir ons ‘n nuwe manier van lewe kom demonstreer het. Dié reddende teenwoordigheid moet my hele manier van lewe bepaal).
  2. Leef dit – Die vrou se lewe het ‘n stuk dankbaarheid uitgestraal wat haar gedryf het om die duur olie op Jesus se kop uit te gooi. Hierdie teks roep ons nie op om almal op ons pad met duur olie te salf nie, maar eerder om ons lewe uit te giet op ander mense wat uitgelewer en weerloos is (soos wat Jesus in daardie uur was).Wat beteken dit vandag en hoe kan ons dit uitleef?
  3. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak vir die uitgelewerde en weerlose mense om julle. Bid dat die Here julle sal help om in ‘n daad van selfopoffering, geloof en diens jou lewe (kruik) uit te giet op daardie persone.

Gedagtes oor dissipelskap wat ek na die preek gelees het:

  • “Wanneer ek sê: ‘Ek is n Christen, ‘n dissipel van Jesus’, skreeu ek nie ‘Ek’s gered’ nie. Ek fluister eerder: ‘Ek verdwaal soms. Daarom het ek hierdie pad gekies.’”
  • “Wanneer ek sê: ‘Ek is n Christen, ‘n dissipel van Jesus,’ praat ek nie uit hoogmoed hieroor nie. Ek bely eintlik dat ek sukkel en dat ek Iemand as my lifecoach nodig het.”
  • “Wanneer ek sê: ‘Ek is n Christen, ‘n dissipel van Jesus,’probeer ek nie sterk wees nie. Ek sê eintlik dat ek hulp nodig het en bid vir krag om aan te gaan.”
  • “Wanneer ek sê: “Ek is n Christen, ‘n dissipel van Jesus,’spog ek nie oor sukses nie.Ek erken eintlik dat ek al misluk het, maar in Jesus het my mislukkings nooit die laaste sê oor my nie. Hy vergewe my!”
  • “Wanneer ek sê: “Ek is n Christen, ‘n dissipel van Jesus,’beweer ek nie dat ek volmaak is nie. Ek lyk soos ‘n Humpty Dumpty wat heelgemaak is ná sy val, want God glo dat ek al sy liefde werd is.”
  • “Wanneer ek sê: “Ek is n Christen, ‘n dissipel van Jesus,’ verklaar ek nie dat my lewe sonder issues is nie. Inteendeel, die pyne van die lewe kom ook na my kant toe, maar niks kan my ooit skei van God se liefde wat daar in Jesus is nie.”
  • “Wanneer ek sê: “Ek is n Christen, ‘n dissipel van Jesus,’oordeel ek niemand meer nie. Ek kyk met sagte oë na ander mense soos ek weet God na my kyk.”

Week 4 – Sondag 9 Februarie 2020

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 9 Februarie 2020

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Markus 9:30-37

Ons het reeds ontdek wat die Markusevangelie se kernboodskap is: Jesus Christus is die Seun van God (vgl. vs. 1, 14 en die talle kere wat Markus na Jesus verwys as die “Seun van God”) wat mens word (vgl. die talle kere wat Markus na Jesus verwys as die “Seun van die mens”) om te ly en te sterf en uit die dood op te staan, sodat Jesus-volgelinge in sy voetspore kan loop. “Seun van God” en “Seun van die mens” is terme wat beklemtoon dat Jesus tegelykertyd tot die goddelike en menslike sfeer behoort. Hy bring God tot by ons! Beide terme Messiaanse terme wat ons daaraan herinner dat Jesus die nuwe Dawid, die verwagte Koning, die Gesalfde van God is.

Om dit te WEET, is lewensbelangrik! Maar as jy dit WEET, beteken dit nie noodwendig jy weet hoe om ʼn Jesusvolgeling te wees nie. Ons REAKSIE pas nie altyd by ons BELYDENIS nie. Dit is een van die groot waarhede wat Markus wil oordra aan sy vervolgde, verwilderde, ontredderde, beangste, hooplose gemeente in Rome in die tyd van die wrede keiser Nero.

Markus lei sy gemeente tot by die baie belangrike BELYDENIS van Petrus in Markus 8:29: “U is die Christus!” Van daardie oomblik af beskryf Markus dan verskillende reaksies op die belydenis, juis om te wys dat Jesus se volgeling maklik BELY, maar minder opgewonde daaroor is om die belydenis te LEEF!

Die reaksies van Jesus se volgelinge word aanvanklik gekoppel aan drie aankondigings van Jesus dat die Seun van die mens gaan ly, sterf, en op die derde dag uit die dood gaan opstaan (Markus 8:31-32; 9:30-32; 10:32-34).

Hierdie week fokus ons op die reaksie op die tweede aankondiging in 9:30-32. Ons moet die reaksie van die dissipels in 9:33-37 verstaan in die lig van Petrus se belydenis in 8:29. Die oomblik as die dissipels deur Jesus se aanvanklike wonderwerke en gesprekke (1:16-8:25) besef Hy is die Messias, gebeur daar iets in hulle koppe! Hulle het ʼn bepaalde verwagting van wat die Messias veronderstel is om te wees. Die Messias is ʼn nuwe Dawid wat hulle van Romeinse heerskappy moet bevry en ʼn nuwe, wêreldwye, aardse koninkryk moet vestig waarin die uitverkore volk oor alles en almal regeer! Wanneer Jesus drie keer aankondig dat dit nie is wat Hy kom doen nie, dat Hy gekom het om te ly en te sterf en op te staan om alle mense met God te versoen, om ʼn totaal ander tipe koninkryk te vestig, kan hulle nie VERSTAAN wat Jesus vir hulle sê nie!

Daarom is die REAKSIE van die dissipels in 9:33-37 so totaal onvanpas. Jesus praat van lyding en sterwe en opstandig, hulle hoor HEERSKAPPY en stry met mekaar oor wie die BELANGRIKSTE is (9:34). Hulle verstaan inderdaad nie (9:32)! Daarom leer Jesus hulle ʼn les in dissipelskap deur eers iets te sê en dan iets te doen. Jesus sê: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees” (9:35). Dissipelskap beteken diens, beteken die minste wees, beteken om my eie belang laaste te stel, beteken om God eerste te stel. Dan illustreer Jesus dit deur ʼn kindjie in hulle midde te laat staan. Ons moet goed verstaan dat kinders in die Bybelse tyd nie op sosiale vlak belangrik was nie. Hulle was die heel laagste op die sosiale leer. Hulle was volkome afhanklik van hulle ouers. Hulle was eintlik niemand. So, sê Jesus, moet sy volgelinge almal anders se belange eerste stel!

Markus wil vir die verwilderde en vervolgde gemeente in Rome iets belangrik leer. Hulle moenie verbaas wees oor hulle swaarkry nie. Dit kom per definisie saam met dissipelskap. Maar hulle kan vashou aan die goeie nuus dat God in Jesus Christus tot by hulle gekom het. En nou moet hulle in sy voetspore volg deur God se belange eerste te stel – ook in Rome!

In die moeilike en onseker wêreld en land waarin ons leef, praat hierdie teks op ʼn besondere manier met ons. Ons HOOR die goeie nuus dat God elke tree van ons lewenspad saam met ons loop, maar ons REAGEER daarop met teleurstelling oor al die voorregte wat ons verloor het, al die onreg wat ons moet verduur, al die minagting wat ons moet beleef! Ons VERSTAAN nie dat om Jesus se volgelinge te wees juis beteken dat ons bereid moet wees om ter wille van ander DIENAARS te word nie! Dit is waartoe God ons as gelowiges in 2020 roep!

  1. Dink bietjie aan die invloed wat vandag se Suid-Afrika op jou het. Wéét jy dat God by jou is, en lééf jy soos iemand wat dit weet? (Kom ons wees maar eerlik met onsself. Dit gebeur al te dikwels dat omstandighede in ons land ook in die lewe van God se kinders weerklank vind! Ons verstáán nie dat juis die verlies aan mag ons in staat stel om ware dienaars in God se koninkryk te word nie!)
  2. Hoe kan ons VANDAG Markus 9:30-37 in ons lewe laat waar word? (Om konsekwent op God se pad te loop, beteken nie dat daar nooit struikelblokke en slaggate gaan wees nie. Die kern van die evangelie is juis dat Jesus mens word om te ly en te sterf! Maar Hy lewe en daarom kan ek lewe. Hy bring God se koninkryk tot BY my, daarom moet ek nou in sy voetspore volg – al beteken dit ook dat my lewenspad dikwels moeilik is).
  3. Kom ons raak prakties. Hoe kan ons vandag in ons persoonlike lewe en in ons gesin prakties en sigbaar God verteenwoordig? (Ons lewe word bepaal deur God in Jesus Christus tot BY ons gekom het. Dié reddende teenwoordigheid moet my hele manier van lewe bepaal).
  4. Leef dit – Kom ons beoordeel bietjie ons eie lewens. Dink bietjie saam oor ’n tipiese week en dag in jou (julle) lewe. Probeer bietjie van buite af na jou lewe kyk. Dra jy by tot die negatiwiteit, hooploosheid, pessimisme in ons samelewing? Laat jou lewe mense glo dat die koninkryk van God naby is?
  5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om raak te sien waar julle Hom die afgelope dag sien werk het. Bid dat die Here julle sal help om gewoontes en praktyke in julle lewe in te bou wat julle lewens vorm tot sy eer.

Week 3 – Sondag 2 Februarie 2020

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 2 Februarie 2020

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith 5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Markus 8:22-9:1 (Deel die teks in vier dele: Vers 22-26; 27-30; 31-33; 34-9:1)

Hierdie gedeelte vorm die skarnier tussen die eerste gedeelte, wat gehandel het oor Jesus se reise in Galilea en ander kant die see van Galilea, waar Jesus sy dissipels geroep het en ‘n klomp wondertekens verrig het voor die disispels en die skare, en die tweede gedeelte, waar Jesus nou op pad is Jerusalem en die kruis toe en nou meer intiem sy dissipels onderrig. In ons teks is Markus besig om d.m.v. Jesus se verhaal saam met sy dissipels, die vervolgde kerk in Rome en ons vandag te help verstaan waar pas swaarkry en vervolging op hul geloofsreis in. Hy is ook besig om hulle te leer wat dit presies behels om in Jesus se voetspore te volg.

Die sleutel tot die vertaan van hierdie gedeeltes is Jesus se vrae: “Wie sê die mense is Ek?” en “Wie sê julle is Ek?” Met hierdie vrae sit Markus Jesus se identiteit op die tafel en daarmee saam die die eerste lesers (die vervolgde kerk in Rome) en my en jou (wat vandag in Suid-Afrika van 2020 leef) prentjie van God. Hierdie is ‘n baie belangrike saak, want jou prentjie van God en identiteit van Jesus bepaal hoe jy teenoor Hom optree en leef.  As jy ‘n prentjie van God het as die een wat geskep het, maar nou op ‘n afstand staan en toekyk, sal jy gou-gou as dinge swaar gaan, los van die Here begin inspring en dinge doen. As jy aan God dink as ‘n wonderwerker, sal jy wanneer iets slegs gebeur of iets onmoontlik lyk, van Hom ‘n wonder verwag en slefs passief sit en wag.

Petrus se antwoord op Jesus se vraag is korrek: “U is die Christus”, maar in Petrus se optrede na Jesus se eerste aankondiging dat Hy gaan sterf, wys dit dat sy prentjie van God baie ooreenstem met die Joodse verwagting van ‘n Messias wat triomfantelik, soos ‘n militêre leier, die Romeinse juk van hulle skouers gaan kom afhaal en hoe dit hulle posisie gaan verander. Dit is in hierdie lig dat ons Jesus se skerp reaksie teenoor Petrus moet sien (“As dit is hoe hy My sien, gaan jy die punt van My se koms mis en gooi jy My eintlik weg – verwerp jy My!”); ook Markus se vertelling van die genesing van ‘n blinde man wat reg voor hierdie gedeelte staan. Markus suggereer dat die dissipels van hulle blindheid genees moet word om insig in Jesus se ware identiteiten aard van sy taak te kry. Jesus wil die blindheid van sy dissipels genees deur hulle oor sy lyding en navolging te leer. Dit is om hierdie rede dat Jesus se eerste stukkie onderrig handel oor sy identiteit en wat dit beteken om ‘n volgeling van Jesus te wees. Wat beteken dit om in Jesus se voetspore te volg.

  1. Wie is Jesus vir jou? (Praat bietjie met mekaar oor julle prentjies van God. Die feit dat Jesus die dissipels se prentjie wil aanpas deur te prat oor sy dood en opstanding, is eintlik baie belangrik vir ons almal om te hoor. Hy het in ons skoene kom staan en die grootste pyn en hartseer van menswees nie net beleef nie, maar kom oorwin. Vir die lydende kerk in Rome en vir my in jou in Suid-Afrika vandag beteken dit dat Hy teenwoordig is saam met my in my swaarkry. Hy het deel geword en is steeds deur sy Gees deel van my en my wêreld, sodat ek kan deel word van Hom en sy wêreld. Dit is mos God se goeie nuus [evangelie] vir ons. )
  2. Wat behels dit om Jesus na te volg (34)? (Op ‘n eenvoudige vlak is vers 33 reeds ‘n antwoord op hierdie vraag: kies om te dink aan wat God wil en nie aan wat mense wil nie. Jesus spel dan uit wat dit beteken in vers 34: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg.” Selfverloëning roep jou uit ‘n selfgesentreerde, indivivualistiese lewe na ‘n lewe volgens God se liefdesraamwerk. Selfverloëning beteken nie om jou selfwaarde te verwerp nie; ook nie om jou eie gevoelens te verwerp nie; ook nie om jouself enige vreugde te misgun nie; veral beteken dit ook nie dat jy jou brein moet verwerp en ophou dink nie. Dit beteken wel dat jy jou eie ek moet aflê. Dit beteken dat jy ‘nee’ sê vir die god wat jy “ek” noem. Kruis opneem: ’n Krimineel het sy kruis opgeneem slegs nadat die doodsvonnis oor hom uitgespreek is. Wie sy kruis opgeneem het, was verplig om sy aardse drome, hoop en ambisie prys te gee. Jesus vra sy volgelinge om aan hulself te dink as mense wat reeds dood is, om hul eie selfgerigte planne en agendas te begrawe. Hy wil ons drome en planne vervang met sy Koninkryksdroom en planne. Sy Koninkryksdroom word ons kruis. Volg My: Hy wil hê ons moet gaan na en soos wat Jesus gegaan het. Dit is ’n pad na die kruis toe, maar ook ’n pad wat lei na die opstanding en nuwe lewe. Om Jesus te volg is om ’n “klein Jesus” vir ander te wees sonder om jouself groot te ag, want dit vra dat ons vir God se wil, sal opstaan en lewe.)
  3. Kom ons raak prakties. Hoe kan ons vandag in ons persoonlike lewe en in ons gesin prakties in Jesus se voetspore volg? (Deel julle gedagtes met mekaar. Die klem van die gesprek handel juis daaroor om keuses vir wat God wil te maak en teen wat mense wil. Ons kan baie prakties vir mekaar sê wat selfverloëning, kruis opneem en volg prakties behels in elkeen se konteks. Maak ‘n punt daarvan om gereeld hieroor met mekaar te praat.).
  4. Leef dit – Miskien is ‘n praktiese manier van uitleef om telkens wanneer julle Bybel lees vir julself te vra wat God/Jesus gedoen het in hierdie gedeelte en waar en hoe ons dit vandag ook kan doen. So word ons huis ‘n skool vir dissipelskap Begin net.
  5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om raak te sien wat vir Hom belangrik is en wat vir mense. Bid dat die Here julle sal help om julleself te verloën, julle kruis op te neem en Hom te volg.

Week 2 – Sondag 26 Januarie 2020

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 26 Januarie 2020

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Markus 1:1-15

Markus 1:1-15 dien as inleiding vir die Markusevangelie. Die kernboodskap van die Markusevangelie is dat Jesus Christus die Seun van God is (vgl. vs. 1, 14 en die talle kere wat Markus na Jesus verwys as die “Seun van God”) wat mens word (vgl. die talle kere wat Markus na Jesus verwys as die “Seun van die mens”) om te ly en te sterf en uit die dood op te staan, sodat Jesus-volgelinge in sy voetspore kan loop. “Seun van God” en “Seun van die mens” is terme wat beklemtoon dat Jesus tegelykertyd to die goddelike en menslike sfeer behoort. Hy bring God tot by ons!

Markus skryf sy evangelie teen omtrent 65 nC, waarskynlik in Rome waar keiser Nero toe regeer het. Hy is bekend daarvoor dat hy Christene aktief vervolg en doodgemaak het. Te midde van hierdie moeilike omstandighede sê Markus hy bring vir die Christene in Rome die evangelie. Evangelie beteken GOEIE NUUS! Die goeie nuus is nie dat Nero gaan verdwyn en die Christene se swaarkry gaan stop nie. Die goeie nuus is dat God self in sondaars se wanhopige situasie ingegryp het en saam met hulle op reis is, waarheen hulle pad ook al lei.

Die sleutelvers in die inleiding tot die Markusevangelie is 1:15:

            Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom.

            Bekeer julle en glo die evangelie

Jesus se koms laat ʼn nuwe tyd, God se verlossingstyd, aanbreek. Dit vra van my ʼn reaksie. Ek moet nou omdraai van die ou pad en God se pad begin loop. Jesus se koms beteken ook die koninkryk van God is hier. Ek moet dit glo en dit begin leef!

In die moeilike en onseker wêreld en land waarin ons leef, praat hierdie teks op ʼn besondere manier met ons. Hoor ons ooit die goeie nuus dat God elke tree van ons lewenspad saam met ons loop? Leef ons die goeie nuus? Hoe klink ons gesprekker? Hoe klink ons taal? Klink ons soos mense met goeie nuus? Wéét ek as kind van God dat Hy my ver bo my vermoë om te verstaan liefhet en by my hele lewe betrokke is? Bepaal hierdie wete my lewenswandel? Kan mense in my optrede, in my denke, in my manier van kyk na die wêreld om my, sien dat ek op ʼn ander pad is?

  1. Dink bietjie aan die invloed wat vandag se Suid-Afrika op jou het. Wéét jy dat God by jou is, en wandel jy soos iemand wat dit weet? (Kom ons wees maar eerlik met onsself. Dit gebeur al te dikwels dat omstandighede in ons land ook in die lewe van God se kinders weerklank vind! Ons lééf nie soos mense wat bewus is van God se GOEIE NUUS nie!)
  2. Hoe kan ons VANDAG Markus 1:15 in ons lewe laat waar word? (Om konsekwent op God se pad te loop, beteken nie\dat daar nooit struikelblokke en slaggate gaan wees nie. Die kern van die evangelie is juis dat Jesus mens word om te lei en te sterf! Maar Hy lewe en daarom kan ek lewe. Hy bring God se koninkryk tot BY my, daarom moet ek nou in sy voetspore volg – al beteken dit ook dat my lewenspad dikwels moeilik is).
  3. Kom ons raak prakties. Hoe kan ons vandag in ons persoonlike lewe en in ons gesin prakties en sigbaar God verteenwoordig? (Ons lewe word bepaal deur God in Jesus Christus tot BY ons gekom het. Dié reddende teenwoordigheid moet my hele manier van lewe bepaal).
  4. Leef dit – Kom ons beoordeel bietjie ons eie lewens. Dink bietjie saam oor ’n tipiese week en dag in jou (julle) lewe. Probeer bietjie van buite af na jou lewe kyk. Dra jy by tot die die negatiwiteit, hooploosheid, pessimisme in ons samelewing? Laat jou lewe mense glo dat die koninkryk van God naby is?
  5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om raak te sien waar julle Hom die afgelope dag sien werk het. Bid dat die Here julle sal help om gewoontes en praktyke in julle lewe in te bou wat julle lewens vorm tot sy eer.

Week 1 – Sondag-19-Januarie-2020

                                   3-Kruis Huiskonneksie                                                                                              Sondag 19 Januarie 2020

In The Reeds gemeente moedig ons gesinne (elke huis – oud en jonk) aan om ten minste een keer gedurende die week, as gesin of huismense saam na te dink en te praat oor die afgelope Sondag se erediens en kategese ontmoetings. Ons hanteer dieselfde teks by al ons dienste en by die junior en seniot kategese.

Natuurlik moedig ons gesinne aan om elke dag saam rondom die Bybel as gesin te kuier. Hier moedig ons gesinne aan op dit te doen op die faith5-metode. Dit behels die volgende: Lees die onderstaande teksgedeelte enke dag of die teksgedeelte wat julle mee besig is en bespreek die volgende vrae: 1. Deel hoogte- en laagtepunte van jou dag; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word (onderstaande vrae), bespreek of oordink word); 4. Bid oor hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag [vraag 5] telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Johannes 1:1-18 (Julle kan die teks ook opdeel in die volgende 6 dele vers 1- 3; 4; 5-8; 9-13; 14 en 15-18 en elke dag net een stukkie lees.).

Johannes begin sy evangelie anders as al die ander evangelieskrywers. Sy doel daarmee was om baie meer as net informasie oor Jesus oor te dra. Hy wil iets laat gebeur. Hy wil hê die lesers moet sy woorde so inneem dat God se lewe daardeur  in hulle kan wortelskiet. Om dit te kan laat gebeur begin hy sy evangelie voor die skepping, by God self.  Johannes se eerte lesers was ‘n gemengde gehoor van Jode (wat swaar gesluk het aan die feit dat Jesus God is), Grieke en Romeine (wat aanvanklik nie met ope arms in die gemeente ontvang is nie en wat kom uit ‘n wêreld  met baie gode). Vir hulle wil Johannes God se goeie nuus (dit is wat evangelie beteken) aan die hele gemeente bekend maak. Hy wil vir sy lesers vertel dat dít wat hy nou met hulle gaan deel, is nie sommer sy eie woorde wat hy opmaak nie. Dit is gebore in die hart (die teks praat in vers 18 van  die boesem) van God. Hy is net ‘n weerkaatser van die Lig van God. God het sy Seun gestuur nie net om oor God te kom praat nie, maar om God op aarde in aksie te kan sien.

 Om hierdie boodskap tuis te bring, begin Johannes sy evangelie  deur op drie groot vrae te fokus: Wie is Jesus? Wat het Hy op aarde kom doen?  En Hoe doen Hy dit waarvoor Hy gestuur is? Al die groot temas van die boek kom sommer in die eerste 18 verse onder die oog: Lewe, lig, duisternis, geloof, waarheid en heerlikheid.

Miskien kan julle vooraf gou deel wat vir jou geraak het of spesiaal was in afgelope Sondag se erediens. Kom ons kyk nou bietjie van naderby na hierdie drie vrae:

 

  1. Wie is hierdie Jesus oor wie Jonhannes skryf? (Johannes noem Jesus in die eerste drie verse die Woord, omdat hy daarmee vir ons wil help verstaan wie Jesus regtig is. God het met woorde geskep in die begin en die profete het met woorde God bekendgemaak. Johannes wil dus sommer met die intrapslag vir sy hoorders sê: Jesus is God wat skeppend of met herskeppingskrag aarde toe gekom het  en Hy kom God vir ons bekendmaak [wys of openbaar]. Hy is dus God se kommunikasiekanaal. Vandag twyfel ek en jy nie meer daarin dat Jesus God is nie, maar die kultuur waarin ons leef het Hom kom klein en magteloos maak. Gelowiges maak Jesus ook klein en magteloos. Dink maar aan ons gesprekke oor die land, ons magteloosheid wanneer groot uitdagings oor ons spoel. Hierdie teks wil net weer ons prentjie van God in perspektief kom stel. Deel bietjie met mekaar hoe ons vandag Jesus ‘klein’ maak.)
  2. Wat het Jesus op aarde kom doen? (Vers 4 sê dat Jesus nuwe lewe gebring het. Hierdie nuwe lewe werk soos lig. Lees die volgende aanhaling van Willem Nicol en deel met mekaar wat julle hierin hoor: “Soos wat die duisternis in die heelal nie die lig van ’n kers kan uitdoof nie, kan al die weerstand in almal se harte nie die ware Lig keer nie.” Die persone wat dus in aanraking kom met Jesus [sy lig] kan dus nie anders as om verlig te word nie – te leef binne die lig en dus ingetrek te word in God se lewe nie. Tog waarsku Johannes dat daar dinge is wat die lig kan keer. Hy beskryf dit met die woord duisternis. Dit is mense wat Hom nie erken nie om watter rede ook al [10]. Hiermee verwys Johannes na die sonde wat my kan verhinder om Jesus se genesende genade in my lewe te erken; ook die teenkanting van die Joodse leiers [11];sSelfs die verkeerde manier van dink oor die wet [17]. Genadiglik stop die teks nie hier nie. Wie Jesus se lig sien en dit aanneem/ Hom aanvaar/ in Hom glo [dus God se goeie bedoeling met Jesus raaksien en aanvaar, hulle kry ‘n geskenk uit die hemel: ‘n Nuwe identiteit in Christus, kindskap [12]. Wat Jesus dus op aarde kom doen het, is om ons nuwe lewe te gee. Wat behels hierdie nuwe lewe? Hy gee ons ‘n nuwe identiteit; Hy noem ons sy kinders. Nou moet ons mooi hoor – ek is sy kind die oomblik as ek in Hom glo (dit is wat bekering beteken), maar dit beteken nie dat my lewe sommer so vanself anders word nie. Nou word my lewe ingetrek op ‘n dissipelskappad vir die res van my lewe, waar ek al meer word wat ek in Christus reeds is (dit is my daaglikse bekering). Ek ontdek dus op hierdie pad / in hierdie verhouding wat die lewe behels wat Jesus vir my gebring het. Praat bietjie met mekaar oor die nota op die voorblad van die afkondigingsblaadjie: “This year I want to be more like Jesus.”)
  1. Hoe doen Hy dit waarvoor Hy gestuur is? (Vers 14 noem twee goed wat wys hoe Jesus vir ons die nuwe lewe/ nuwe identiteit kom gee het: i. Hy het mens geword: God wat aarde toe gekom het, klim in ‘n vel van beperktheid, broosheid, verganklikheid. Hy klim in ons skoene, sodat ons kan weet wanneer ons intens bewus gemaak word deur die lewe van ons broosheid en gebrokenheid, dat Hy daarin is saam met my. ii. Hy het onder ons kom woon. Daar staan letterik: Hy het kom tabernakel opslaan by ons. Daarmee wil Hy sê dat Hy nie net op ‘n afstand staan en kyk nie, maar dat Hy aktief teenwoordig is en ons met sy teenwoordigheid wil aanraak, soos wat Hy die mense by die tabernakel op die woestynpad aangeraak het en soos wat Hy die mense in die tempel aangeraak het. Geleerdes sê dat hierdie teks na Jesus se geboorte, lewe, kruis, opstanding, hemelvaart en die uitstorting van die Heilige Gees verwys. Dit is waarna die heerlikheid verwys, dit is waarna die “vol genade en waarheid” verwys (Vol genade en waarheid is waarskynlik ‘n vertaling van Eks.34:6). God is handelend, barmhartig, genadig, geduldig vol liefde en getrou. Hierdie optrede van Jesus oorweldig ons, haal ons oor en bemagtig ons. Dit is hierdie aktiewe teenwoordigheid wat ons lewens transformeer om al meer te word wat ons in Christus reeds is – kinders van God. Deel gou met mekaar hoe die storie van die sif en suf bus van Kersdag en afgelope Sondag ons help om iets hiervan beter te verstaan.)
  1. Leef dit – Leef bewustelik elke dag met hierdie wete: God is aktief teenwoordig op my lewenspad! Iemand skryf in hierdie verband: Dissipelskap en geloofsgroei begin deur bewustelik elke dag te leef met die wete – God is aktief teenwoordig op my lewenspad. Die teendeel is ook waar – dissipelskap en groei is onmoontlik wanneer ek nie bewustelik lewe dat God deur sy Gees aktief teenwoordig is op my lewenspad nie. Praat met mekaar oor praktiese maniere hoe ons en ons gesinne bewustelik kan lewe dat God deur sy Gees aktief teenwoordig is op ons lewnespad.
  2. Sluit julle gesprek rondom die Bybel af met gebed. Vra die Here om jou te help om elke dag meer bewustelik te lewe dat Hy deur sy Gees aktief teenwoordig is op jou lewenspad. Vr Hom om by jou ‘n bewussyn te kweek van hierdie wete en om meer en meer bewus te raak van hoe om op te tree as iemand wie se lewe elke dag deur Hom verlig word.

Week 30 – Sondag 3 November 2019

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 3 November 2019

Teksgedeelte: Matteus 2:1-12

Die verhaal van die sterrekykers (wyse manne) en die Betlehem ster is seker een van die bekendse stories in die Bybel en roep soveel kersfees herinneringe by mens op. Dit is ook omhul met soveel sentiment dat dit byna ‘n sprokiesagtige karakter het. Dink aan die ster, die droom van die sterrekykers, die goud, wierook en mirre, die byna blink-oog aankondiging: “en kyk…”(9). Dit alles verleen aan hierdie verhaal ‘n byna anderwêreldse atmosfeer, ‘n atmosfeer wat maklik allerlei verbeeldingsvlugte rondom en oor die teks heen kan meebring. Die ster en die sterrekykers maak dan ook gereeld in verskeie vorms en variasies hulle opwagting in preke, kerskaartjies, -versierings, -liedere, kuns, musiek, poësie en dit is selfs terug te vind in ‘n hele klomp legendes. Dit is daarom nodig dat ons waak dat al hierdie goed nie ons oog wegtrek van die kind wat gebore is binne die harde werklikhede van hierdie wêreld en ook deur sy geboorteverhale vir ons iets van God se betrokkenheid en bedoeling met mense wil oordra.

Matteus vertel Jesus se verhaal om sy lesers, wat ontwortel was na die verwoesting van die tempel in 70 nC, te inspireer om Jesus weer met passie te soek en te dien. Hulle het gewonder hoe hulle God dan enigsins kan dien in ‘n vreemde land en sonder ‘n tempel. Matteus breek vir hulle ‘n klomp goed oop in sy evangelie dat hulle kan verstaan dat God nie net in Jerusalem in sy tempel teenwoordig is nie, maar ook daar waar hulle hulle nou bevind; God is ook nie afwesig van die harde realiteite in die wêreld nie, maar is juis binne die harde realiteite van die wêreld gebore; God se teenwoordigheid is nie soos hulle dit verwag het, ‘n magsvertoon om alle vyande voor Hom weg te vee nie, maar Hy kom in broosheid (baba); God se betrokkenheid by mense is nie net gerig op Jode in Jerusalem nie, maar op alle mense en in alle lande. Die grootste gevaar in die lewe is dat ons Hom kan mis – dat Hy nie inpas in ons planne nie!

Die manier waarop Matteus die geboorteverhaal vertel is opvallend: i.) Hy maak gebruik van kontraste (Magtige koning Herodus en brose koning Jesus; Herodus en die priesterhoofde en skrifgeleerdes se reaksie van ontsteltenis op die ster en bose geheime beplanning teenoor die sterrekykers se groot blydskap en ontsagvolle verering). ii.) Hy maak gebruik van werkwoorde van beweging (Sterrekykers kom en gaan; Herodus roep en stuur; die ster kom op en lei tot by die kindjie). Dit ales om die fokus te plaas op hierdie kindjie. iii.) Hy maak gebruik van twee openbaringsbronne (Ster en die Skrif – die profete woord) Dit om te wys dat wanneer die mens die Skrif nie meer lees nie of verkeerd lees, Hy die kosmos inspan om sy boodskap by ons te kry.

Merkwaardig genoeg is dit buitestanders wat Jesus herken en hulde aan hom bring.  Die binnekring bring geen eerbetoon nie.  Die Joodse akademici laat spat nie Betlehem toe nie.  Hulle het die teks, maar nie die verwagting nie.  Hulle het kennis sonder aanbidding.  Hulle verstaan die Skrifopenbaring, maar dit beweeg hulle nie tot lofprysing nie. Matteus vra: Wat is jou reaksie?

  1. Waarteen, sou jy sê, waarsku Matteus sy gemeente en ons in hierdie gedeelte? (Vir ons en ons gemeentes het dit geweldige implikasies. Die teks roep ons op om nie soos die priesterhoofde en die skrifgeleerdes te wees nie. Ons is in ons eie lewens en in ons gemeentes so dikwels so besig met ons eie belange.  Ons noem dit die werke van die Here, maar eintlik is dit ons eie voorkeure en maniere van doen wat op die spel is. Ons kan dikwels net met afkeur na mense buite die kerk kyk.  Die eintlike rede waarom baie van hulle nie saam met ons in die kerk is nie, ontglip ons.  Ons het onaantreklik, dalk afstootlik geword, want ons skep ’n kerk na ons eie beeld en gelykenis. Ons lees die Bybel nie sodat God ons lewens daardeur kan transformeer nie, maar om bevestiging te kry vir wat ons glo God vir ons moet kom doen.)

2. Waartoe roep Matteus sy gemeente en ons op in hierdie gedeelte? (Die weerlose baba in die krip gee vir ons ’n sleutel om kerk-wees te verstaan. Anthony Robinson, bekende gemeente-kenner, skryf onlangs: “Let’s get less organized!” Dalk moet ons regtig minder organiseer en net meer weerloos as gelowiges in die wêreld leef.  Minder doen en meer wees.  Dalk moet ons minder aspireer in Jerusalem se rigting, en meer leef in Betlehem se rigting. Ons moet leer om te gee, soos die wyse manne, eerder as om te versamel.  Ons moet ons kennis minder gebruik om onsself te bevestig, en meer – soos die wyse manne – om op ’n reis te gaan wat ons kennis en oortuigings mag relativeer, destabiliseer en verander. Ons eie belange moet vervang word met verwondering oor die brose God in die krip.  Dalk het ons dan minder om formeel te doen, en meer gesigte wat gloei van die heerlikheid van God wat ons aanskou het. Dalk moet ons op reis gaan?  Die 14 kilometer tussen Jerusalem en Betlehem aflê? Kerstyd is dalk ‘n goeie tyd om op reis te gaan…. Hierdie keer nie na ‘n Jerusaem [plek van voorspoed en sekuriteit] nie, maar na  ‘n plek waar ons broosheid, buurmanskap en opregtheid beklemtoon word en waar spiese in snoeiskêre en swaarde in ploegskare verander kan word)

3. Hoe wil Matteus vir ons sê, reageer God op die boosheid (van mense) in hierdie wêreld? (Boosheid is ’n werklikheid. Matteus wil juis uitbeeld dat God betrokke is by sy mense in die donkerste van tye. As dit lyk of die bose besig is om te oorwin, is dit juis wanneer God op ‘n vreemde en weerlose manier ingryp. Tog word boosheid nie met mag en geweld beveg nie. God stuur nie ‘n magtige Engele eerskare nie, maar ‘n weerlose baba! Herodus die Grote probeer die sterrekykers mislei om uit te vind waar die Koning is.  Sy planne werk nie uit nie.  Later in die hoofstuk word vertel hoe alle seuntjies jonger as 2 jaar in Betlehem uitgemoor word. Herodus, wat so bang was dat Hy sy mag gaan verloor dat hy in die proses een van sy agt vroue en drie van sy seuns doodgemaak het, is baie kort na hierdie gebeure self dood Die Kindjie in die krip het met sy broosheid en sy uiteindelike dood aan die kruis die bose oorwin.  Liefde, broosheid, selfoorgawe is die wapens wat die poorte van die hel laat val.. )

 

  1. Leef dit – Skryf die jaartal en letter C, M en B bokant julle huis se voordeur. Nee, dit staan nie vir Caspar, Melchior en Balthasar, wat mense geglo het die name van die sterrekykers was nie. Dit is die Italiaanse woorde: Christus Mansionem Benedicat wat beteken: Christus seën hierdie huis. As ons hierdie teken sien onthou ons op ons lewensreis dat ons altyd op soek moet wees na die Kind van Kersfees en dat ’n mens Hom veral op onverwagse plekke en by onverwagse mense vind. Ons onthou ook dat Hy altyd deel van ons alledaagse lewe is. Wanneer ons dit as gesin vandag saam bo ons deur gaan skryf, bid ons hierdie gebed: “Here Jesus, mag almal wat in hierdie jaar ons huis binnekom vind dat U tussen ons en in ons leef; mag ons U soek en dien in almal wat ons ontmoet. Amen”.
  2. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here jou en jou gesin sal beskerm teen ‘n gesindheid soos die priesterhoofde en skrifgeleerdes. Bid ook dat die Here jou/julle oog sal oopmaak vom sy ster te sien wat ons wil weglei van ons Jerusalem na ons Betlehem in die harde werklikheid van Suid-Afrika. Bid ook dat die Here van jou ‘n helder ster sal maak wat helder in in jou/julle Betlehem sal skyn.

Week 29 –Sondag 27 Oktober 2019

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 27 Oktober 2019

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Maleagie 1:6-14 ( of “copy & past” die volgende link in jou internet browser en kyk na ‘The Bible Project’ se oorsig oor die boek Maleagie: https://m.youtube.com/watch?v=HPGShWZ4Jvk )

Die boek Maleagie is ‘n geruime tyd na die herbou van die tempel geskryf. Die tempel is in 515 vC voltooi. Die boek Maleagie is ongeveer 100 jaar na die terugkeer uit ballingskap (538 vC) geskryf (Sommige wil dit plaas in die tyd van die tweede besoek van Nehemia aan Jerusalem). Die volk staan in die skadu van terleurgestelde verwagtings. Die volk het ‘n heilstyd  en voorspoed verwag na die bou van die tempel. Hulle verwagtings is in elke opsig terleurgestel (godsdienstige- militêre-, ekonomiese en sosiale gebied). Die mense het moedeloos begin word en gewonder of die Here nog in hulle belangstel. Alhoewel hulle nog uiterlik alles gedoen het wat die letter van die wet en dus die godsdiens van hulle vereis het, het hulle in alle opsigte die gees en bedoeling van die wet (‘n verhouding met God) en dus ook Godself begin minag (Maleagie sluit aan by Nehemia 13).

God stuur dan vir Maleagie (boodskapper) om sy boodskap met die volk te deel. Die hele boek is op ‘n kunstige manier saamgestel. Elke onderafdeling bevat ‘n inleidende stelling, wat opgevolg word deur die volk se reaksie, gewoonlik in die vorm van ‘n vraag en dan God se reaksie daarop. Ons kan die boek in twee groot dele verdeel: Die eerste – waarin God die volk se minagting ontbloot (Mal. 1-2:16 – Dit bestaan uit drie dele nl.1:1-5; 1:6-2:9; 2:10-16). Die tweede – waarin God die volk  konfronteer (Mal. 2:17-3:18 – Dit bestaan uit drie dele nl. 2:17-3:5; 3:6-12; 3:13-18), maar ook om aan te kondig dat Hy sy boodskapper gaan stuur om die pad gereed te maak en dan sal die Here skielik na die tempel toe kom. Die boek sluit af met ‘n gevolgtrekking (Mal. 4:1-3). Die Here  sal op die dag van die Here optree as regter. Hy sal dan soos die son wees wat dié verskroei wat God geminag en teen Hom in opstand gekom het, maar vir die wat God eer (gerespekteer het) en eerbied vir sy Naam gehad het, sal dit ‘n Son van redding wees met genesing in sy strale. Die laaste drie verse (Mal.4:4-6) is ‘n latere byvoeging wat nie net die afsluiting van die profete boeke vorm nie, maar ook die afsluiting van die hele Ou Testament en so ook die wet en profete aan mekaar verbind en die weg voorberei vir die profeet Elia (Jesus) wat sal kom om vaders en kinders met mekaar te versoen, sodat mense gereed sal wees vir die dag van die Here.

Ons teksgedeelte begin met die stelling dat ‘n seun sy pa eer en ‘n slaaf sy eienaar. Dit word opgevolg deur God se vraag: “Waar is die eer wat My toekom?” Hierop verwoord die profeet die volk se reaksie as teenvraag: “Hoe het ons U met minagting behandel?” Dan volg ses redes wat wys hoe die volk die Here met minagting behandel het, wat telkens gevolg word met die stelling: “Dit is wat die Here die Almagtige sê”. Die gedeelte sluit af met die hoogtepunt: “Ek is die GROOTKONING” en dan ‘n oproep tot ontsag (om die Here te eer).

  1. Hoe reageer God op sy volk se disrespek/ oneer in hierdie teksgedeelte? (Miskien moet ons eers begin by die feit dat Hy na hulle toe kom voordat Hy reguit die vinger op die probleem lê. Hy neem dus die inisiatief. God wys die gedrag, waaruit Hy aflei dat hulle disrespekvol teenoor Hom lewe, uit. Die ses dinge wat Hy uitwys is: i) Julle bring onrein [blinde, siek en lam diere] offers – vers 7-8; ii)  Julle dink ‘n verhouding is ‘n transaksie [ons het ons kant gebring, nou is dit God se beurt…] – vers 9; iii) Julle dink die Here is verleë en afhanklik van die offers [julle dink julle is die enigstes wat met julle offers Hom dien en aan die lewe hou] – vers 11; iv) Julle bring oneer met jul minagting [om Hom te behandel soos ‘n afgod, Hy is mos afwesig Hy sal nie sien nie} – vers12; v) Julle het ‘n verkeerde gesindheid [dit help in elkgeval nie om moeite te doen nie, Hy gaan in elkgeval nie reageer nie] – vers 13; vi) Julle lê valse geloftes af [julle dink julle kan die priesters mislei deur hierdie diere te bring, terwyl julle beter diere het] – vers 14a;  Dan herinner Hy hulle wie Hy regtig is: Die GROOTKONING. Dit is nodig dat ons vandag onsself afvra hoe lyk my eer/ respek vir God.)
  1. Hoe herstel God die verhouding wat Hy met sy volk het in hierdie teksgedeelte? (God probeer nie om hulle teen hulle sin te dwing en ultimatums te stel nie. Hy poog om hulle ontsag vir Hom te herstel. Wanneer dit gebeur het, sal goeie gedrag volg. Daarom neem Hy inisiatief en skep ruimte om direk daaroor te praat, dan spreek Hy die sake waaroor dit gaan direk aan [soos ‘n ouer teenoor ‘n kind]; Dan wys Hy weer vir mense wie Hy is en wat Hy doen [herhaling van sewe keer dat Hy die Almagtige is en Die GROOTKONING]. Tog wys Hy duidelik op die gevolge indien hulle nie meer ontsag vir Hom het nie. Miskien net iets oor die Grootkoning: Dit is ‘n gelaaide term: Vergelyk Jesaja 36-37 hoe Sanherib homself aanvanklik verhef as die grootkoning en dan nie rekening hou met die GROOTKONING van Israel nie. Hy is die grootkoning vir wie nasies ontsag het. Hierdie term wil ook die verbond in herinnering roep: “Ek is die een wat ‘n verbond gesluit het met my volk. Ek het ‘n ooreenkoms met my volk. Dit wil God met hierdie titel vir hulle sê: Ons het ’n ooreenkoms. en die ooreenkoms lui dat Ek julle uit Egipte uitgelei het [Ek het julle verlos…] en dat julle daarom die gebooie van God moet nakom. Julle hoef my nie met julle offers om te koop nie. Julle offers is nie daar sodat Ek julle kan seën nie, maar omdat Ek julle geseën het.)

 

  1. Hoe wil God hê dat ons teenoor Hom moet optree? (Miskien is die belangrikste dat Hy net wil hê dat ons weer opnuut sal besef wie Hy is en elke keer as ons Bybel lees, erediens bywoon, bid, met mense praat, Hom daarin raak te sien en te ontmoet. Die manier hoe daar oor offers gepraat word in die Nuwe Testament is presies ‘n voorbeeld hiervan. Jou hele lewe is ‘n offer; jou liggaam is ‘n tempel; hoe jy Hom dien en lewe is jou manier van dankbaarheid; Brandoffers gaan oor mededeelsaamheid; Ons eer God wanneer ons mense eer; Ons lewe moet ‘n aangename geur vir Hom wees. Here, die beste wat ek het vir die beste wat u gegee het: U Seun. Daarom: My allerbeste vir die Allerhoogste)

 

  1. Leef dit – Dink bietjie saam hoe jy/julle God kan eer elke dag. Dink daaraan oor wat dit beteken dat ons lewe ‘n offer vir die Here moet wees. Dink ook daaraan hoe hierdie offer prakties lyk elke dag. Vra jou/julleself af wanneer hierdie offer van ons ‘onrein’ is [vergelyk vraag 1]. Dink daaraan hoe ons uitleef van respek teenoor mense wat ons pad kruis, juis my en jou offer aan en voor die Here is.
  2. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Erken in gebed dat jy ook onrein offers vir die Here bring. Vra vergifnis. Vra die Here om jou opnuut bewus te maak dat Hy die GROOTKONING is. Vra Hom om jou te help om Hom elke dag te eer – met jou lewe. Gee jouself as lewende en heilige offer vir die Here (Rom 12:1). Jou allerbeste vir die Allerhoogste.

Week 27Sondag 20 Oktober 2019

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 20 Oktober 2019

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Esra 1, 6 en 7 en Nehemia 2, 4, 6 en 8 (Jy kan die gedeelte opdeel in ses dele: i.) Esra 1:1-4, 6:13-16; ii.) Esra 7:1, 6-10; iii.) Neh.2:11-20; iv. Neh. 4:12-14; v.) Neh. 6:15-16; vi.) Neh. 8:1-4, 6-7, 10-11. ) of “copy & past” die volgende link in jou internet browser en kyk na ‘The Bible Project’ se oorsig oor die boek Esra-Nehemia: https://m.youtube.com/watch?v=MkETkRv9tG8

Die boek Esra en Nehemia was aanvanklik een boek en is eers later, in die derde eeu na Christus, van mekaar geskei en as afsonderlike boeke in die Bybel opgeneem. Die verhaal (Esra en Nehemia) sluit aan by dit wat in 2 Kronieke geskryf is en vertel hoe die volk terugkeer uit Ballingskap na Jerusalem en wat hulle in die eerste 100-120 jaar gedoen het. Esra tel die verhaal 50 jaar nadat die volk in balingskap weggevoer is op, toe Kores van Persië opdrag gegee het dat die Joodse ballinge moet terugkeer na Jerusalem. Die verhaal (Esra en Nehemia) fokus aanvankik op drie leiersfigure: Serubabel, wat die eerste groep teruglei en die tempel herbou het (Esra 1-6); Esra, wat nog ‘n klompie ballinge saam teruggeneem het en die volk onderrig het in die wet en die gemeenskap herbou het (Esra 7-10); en Nehemia, wat Jerusalem se mure herbou het (Neh.1-7). Die boek sluit af met positiewe en negatiewe gevolgtrekkings van die skrywer oor dié gebeure (Nehemia 8 – 13).

Die verhale van die drie leiersfigure is bedoel om parallel met mekaar te loop en volg al drie presies dieselfde patroon:  1. Bevel of dekreet van ’n Persiese koning (Kores by Serubabel in 538vC en Artasasta by Esra in 458vC en Nehemia in 445vC), wat deur God beveel is om die betrokke leier terug te stuur Jerusalem toe met spesifieke take, hulpbronne en die nodige ondersteuning; 2. Telkens word die oposissie wat hulle ondervind (persone van binne en persone van buite die volk), beskryf wat hierdie leiersfigure se pogings in die wiele probeer ry; 3. Dan volg daar telkens ‘n antiklimaks moment in elke verhaal plaas (Serubabel jaag die mense wat nie saam in ballingskap was nie wat wou help bou aan die tempel weg; Esra jaag die vroue van vreemde afkoms saam met hulle kinders weg om terug te keer na hulle geboortelande; Nehemia wil ook nie hê dat die oud inwoners help om die muur te herbou nie en ook hy jaag die “onrein mense, wat met ‘vreemdelinge’ getrou het uit die land uit. Ten spyte van die profete (Sagaria en Haggai) wat geprofeteer het dat die stad geen mure sal hê nie,  ten spyte van hulle boodskappe dat al die nasies in Jerusalem bymekaar sal kom om die Here te aanbid en tenspyte van Maleagie se oproep tot reinheid, maar waarskuwing teen egskeiding, lyk dit eerder of hierdie drie leiers lyn reg teen hierdie profesië optree. Hulle voer met passie en selfs tmv weerstand hulle opdragte uit, maar gaan verder as wat God van hulle vra.)

In die afloop van die verhaal maak die skrywer positiewe gevolgtrekkings (Geestelike vernuwing; Lees die wet in verwondering vir 7 dae; Vergader die ontvangs van die wet feestelik; Vier die Huttefees; Bely hulle sonde; Hulle vernuwe die verbond; Hulle verbind hulle om die wet te gehoorsaam; Hulle vier die inwyding van die muur.  Neh. 8-12) en negatiewe gevolgtrekkings (Nehemia gaan deur die stad en vind: Serubabel se werk is onklaargemaak deurdat mense die tempeldiens laat verval en die tempel in onguns bring; Esra se werk in gedrang, want die mense ontheilig die Sabbat en gehoorsaam nie die wet nie; Sy eie werk ook in gedrang deur verkopers wat op die Sabbat die muur gebruik as verkoop plek. Nehemia tree in woede op. Neh.13) oor die vrug van hierdie drie leiersfigure se werk. Die boek sluit dus af met ‘n anti-klimaks, maar dis nie onverwags nie, want die anti-klimakse is dwarsdeur die hele verhaal ingevleg. Dit is juis hierdie anti-klimakse wat ons help om die boodskap te verstaan.

                     

Dit bring mens by die vraag: Wat dra die boek dan by tot die storielyn van die Bybel? Alhoewel die ballinge terug is in hul eie land, was hulle geestelike toestand uiteindelik onveranderd. Hierin lê die boodskap, waarskuwing en groot gevaar: Dit is so maklik dat mens uit die ballingskap van jou lewe (wat ook al die krisis en trauma) kan uitkom en dan ‘n stuk samehorigheid beleef, hard werk aan die bou van ‘n tempel, die gemeenskap en muur en met nuwe entoesiasme die eredienste bywoon, sonder dat jou binnekant iets te verander. Hierdie ding herhaal homself op soveel maniere: Kyk maar na die geskiedenis: wanneer daar slegte goed gebeur het (oorlog, die Berlynse muur val, die ystergordyn afgebreek word, huwelike opbreek, ens.) en dit word beeindig, dan werk almal entoesiasties saam aan die opbou en herstel; wanneer ‘n gemeente afstig, werk almal saam om ‘n kerkgebou te bou en in hul eie gebou te kan aanbid, maar dit is nie blywend nie; Selfs in die politiek werk dit so: wanneer een party hard werk om polities stemme te werf en dan seevier, werk almal in die begin so wonderlik entiesiasties saam om dinge te maak werk; Die hartseer is dan, wanneer dinge normaliseer die mense terugval in ou patrone, partyskappe, selfsug, magsmisbruik, onderlinge verdeeltheid en korrupsie. Waartoe hierdie tekste ons wil oproep is nie maar net ‘n nostalgiese eenheidsgevoel van oorwinning, kameraderie en solidariteit nie, maar ‘n transformasie van die hart, ‘n verhouding – ‘n nuwe teologie – ‘n lewende verhouding wat volhoubaar groei.

  1. Wat het jou opgeval in die gedeelte wat jy gelees het oor God en sy optrede in die wêreld? ( Elkeen kan maar deel wat hulle gesien en gehoor het. Daar is nie verkeerde antwoorde nie. Wat jou opval is dit waarvoor jou hart gereed is. Hier is soveel goed om op te noem. God werk nie net agter die skerms nie, maar selfs deur mense wat Hom nie aanbid nie; God roep mense om namens Hom sy mense te lei, te inspireer en Hy gebruik hulle spesifieke gawes; God is teenwoordig en beskerm sy mense wanneer hulle naby aan hom lewe tmv teenkanting; ens. )
  2. Watter rol het geloofsgewoontes in Nehemia, Esra en die volk se lewe gespeel? Watter geloofsgewoontes beoefen jy/julle en watter waarde het dit vir jou? (Wanneer ‘n mens die hele boek (Esra en Nehemia) lees, kom mens agter watter rol gebed deurgaans in Nehemia se lewe gespeel het. Gebed was Nehemia se naelstring en kontak met God; Ook die gewoonte om na die wet (Woord) van die Here te luister [die volk het lank nie hierdie gewoonte meer beoefen nie, maar in Neh. 8 doen hulle dit weer]. Die wet het die teenwoordigheid van God se goeie wil en bedoeling met sy mense lewendig gehou; Kyk ook na die manier waarop hulle goed gevier het – die aanhoor van die wet, die inwyding van die tempel en die muur. Viering is ‘n uitdrukking van dankbaarheid en die vreugde vrolikheid en sang en musiek waarmee dit gepaard gaan kommunikeer iets van hoop, dankbaarheid en vreugde wat die Here vir sy kinders wil laat ervaar; Kyk ook na die feeste wat weer gevier is, toe die godsdiens in die geloofsgemeenskap herstel en ervaar is. Die Paasfees en Loofhuttefees het die volk herinner aan God se dade in die verlede en op dié manier God se sorg lewendig gehou in hulle midde. Geloofsgewoontes kan leeg wees, wanneer ons dit maar net doen omdat ons moet soos in ‘n wet en wanneer ons ons harte geslote hou en nie toelaat dat God ons harte verander nie.)
  3. Watter gevare wys hierdie tekste vir ons uit? (Daar is natuurlik ook meer as wat hier genoem gaan word. Wanneer mense vir die Here werk – veral na slegte ervarings of wanneer nuwe beginne gemaak word, kan ons so geraak word deur die samehorigheid, kameraderie, die eenheidsgevoel en solidariteit, dat ons dan verby God se wil kan beweeg; Daar skuil in ons almal hierdie grootheidswaan wanneer ons vir die Here werk wat net beveg kan word in ‘n nederige verhouding met God; Ons kan so besig wees om God se eer te beskerm, dat ons vergeet dat God Almagtig is en dit nie vir ons nodig is om dit te doen nie, want sy oorwinning is vas en aan die kruis het Jesus dit kom wys en bevestig. Sy wil nie is om mure te bou om uit te sluit nie [Serubabel, Esra en Nehemia stuur mense weg], maar om ons in sy geborgenheid vas te hou, sodat ons kan mure afbreek en oor grense kan beweeg om God se genade en liefde uit te leef en so mee te werk aan die koms van sy Koninkryk. Hierdie gevare kan ons net trotseer wanneer ons harte voortdurend deur God getransformeer word.)
  4. Leef dit Dink bietjie saam met watter transformasie/ verandering is die Here tans in jou lewe / julle gesin se lewe besig. Watter dinge keer God se transformasie/ verandering in ons lewens? ‘n Leerbare gees open ons harte vir transformasie.
  5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here jou oog en hart sal oopmaak om die Here se stem te hoor wanneer jy bid en na sy Woord luister. Bid ook dat die Here jou/ julle lewe sal transformeer/ verander om al meer aan sy beeld gelyk te word en mure af te breek en nie net op te bou nie.

Hieronder is die verootmoediging, belydenis en verbintenis wat ons Sondag in die erediens saam gedoen het:

Here, ons ken die chaos van ballingskaptye in ons lewens; Ons erken dat dit ons totale menswees raak en ontwrig. Ons bely dat ons dan vêr van U af voel en U dikwels kwalik neem. Ons erken dat ons dan so dikwels lamgelê word en van U af wegdryf. Ons erken dat ons dan so dikwels self die chaos probeer regmaak en selfs U plek begin oorneem soos Adam en Eva, Kain en Jona en dan uit verontregting onder ons komkommerplante selfsugtig begin lewe. Here, ons erken dat ons dikwels so stukkend is, dat ons wil ophou lewe

Dankie, dat U ons kom opsoek soos Adam en Eva, Kain, Jona en Job; Dankie, dat U ons raaksien en in U teenwoordigheid kom intrek, U arms om ons vou soos ’n Job, ons omsluit van alle kante soos die Psalmskrywer; Dankie, dat U ons in ons ballingskap kom aanraak en heelmaak; Dankie, dat U ons opnuut kom herinner wie U ons gemaak het; Dankie, dat U ons kom wys het hoe U agter die skerms van ons lewe teenwoordig is en werk; Dankie, dat U selfs vreemde mense gebruik om U almag vir ons te wys; Dankie, dat U ons uit ons ballingskap kom bevry; Dankie, dat U ons klip harte kom vervang met nuwe harte; Dankie, dat U ons verteenwoordigers van orde maak in die chaos van die lewe; Dankie, dat ons U weer kan sien! Here, ons haal vandag opnuut weer ons liere van die wilgerbome af.

Here, ons verbind ons vanoggend opnuut aan U; Ons verbind ons opnuut aan ons gesin en huismense om daar te bou; Ons verbind ons opnuut aan ons roeping om as U kerk te lewe; Ons verbind ons opnuut aan ons roeping in U Koninkryk waar ons is; Ons verbind ons opnuut aan ons land en sy mense – om heel te maak wat deur ballingskap stukkend gemaak is; Here, ons haal vandag opnuut weer ons liere van die wilgerbome af, want ons wil sing!

As jy Sondag gemis het, nooi ek jou om wanneer jy hierdie , belydenis en verbintenis deurgelees het en jou daarmee vereenselwig, ‘n klip na ons gemeentesentrum toe te bring, sodat jy dit ook by die res van die gemeente se klippe kan sit in ons gebedswoud.

 

Week 25Sondag 6 Oktober 2019

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 6 Oktober 2019

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Daniël 6:1-29 (Jy kan die gedeelte opdeel in vyf dele 6:1-4; 5-10; 11-19; 20-25; 26-29) of “copy & past” die volgende link in jou internet browser en kyk na ‘The Bible Project’ se oorsig oor die boek Daniël. https://m.youtube.com/watch?v=9cSC9uobtPM

Die boek Daniël – het ons al vorige keer gesien – het waarskynlik in die jaar 168-165 vC finaal sy beslag gekry in sy huidige vorm. Die skrywer het bestaande verhale van die verlede (Hfst. 2-6 wat oorspronklik in Aramees geskryf is en ontstaan het rondom 597 v.C. – toe Jerusalem beleër is en daarna – tot ongeveer 538) geneem en toe ‘n klompie boodskappe (Visioene en Daniël se gebed) wat aan die volk geskryf gerig is van ongeveer 538 tot Antiochus IV Epifanes se bewind – toe die volk onder ongelooflike druk verkeer het om hulle geloof en spesifiek hulle godsdienstige identiteit prys te gee – daarby gevoeg (Hfst. 8-12 wat in Hebreeus geskryf is en finaal in ‘n eenheid saamgevoeg 168-165). Die skrywer het toe ‘n inleidende hoofstuk (hfst. 1) en ‘n oorgangshoofstuk (hfst. 7) geskryf om die boek in ‘n eenheid saam te voeg (Kyk na die grafiese uitbeelding op die linkerkantste skyfie hieronder). Wanneer ons Daniël 6 lees, is dit die derde verhaal in die boek (vergelyk linkerkantste skyfie hieronder) waarin gedeel word hoe daar druk was op Daniël en sy vriende om hulle geloofsidentiteit prys te gee. Telkens wys die skrywer hoe hulle dit regkry om hul geloofsidentiteit te behou deur hulle vaste geloof. Die verhale van die vuuroond en die leeukuil het byna dieselfde formaat waarin ons sien dat daar tot uiterstes toe oorgegaan is om eers Daniël se vriende en dan Daniel self te stroop van sy geloofsidentiteit, hoe hulle geweier het om anders te lewe, die gevolge daarvan moes dra en dan beleef hoe God teenwoordig was terwyl hulle die gevolge dra en dan hoe die koning telkens bevele uitvaardig dat God nie langer misken mag word nie en as enigste God gedien moet word (Vergelyk regterkantste skyfie hieronder). In die krisistyd van Antiochus IV Epifanes wil die skrywer dus ook met die verhale van Daniël en sy vriende aantoon hoe die Here sy getroue volgelinge in nood bewaar wanneer hulle vashou aan hulle geloofsidentiteit (wie die Here hulle gemaak het).

       

Die teksgedeelte (Daniel 6)  val min of meer in vier bedrywe uiteen: Die eerste bedryf stel die verhoog op: Die briljante Daniël is op pad na die hoogste sport in die Persiese politiek, maar profesionele jaloesie steek sy kop uit. Hierin sien ons duidelik – God gebruik mense wat betroubaar vashou aan hulle geloofsidentiteit. Die tweede bedryf: Met ‘n wet van Mede en Perse word Daniël vasgetrek. Wie getrou is aan hulle geloofsidentiteit, word dus blootgestel aan onmoontlike uiterstes. Die derde bedryf: Daniël word terreggestel in ‘n leeukuil met ‘n kip voor die ingang, maar al is sy lot menslik verseël, God is daar. Mense wat betroubaar is aan hulle identiteit word nie gevrywaar van slegte gevolge nie, maar verseker van die Here se teenwoordigheid. Die slotbedryf: Die koning besing God se lof en beveel dat God geëer en aanbid word. Deur hierdie hele ervaring van Daniël gee God moed en hoop vir mense wat getrou vashou aan hulle identiteit.

Hierdie verhaal wil óns dus ook help wanneer ons in ‘n krisissituasie sit om anders na ons krisisse te kyk en anders binne krisis situasies op te tree. Ons innerlike wil en krag binne só situasie kom nie van en is nie afhanklik van ons uiterlike omstandighede nie, maar kom van ons innerlike geloofsidentiteit wat God vir ons gegee het oor jare heen: Om in Christus te wees wie Hy ons gemaak het.

  1. Wat val jou op oor Daniël in hoofstuk 6 as jy in ag neem dat hy eintlik die slagoffer is van ‘n oorlog waarin hy alles wat vir hom belangrik was verloor het ? Wat kan ons daaruit leer? (Daar is seker baie meer wat kan opval as net dit wat nou genoem gaan word. Jy kan so diep in die storie van Daniël ingetrek word sonder om raak te sien dat Daniël se houding en gesindheid nie spreek van bitterheid, vyandigheid, haat of selfs vergelding nie. Hy doen waartoe Jeremia 29:7 die volk in ballingskap opgeroep het: “Bevorder die belange [shalom] van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, bid tot My vir daardie stad, want sy belange is ook julle belange.” Daniël gebruik sy gawes en talente tot die beste van sy vermoë en styg uit bo die ander. Daniël hou dus vas aan sy geloofsidentiteit, wat hy van God ontvang het, te midde van die feit dat hy in ‘n vreemde land is. Daniël is dus eerstens aan God verbind, voordat hy aan sy lot of praktiese lewenssituasie gebind is. Dit help hom om anders te dink, te kyk en op te tree in hierdie vreemde situasie. Die manier hoe ek en jy dus oor ons situasie dink en daarna kyk en die manier hoe ons met ons geloofsidentiteit omgaan, bepaal in ‘n groot mate hoe ons dit gaan hanteer en of ons God se hand sal kan raaksien.)
  2. Hoe sien ons in Daniël 6 bly Daniël staande in ‘n vyandige omgewing tussen mense wat hom vals en onregverdig behandel? (Dani l hou vas aan sy geloofsidentiteit. Ons sien dit in sy volhou met sy geloofsgewoonte van gebed. Daar is ook ‘n dieper dieper dimensie: Hy beoefen sy geloofsgewoonte om daarmee die Here te prys, aanbid en dank – om genade smeek(vers 11-12), maar dit word ook die simbool van sy krag en inspirasie. Ons teks sê hy bid in die rigting van Jerusalem! Alhoewel Jerusalem in puin lê, bly dit die simbool van God se sorg en teenwoordigheid. Die krag lê nie in die simbool self nie, maar in die herinnering waarvoor die simbool staan – God se liefde en sorg vir sy volk. Die simbool herinner dus aan die verbond – wie die Here Hom gemaak het en aan die Here se teenwoordigheid, redding en sorg in krissisituasies.)
  3. Wat die simbool van die einde van iemand se geloofsidentiteit sou wees, word in hierdie teks die baken van hoop vir gelowiges in leeukuile. Hoekom sou jy sê, fokus die teks nie op Daniël en sy emosies toe hy in die leeukuil gegooi is nie? Ontken die teks dit? (Die skrywer staan baie ver van hierdie gebeure af, maar hy besef sy lesers vir wie hy skryf ken die emosies wat Daniël sou beleef het baie goed [die skrywer ontken dit dus nie], maar hy wil nie daarop fokus nie, maar op die uitkoms van die verhaal: Die feit dat die Almagtige God sien en teenwoordig is; die feit dat hierdie gebeure menslik onmoontlik was – net die Almagtige kon dit doen; die feit dat God die leeus se bekke gesluit het – Hy is dus Almagtig. Hy word nie beperk deur landsgrense nie [daar is geglo geen god het mag buite die grense van sy volk nie] en sy beheer strek ook nie net oor mense nie, selfs diere gehoorsaam Hom; Die teks wil veral uitkom by die feit dat hierdie gebeure ‘n heidenkoning se lewe verander en dan gebruik wanneer hy [nie die profeet Daniël nie]  ‘n lofpsalm tot eer van God oor die hele wêreld laat hoor [Vers 26-28])
  4. Leef dit – In hierdie verhaal het ons gesien dat Daniël drie keer per dag in die rigting van Jerusalem gebid het. Het jy die gewoonte van gereelde gebed op spesifieke tye van die dag? Gebed mag dalk ‘n gewoonte wees, maar gereelde gebed vorm die persoon wat bid en herinner hom/haar aan God en God se betrokkenheid deur sy verbond met mense. God wil ook hê dat ons vaste gebedstye sal hê [nie net skietgebedjies wanneer ons in die moeilikheid is nie]. Wanneer ons vaste gebedstye het, help en herinner dit ons wanneer die krisistye kom, om met moed en hoop vas te hou aan God. Dink of vertel vir jou huismense van tye in jou verlede waar die Here jou vasgehou het in moeilike krisistye.
  5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here jou ‘n honger in jou binnekant sal gee om elke dag met Hom te wil praat in vaste gebedstye. Bid ook dat die Here julle sal herinner in uitdagende situasies wie Hy jou/jule gemaak het en dat Hy sien en teenwoordig is.

Week 24Sondag 15 September

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 15 September 2019

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Daniël 1 : 1 – 21 (Jy kan die gedeelte opdeel in vier dele 1:1-2; 3-7; 8-17; 18-21) of “copy & past” die volgende link in jou internet browser en kyk na ‘The Bible Project’ se oorsig oor die boek Daniël. https://m.youtube.com/watch?v=9cSC9uobtPM

Die boek Daniël het waarskynlik in die jaar 168-165 vC tot stand gekom in sy huidige vorm. Die skrywer het bestaande verhale van die verlede (Hfst. 2-6 wat oorspronklik in Aramees geskryf is en ontstaan het rondom 597 v.C. – toe Jerusalem beleër is en daarna) geneem en toe ‘n klompie boodskappe wat aan die volk geskryf rondom Antiochus IV Epifanes se bewind – toe die volk onder ongelooflike druk verkeer het om hulle geloof prys te gee – daarby gevoeg (Hfst. 8-12 wat in Hebreeus geskryf is en finaal in ‘n eenheid saamgevoeg 168-165). Die skrywer het toe ‘n inleidende hoofstuk (hfst. 1) en ‘n oorgang hoofstuk (hfst. 7) geskryf om die boek in ‘n eenheid saam te voeg (Kyk na die grafiese uitbeelding op die linkerkantste skyfie hieronder). Wanneer ons dus Daniël 1 lees, moet ons weet dat die skrywer verhale van die verlede oor God se betrokkenheid by sy mense in praktiese lewensituasies en in hierdie geval noodsituasies, gebruik om sy eerste lesers en ons te bemoedig en ‘n goddelike perspektief en hoop en moed te gee. In die krisistyd van Antiochus IV Epifanes wil die skrywer dus met die verhale oor Daniël en sy vriende aantoon hoe die Here sy getroue volgelinge in nood bewaar wanneer hulle vashou aan hulle geloofsidentiteit (wie die Here hulle gemaak het).

           

Ons kan die teksgedeelte in vier dele deel: Vers 1-2 is ‘n inleiding en gee belangrike agtergrond oor waar die volk is en hoekom hulle daar is en iets van die omstandighede (tempel toerusting wat na tempel in Babilonië gevat is – dit het alles met die verstaan daardie tyd te doen dat die land wat oorwin se gode het mag oor Israel se God). Wat opval is egter die manier hoe die skrywer hierdie gebeure en ander in hierdie teks (2,9,17)  interpreteer: “Die Here het…” Dit wys dat hy ons oog wil oopmaak om verder as die gewone oog te kyk en ‘n goddelike perspektief op ons noodstorie te kry. Vers 3-7 vertel ons iets van die afkoms en vermoeëns van die vier hoofkarakters van die eerste deel van die boek, maar ook van die koning se planne met hulle – hulle moet diens doen in die paleis. Om hierdie rol te vervul moet hulle so gou moontlik Babiloniërs gemaak word (vergelyk veral die naamsverandering – hulle “ou” name name het iets van God bevat – hulle nuwe name bevat iets van die gode van Babel) en gevolglik vervreem word van hulle indentiteit (veral hulle geloofsidentiteit). Dit verhoog dus die spanning in die storie en die leser wonder hoe die manne gaan reageer? Vers 8-17 vertel van die innerlike oortuiging (geloofsidentiteit) dat hulle hulle nie gaan verontreinig deur die kos te eet nie (die vleis en wyn is aan ander gode gewy en dit is teen die wet om sulke kos te eet). Daniël en sy vriende lê ongelooflike moed aan die dag deur hul plan aan te kondig en na tien dae lewer die plan goeie gevolge op, want God seën mense wat vashou aan hulle geloofsidentiteit. Weereens lewer die skrywer kommentaar in vers 9 en 17. God werk agter die skerms (God se onsigbare hand stuur die verloop van die hele verhaal) en God gee verstand, insig en wysheid (teruggekyk is dit duidelik dat dit God is wat dit gegee het). Die kos is in hierdie verhaal ‘n duidelike identiteitsmerker en nie net ‘n gesonde dieetprogram nie. In vers 18-20 kom die groot toets voor die koning en hulle slaag dit nie net met vlieënde vaandels nie, maar is beter as al die ander en word aangestel in die paleis. Vers 21 eindig deur te sê dat Daniël nie net die guns van die magtige Nebukadneser gewen het nie, maar dat hy hom oorleef het en ook ander konings (om presies te wees 6 van hulle) van Babilonië se guns gewen het en tot en met die Persiese ryk diens gedoen het as een van die topamptenare. God het dus Daniël en sy vriende gekies en op strategiese plekke geplaas en daardeur sy almag gewys binne die krississituasie van die volk.

Hierdie verhaal wil ons dus help wanneer ons in ‘n krisissituasie sit om anders na ons krisisse te kyk en anders binne krisis situasies op te tree. Ons innerlike wil en krag binne só situasie kom nie van en is nie afhanklik van ons uiterlike omstandighede nie, maar kom van ons innerlike geloofsidentiteit wat God vir ons gegee het oor jare heen: Om in Christus te wees wie Hy ons gemaak het.

  1. Wat is ‘n geloofsidentiteit na jou/ julle oordeel? Hoe kry mens dit? (Geloofsidentiteit is wie jy in Christus is en word gesien in die geestelike waardes, oortuigings en gewoontes waarmee jy lewe. Ons teks sê dat God dit gee. Ons weet vandag dat God dit deur sy Woord en Gees en deur mense vir ons gee. Dit gebeur veral wanneer jy in ‘n Christelike huis grootword, deur die geestelike waardes, gewoontes en oortuigings wat jy daar sien en aanleer. Daniël en sy vriende is grootgemaak met die wete dat hulle aan die Here behoort en dat die Here graag wil hê dat hulle sy goeie wil [die wet in die OT] sal toelaat om hulle lewens te vorm en hulle gedrag sal bepaal. Dit het hulle instaat gestel om in verhouding met Hom te lewe en bewus te wees wie hulle is en wie s’n hulle is. )
  2. Hoe word mens (veral in ‘n noodsituasie) vervreem van jou geloofsidentiteit? Wat vervreem mens alles vandag van jou geloofsidentiteit? (Die lewe, veral noodsituasies in ons lewens, laat ons twyfel in wie ons is en in ons vermoëns. Ons ontwikkel baie keer ‘n stuk minderwaardigheid en word lam gelê en wanneer jy jou innerlike krag verloor of wanneer jy ge-“judge” word. Dit beteken dat alle uiterlike dinge waarop jy gesteun het om jou innerlike krag te gee, skielik van jou af weggeneem is. Al wat nou oorbly is wie jy regtig in jou binneknt is. Dit is hier waar geloofsidentiteit inkom. Alles wat dus in die lewe gebeur wat my van my geloofsidentiteit wil losmaak of beroof, vervreem my van my identiteit. Dit sluit in die sekulêre kultuur waarin ons grootword, die tydsgees tot boelie ervarings, traumatiese ervarings soos om ‘n ledemaat of gesondheid te verloor en slefs om iemand aan die dood af te staan. Al hierdie ervarings dreig om ons te vervreem van ons geloofsidentiteit.)
  3. Hoe help hierdie skrywer se interpretasie van Daniël en sy vriende se situasie ons om vandag nog met innerlike moed en krag elke dag te lewe? (Die geloofsperspektief wat die skrywer (2,9,17) wil gee, is dat God teenwoordig is en agter die skerms werk en dat die vashou aan ons geloofsidentiteit ons sal help om God lewend werksaam te sien binne ons situasie. Dit beteken nie dat die verteller wil sê dat beginselvastheid aardse voordeel inhou nie. Die skrywer weet al te goed dit werk dikwels andersom. Tog wil hy wys dat God beginselvastheid eer en gebruik in sy Koninkryk. Wie met ‘n geloofsperspektief na hul situasie kyk, sien raak dat hierdie moontlik juis die plek is waar die Here my geplaas het en my gekies het om hier my geloofsidentiteit uit te leef. Ek vra dus nie hoekom nie, maar eerder – hoe nou, Here? Ek fokus nie op wat ek verloor het nie, maar oor op wat ek het. God het ons in Christus nuwe mense gemaak. Deur sy Woord en Gees en deur die gewoontes wat ek oor jare heen aangeleer het, het Hy my waardes en oortuigings gevorm. Dit help my dan om nie op uiterlike dinge te steun op daardie oomblik nie, maar vas te hou aan wie God is en wie Hy my gemaak het. Dit aktiveer dan ‘n innerlike wil en krag om vas te hou en op te tree in ooreenstemming met jou geloofsidentiteit selfs binne vreemde omstandighede)
  4. Leef dit – Moenie die gereelde beoefening van geloofsgewoontes soos saam Bybel lees, bid, kerk toe gaan, kategese bywoon en geloofsgesprekke onderskat nie. Daardeur vorm die Here ons geloofsidentiteit. Kyk miskien saam na een van die volgende flieks eerskomende naweek. Dit wys hoe iemand, in ‘n vreemde vyandige omgewing, vasgehou het aan hulle geloofsidentiteit en hoe die Here dit gebruik het. I am not ashamed (https://www.imdb.com/title/tt4950110/videoplayer/vi3604986393?ref_=tt_ov_vi) of The least of these (Kontak ds. Johan om ‘n kopie van hierdie film te kry)
  5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om raak te sien waar julle Hom die afgelope dag sien werk het. Bid dat die Here julle sal help om bewustelik te lewe in sy teenwoordigheid en om gewoontes en praktyke in julle lewe in te bou wat julle lewens vorm tot sy eer.

Week 23 – Sondag 8 September

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 08 September 2019

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Psalm 139:1-24

Vir die doeleindes van hierdie week se bespreking gee ek my vertaling van Psalm 139 soos ek dit Sondagoggend in die preek gebruik het. Om die psalm se hoofdele te onthou, het ek gesê die psalm handel oor weet, wanklank en wandel. Wanneer julle die psalm lees, onthou die drie hoofgedagtes. In verse 1-18 (weet) vertel die digter van die wonder van God se sorg en nabyheid vir mense. Hy is altyd, oral, by ons. In verse 19-22 (wanklank) lees ons dat die wonder van God se teenwoordigheid nie die werklikheid van mense se opstand, selfsug, haat en woede in die niet laat verdwyn nie. Dis belangrik om raak te sien dat die digter nooit self wil ingryp en wraak neem nie. Hy bid inteendeel dat God die harmonie in sy skepping sal herstel. Die oomblik wanneer hy dit bid, dwing dit hom tot selfondersoek. Daarom sluit hy die psalm af met die dringende gebed van verse 23-24 (wandel) dat God, wat hom deur en deur ken, hom sal help om te bly loop op God se pad, die standhoudende pad. Sonder God – ʼn lewe in ʼn doodloopstraat. Met God – ʼn lewe met ʼn bestemming. Dit alles bid die digter in die konteks van ballingskap, hartseer en verlies (Ps 137), van lewensnood (Ps 138), vyandigheid (Ps 140), ʼn lewe wat wegkwyn (Ps 141), van moedeloosheid en hulpeloosheid (Ps 142). Juis wanneer dit so gaan, glo die digter in die onverstaanbare en onverklaarbare teenwoordigheid van die reddende God in sy lewe. So klink die psalm:

1Vir die musiekleier. Van Dawid. ʼn Psalm

 

Here, U ondersoek en ken my.

2U – U ken my sit en my opstaan,

    U verstaan reeds van ver af my bedoeling.

3My omswerwinge en waar ek tot rus kom – U het dit reeds afgemeet,

    elke pad van my is aan U bekend.

4Ja, daar is nog nie eers ʼn woord op my tong nie,

    of U, Here, ken dit reeds volledig.

5Van agter en van voor omsluit U my,

    U plaas u handpalms op my.

6Wonderbaarlik is dié wete vir my,

    dit is onbereikbaar, ek kan dit nie begryp nie!

 

7Waarheen kan ek gaan, weg van u teenwoordigheid af,

    en waarheen kan ek vlug, weg van u aanwesigheid af?

8As ek opklim na die hemel – daar is U!

    as ek in die onderwêreld gaan lê – U is ook daar!

9Sou ek hoog sweef op die vlerke van die daeraad,

    sou ek gaan woon by die einde van die see,

10selfs daar sal u hand my lei,

    sal u regterhand my vashou.

11Al sê ek: “Waarlik, duisternis verpletter my,

    die lig is nag rondom my,

12dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie,

    die nag skyn helder soos die dag,

        dis om’t ewe of daar duisternis is of lig!”

 

13Immers, U – U het my niere geskep,

    U het my geweef in my ma se baarmoeder.

14Ek dank U omdat ek ʼn ontsagwekkende wonderwerk is!

    Wonderbaarlik is u werke,

        en in my diepste wese besef ek dit terdeë.

15My skelet was nie vir U verborge

    toe ek in die geheim gemaak is

        toe ek aanmekaar geweef is die diepste dieptes van die aarde nie.

16U oë het my embrio gesien.

    In u boekrol is hulle almal opgeskryf –

(my) dae is gevorm

    nog voor enigeen van hulle bestaan het.

17Wat my betref – hoe ondeurgrondelik is u bedoelinge, o God,

    hoe oorweldigend is hulle somtotaal!

18Probeer ek hulle tel, is hulle baie meer as sand,

    word ek (daarvan) bewus, is ek nog steeds by U!

 

19As u, o God, maar die goddelose wou uitroei,

    bloeddorstige mense, draai weg van my af!

20Dit is hulle wat bedrieglike dinge oor U sê,

    u vyande wat waardelose woorde teen U rig.

21Here, sou ek dan nie dié mense haat wat U haat nie,

    sou ek nie ʼn afsku hê aan dié wat teen U in opstand kom nie?

22Ek haat hulle met ʼn volkome haat,

    vyande het hulle vir my geword.

 

23Ondersoek my, o God, en ken my hart,

    toets my en ken my ontstelde gemoed.

24Kyk of ek nie op ʼn pad van verdriet is nie,

    en lei my op die standhoudende pad.

In ʼn week waarin ons in besonder gekonfronteer is met die wanklanke in God se skeppingsimfonie, praat hierdie teks op ʼn besondere manier met ons. Ons hoor en sien die wanklanke. Wéét ek as kind van God dat Hy my ver bo my vermoë om te verstaan liefhet en by my hele lewe betrokke is? Bepaal hierdie wete my lewenswandel? Kan mense wat die wanklanke veroorsaak, in my optrede, in my denke, in my manier van kyk na die wêreld om my, sien dat ek op ʼn ander pad is?

  1. Dink bietjie aan die invloed wat die wanklanke in vandag se Suid-Afrika op jou het. Wéét jy dat God by jou is, en wandel jy soos iemand wat dit weet? (Kom ons wees maar eerlik met onsself. Dit gebeur al te dikwels dat die wanklanke in ons land ook in die lewe van God se kinders weerklank vind!)
  2. Wat dink julle beteken dit dat die Here ons lei op die standhoudende pad (vers 24)? Hoe gaan ons dit in ons lewe laat waar word? (Om konsekwent op God se pad te loop, beteken nie dat daar nooit struikelblokke en slaggate gaan wees nie. Maar God se pad is die standhoudende pad. Die ander pas lei tot vernietiging).
  3. Kom ons raak prakties. Hoe kan ons vandag in ons persoonlike lewe en in ons gesin prakties en sigbaar God verteenwoordig? (Ons lewe word bepaal deur God wat ons lewe omsluit en sy handpalms op ons laat rus. Dié reddende teenwoordigheid moet my hele manier van lewe bepaal).
  4. Leef dit – Kom ons beoordeel bietjie ons eie lewens. Dink bietjie saam oor ’n tipiese week en dag in jou (julle) lewe. Probeer bietjie van buite af na jou lewe kyk. Dra jy by tot die wanklanke in ons samelewing? Loop jy op die standhoudende pad?.
  5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om raak te sien waar julle Hom die afgelope dag sien werk het. Bid dat die Here julle sal help om bewustelik te lewe in sy teenwoordigheid en om gewoontes en praktyke in julle lewe in te bou wat julle lewens vorm tot sy eer.

Week 22 – Sondag 1 September 2019

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 1 September 2019

Teksgedeelte: Job 1 -2 & 42 –  (Breek die gedeelte af in korter dele bv. 1:1-5; 1:5-12; 1:13-22; 2:1-10; 42:1-8; 42:9-17) of ‘copy’ en ‘past’ die volgende skakel in jou internet browser en kyk na ‘n baie kreatiewe uitbeelding van die hele boek Job: https://m.youtube.com/watch?v=xQwnH8th_fs

Hierdie is een van die mooiste stukkies literatuur wat vir eeue vir ons bewaar is (In die oorspronklike teks is die proloog [Hoofstuk 1-2] en epiloog [Hoofstuk 42:7-17] in prosa en die res in poësie formaat geskryf). Neem bietjie tyd die volgende week of wat en lees sommer die hele boek. Gebruik die skyfies onderaan as riglyn. In ons bespreking fokus ons maar op enkele sake.

Die boek moet gesien word teen die agtergrond van ‘n geesteike krisis in Juda, waarskynlik na Ballingskap. Die boek het waarskynlik oor ‘n baie lang periode ontstaan. Verskye diep menslike probleme (dink hier aan bv. die ballingskap en verskeie sulke krisisse) word onder die soeklig van geloof in God geplaas om begrip daarvoor te kry. In die boek word vier temas in een groot storie ingevleg. i.) Glo mense net as hulle voorspoedig is? ii.) Is krisisse die gevolg van sonde en voorspoed die noodwendige gevolg van ‘n goeie lewe? iii.) Waar pas lyding in God se verhouding met mense in? iv.) Help geloof enigsins in ‘n krisis? of anders gestel: Hoe behou mens geloof in God tmv rampe en krisisse? In die lewensververhaal van Job word die vernaamste teologiese verklarings (teologiese dogmas), wat mense in daardie tyd gebruik het om God se betrokkenheid by mense in krisisse mee te beskryf, in die monde van die aanklaer (Satan) en Job se vriende ontbloot en gekonfronteer.

Die eerste tema – Godsvrug of vroomheid en selfsug: Die raamwerk van die boek (Proloog: hoofstuk 1:2 & 2 en Epiloog: hoofstuk 42:7-17)  worstel met die vraag of vroomheid (soos die van Job) nie eintlik maar net selfgesentreerd is nie. Die hele probleem word in die vorm van ‘n toetssaak gestel: Probleemstelling: Job se vroomheid is net weggesteekte sefsug: “Dit is nie sonder rede dat Job U dien nie!” (1:9; 2:5); Toets: Neem sy voordele weg! “Alles wat hy het, gee Ek in jou mag oor.” (1:12; 2:6); Uitslag: Sy vroomheid is nie op voordele gerig nie. “Onder alles het Job met geen woord gesondig nie.” (2:10); Bekroning: God gee sy voordele terug! “Die Here het die laaste deel van Job se lewe voorspoediger gemaak as die eerste.” (42:12). Sonder Job se wete was die rampe wat hom getref het die agtergrond waarteen sy opregtheid getoets is. Daarmee is gewys dat rampe en teleurstellings vroomheid van selfsug onderskei.

Die tweede tema – vergelding. Beide Job en die eerste drie vriende is vasgevang in die dogma van vergelding (Hoofstuk 4-27). Sy vriende sê sy ellendes is vergelding vir sy sonde. Job sê hy verdien nie die lyding nie (9:17), want hy is onskuldig (9:20-24). Die hele boek is egter ‘n protes téén hierdie soort dogma of redenasie (42:1-6). Teenspoed is nie noodwendig ‘n vergelding van ‘n sondige daad nie, maar dit kan ander oorsake hê (bv. gevolge van dade ens.), of ander geleenthede skep, of ander doelwitte beoog.

Die derde tema – lyding: Die eerste drie vriende handhaaf die tradisionele siening van daardie tyd dat lyding verband hou met sonde. Die vierde vriend, Elihu, sê lyding leer mens iets. Daar is redes vir lyding wat ‘n mens nie kan verstaan nie soos byvoorbeeld om jou te toets en te vorm. Job verwerp die eerste drie vriende se standpunt en antwoord nie op Elihu se bewerings nie. Hierdie verskillende verklarings gee ‘n duidelike beeld van die teologiese worsteling om die sin van lyding te ontdek. Die boek verskaf egter ‘n totaal ander oplossing: Lyding moet gesien word teen ‘n groter agtergrond as net dié van die persoon wat ly (38-41). Daar bestaan ‘n ander perspektief wat nie vir die persoon wat lei sigbaar is nie, maar wat vra vir kinderlike vertroue in God se groter plan en handelswyse. In die stromwind gesprek van God vind hierdie ontdekking plaas.

Die vierde tema handel oor geloof en twyfel: Rampe en ellendes in ‘n mens se lewe skep dikwels ‘n verdere probleem, naamlik hoe om geloof in God te behou ten spyte van die rampe. Uiteindelik oorskadu hierdie probleem al die ander. As gevolg van Job se teenslae word hy vasgevang in die skoppelmaaigang van geloof en twyfel. Job sien genoeg redes om te twyfel, maar hy word agtervolg deur ‘n diepgewortede geloof. Dis nie ‘n twyfel in die bestaan van God nie, maar twyfel in sy werkswyse, of hy hoegenaamd belangstel en betrokke wil wees.  Die boek sê die oplossing van die probleem lê nie in die verligting van die oorspronklike ramp of in ‘n intellektuele antwoord daarop nie. Die oplossings lê in ‘n ontmoeting of godsdienstige ervaring. As die mens God as die lewende Heer ontmoet het, soek hy nie meer verklarings vir sy ellendes nie. Dit gebeur  omdat sy groot probleem, naamlik die van geloof en twyfel, in so ‘n ontmoeting opgelos word. God het by Job se probleem verby gegaan om by die mens in die probleem uit te kom – Hy was dus die hele tyd teenwoordig. In plaas van ‘n oplossing vir sy hoekom vraag het God eerder verlossing van die twyfel-geloof-wipplankryery gebring! Nou kan hy aanhou glo, nie omdat hy hoor-sê antwoorde oor bepaalde probleme gekry het nie (42:5a – “gehoor wat mense sê”), maar omdat sy verhouding met God weer herstel is en bo verdenking geplaas is (42:5b – “ek het U self gesien,”).

Alhoewel die gelowige nie altyd in staat is om ‘n rasionele verklaring vir menslike ellendes te gee nie, bied ‘n verstewigde verhouding met God die geleentheid op probleme die hoof te bied en daarmee saam te leef.

 

  1. Wat in Job se storie het jou die meeste aangespreek/geraak? Hoekom? (Hier kan almal geleentheid kry om dit te deel wat hulle aangespreek/ geraak het. Daar is soveel temas in die boek wat om verskeie redes mense sal raak. Laat elkeen ook deel hoekom dit hulle aangespreek/ geraak het.)
  2. Nadat Job kwaad was vir die Here oor die rampe wat hom getref het en hy met God baklei het en eintlik ‘n hofsaak teen God gehou het om Hom aan te kla (hfstk. 29-31), het die Here met Job gepraat (hfstk.38-41). Wat was Job se reaksie op God se woorde (Kyk in 39:36-38 en 42:1-6)? Hoe help hierdie reaksie van Job ons in ons geloofslewe veral in krisis tye?  (Wat opval is die feit dat Job nie net met sy vriende gepraat het oor sy worsteling nie, maar dat hy met God gepraat het. Sy aanvanklike baie woorde[sy klag was 3 hoofstukke lank] word baie min. Job se hele gesprek het vanuit sy menslike perspektief God beskuldig. God open ‘n goddelike perskektief van die kosmos en dit is so oorweldigend dat Job aanvanklik net stil bly, maar later bely dat God groter is as wat hy gedink het en tot enige ding instaat is en dat hy besef dat God agter die skerms die heel tyd by hom was en instaat is om enige iets te kan doen. Sy oog word dus geopen vir God se groter perspektief en plan of bedoeling in die lewe. Dit bring Job tot ‘n belydenis, nie van sy sondes nie, maar dat hy God probeer speel het en God probeer manipuleer het vir sy eie voordeel. Vir die res van sy lewe is hy verander deur hierdie ontmoeting met God en die nuwe breër perspektief op die lewe. ).
  3. Neem deel: Neem ‘n skoon papier en skryf al die dinge wat jou (julle) seergemaak/ krisisse wat jy/julle beleef het daarop neer. Frommel die papier op en druk dit styf in ‘n bondeltjie. Maak die papier nou weer oop en stryk dit plat (Julle kan dit frommel-ding doen vir soveel jy/julle op die papier geskryf het). Deel met mekaar hoe die papier verskil van voordat julle dit opgefrommel het. Wat het dieselfde gebly en wat het van die papier verander? Watter positiewe dinge sien julle raak in die platgestrykte papier? Die Slegte goed wat met ons gebeur (dit wat jy/julle op die papier geskryf het) het dikwels ‘n baie slegte uitwerking op ons lewens. Dikwels soek ons redes en oplossings vir die slegte goed. Intussen wil die Here ons help om ons opgefrommelde lewe oop te maak en wil Hy ons lewens platstryk.(Slegte goed is deel van die lewe. Wanneer dit gebeur, het Job ontdek, is die Here by ons, wil met ons praat en wil hy hê ons moet met Hom praat. Sit die papier op ‘n plek in die huis waar jy/julle dit gereeld kan sien en mekaar gereeld aan vandag se boodskap kan herinner.)
  4. Leef dit – Hoe kan ons ander mense wat ons ken bystaan wanneer slegte goed met hulle gebeur? (Lees miskien Job 2:11-13. Die vriende het in meelewing by Job gaan sit sonder om te praat. Wanneer mens praat is jy dikwels geneig om verklarings namens die Here vir mense te gee. Job se vriende het dit later ook probeer doen [hfstk 4-27]. Die Here het hulle skerp daaroor aangespreek [in 42:7]. Miskien moet ons meer leer empatiseer en leer om minder te praat en verduidelikings te gee. Miskien ken julle iemand wat nou deur ‘n moeilike tyd gaan. Wil jy hulle nie bel of besoek en net saam met hulle gaan sit en bid nie.
  5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om raak te sien waar julle Hom die afgelope dag sien werk het. Bid vandag saam met jou huismense vir mense wat baie swaar kry. Laat elkeen eers iemand se naam noem voordat julle bid.

Week 21 – Sondag 25 Augustus 2019

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 25 Augustus 2019

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Jona 1:1-4:11

Ons kan tuis gerus die hele boek Jona deurlees (wat nie Sondag in die diens kon gebeur nie). Onthou die konteks wat Jona by implikasie skep. Dit is ʼn boekie wat bedoel is vir mense wat die werklikheid van verowering deur ʼn imperiale mag geken het. Dit is mense wat die onmenslike wreedheid van verowering en ballingskap aan hulle eie lywe ervaar het. Dit is mense wat alles verloor het en imperiale magte met ʼn passie gehaat het.

In hierdie konteks ontmoet ons in die boek Jona drie akteurs. Die hoofakteur is God. Hy word op verskeie maniere beskryf as die God wat alles gemaak het en beheer (1:9), wat vrymagtig is om te doen soos Hy wil (1:14), wat kan besluit om mense uit te delg oor hulle boosheid (3:4), maar ook van besluit kan verander as mense tot inkeer kom (3:10), want dit is sy wesenskenmerk: Hy is ʼn barmhartige en genadige God, lankmoedig en vol liefde, Iemand wat afsien van die straf wat Hy aangekondig het (4:2). Hy is besorg oor sy mense en sy skepping (4:11).

Jona is die tweede karakter. Ons moet Jona lees as “simbool” van God se mense (die kerk vandag). Hy eien God vir Homself toe. Hy wil God beperk tot wat hy graag wil hê God moet wees! Hy wil God soek in die tempel (2:4, 7). Hy wil nie hê die Here moet getrou wees aan Homself en barmhartig en genadig, lankmoedig en vol liefde wees (teenoor ander – veral nie sy vyande) nie!

Die heidene is die derde groep karakters. Dis die ironie van die boek – die bose wêreld is ontvanklik vir God se genade! Hulle vind God in ʼn lewensbedreigende storm (1:14, 16) en in ʼn stad wat gaan vergaan (3:5-9).

Dit is presies op hierdie punt waar Jona praat met kerkmense vandag. Ons beleef dat ons alles verloor het. Ons probeer onsself beskerm deur te vlug (Jona 1) of toe te maak, te onttrek, in die skaduweetjie van ons eie nostalgiese herinneringe aan die goeie ou dae te sit (Jona 4). Wat God van ons verwag is om op te staan en liefde te gaan leef. Vandag is daar op jou pad “heidense matrose” en  ʼn “groot stad vol sondaars” wat – deur jou – die genadige en barmhartige God moet ontmoet.

Die boodskap is ongemaklik. Ek weet! Maar dis wat God in vandag se Suid-Afrika van sy kinders vra…

  1. Dink bietjie waar en hoe kan die barmhartige God, die onwillige kerkmens en die wêreld wat behoefte het aan genade en barmhartigheid in ons tyd bymekaarkom. (Gebruik jou verbeelding. En wees maar eerlik met jouself…)
  2. Wat dink julle beteken dit dat God ons stuur na “Nineve” en hoe gaan ons dit in ons lewe laat waar word? (Dit nie noodwendig maklik nie. Dis nie lekker nie. Maar dink bietjie wie en wat is die “Nineve” waarheen God jou vandag stuur).
  3. Kom ons raak prakties. Hoe kan ons vandag in ons persoonlike lewe en in ons gesin prakties en sigbaar God verteenwoordig? (Ons lewe word bepaal deur God wat aan ons genade en barmhartigheid bewys het. Ek mag dit nie vir myself opeis nie, maar moet dit uitdeel)
  4. Leef dit – Kom ons beoordeel bietjie ons eie lewens. Dink bietjie saam oor ’n tipiese week en dag in jou (julle) lewe. Probeer bietjie van buite af na jou lewe kyk. Vlug jy? Onttrek jy? Begin vandag om die Nineves in jou lewe met barmhartigheid en genadigheid te konfronteer.
  5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om raak te sien waar julle Hom die afgelope dag sien werk het. Bid dat die Here julle sal help om gewoontes en praktyke in julle lewe in te bou wat julle lewens vorm tot sy eer.

Week 20 – Sondag 18 Augustus 2019

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 18 Augustus 2019

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Lees Genesis 11:1-9

Genesis 11 som die gedeelte van Genesis (Genesis 1-11 wat bekend staan as die oergeskiedenis) op en sluit dit af met die toring of moet ons eerder sê die stad met ‘n toring in Babel. Soos die hele gedeelte (Gen. 1-11) uit ‘n klomp verhale bestaan, is hierdie gedeelte ook in die vorm van ‘n storie geskryf (die eerste woorde in die Hebreeus kan min of meer vertaal word met: “Lank, lank gelede…”). Hierdie storie vorm nie net die afsluiting van die oergeskiedenis nie, maar ook ‘n skarnier met die res van Genesis (Abrahan se geskiedenis begin in Ur, wat presies was waar Babel was) en kan ons dus sê dit is die brug of skarnier tussen die pre-historiese tyd (Vae aanduidings van plek en tyd) en die historiese tyd (bekende plekke en kan wel gedateer word). Hierdie verhale is waarskynlik tydens die Babiloniese Ballingskap op skrif gestel om die volk, wat chaos in die Babiloniese ballingskap beleef het, te help om hulleself te heroriënteer en weer die sin van hulle lewe en godsdiens te help vind.  

Hierdie teks neem ‘n klompie punte op wat in die stories van die oergeskiedenis (Gen. 1-11) vertel is: i.) Die gedagte uit Genesis 1 waar God die mens gemaak het as sy verteenwoordiger en beelddraer vir wie Hy die opdrag gegee het om die aarde te vul en te bewerk en te bewaar (Gen 1:26-30); ii.) Die gedagte wat die slang met Eva gedeel het dat God bang is dat hulle oë sal oopgaan en dan sal hulle soos God wees… (Gen 3:4-5) en later wanneer God sê: “hulle het nou soos een van Ons geword deurdat hulle alles kan ken.” (Gen 3:22); iii.) In die verhaal van Kain en Abel, toe Kain, ten spyte van God se waarskuwing en raad, steeds sy broer doodmaak (Gen 4:6-8); iv.) Die verhaal van Noag en die vloed en hoe die mense na die vloed vermeerder het en oor die aarde versprei het.

Die Ballingskap speel steeds die agtergrond van hierdie verhaal. Die stad Babel word pertinent genoem. Toe die volk in Babel – ‘n wêreldstad – kom, is hulle vir die eerste keer in hulle geskiedenis gekonfronteer met ‘n stad waarin mense soveel verskillende tale gepraat het. Hulle het dus die vraag gevra: “Waar kom al die tale vandaan?” Hierdie stad het ook verskriklike hoë geboue gehad wat tot by die hemelkoepel gereik het en waarskynlik was een van hierdie groot geboue onvoltooid gelaat gewees. Dit het hulle ook laat vra: “Hoekom hierdie hoë geboue en hoekom is hierdie een net halfpad gebou?” Hierdie verhaal sinspeel beslis op die volk se houding van ekslusiwiteit in Babel.

In die teks is daar ‘n klompie detail waaroor mens maklik lees wat ons dalk ook eers moet verstaan, voordat ons die boodskap van die toring van Babel sal kan verstaan. i.) In vers 2 – “Ooswaarts getrek” en “uitgekom by ‘n vlakte in Sinar”. Hier word pertinent taal gebruik wat vir ons aandui dat beweeg word van die pre-historiese tyd (vae aanduiding) na die historiese tyd (spesifieke plek). Die vlakte van Sinar beklemtoon onmiddelik ‘n paar goed: Die Tigrus en die Eufraat riviere loop in die vlakte en die stad Babel is ook daar (dit is waar die volk van die Here hulle bevind het nadat hulle Ooswaarts in ballingskap weggevoer is); Dit is plat daar en daar is geen berge nie. Berge was plekke waar mense geglo het die gode woon. Wanneer jy met die gode wil kommunikeer in ‘n vlakte, het jy hoogte nodig gehad. Dit is waarom hoë geboue en torings nodig was en dit verklaar iets van die funksie van die hoë toring wat die mense wou bou. ii.) Vers 3 – “Kom ons maak stene … Hulle het stene in plaas van klip en asvalt in plaas van klei gebruik.” Hierdie inligting dui aan dat hulle nie in Juda is nie, want daar het hulle met modder en klei gebou en hierdie stene en asvalt was baie sterk en het vir die eerste keer in die geskiedenis die weg gebaan dat hulle meer as twee verdieping kan bou (Dit was dus groot tegnologiese vooruitgang). iii.) Vers 4 – “Kom ons bou ‘n stad met ‘n toring waarvan die punt tot in die hemel reik…” Die toring moes, soos die ziggoerats van daardie tyd, hoog wees om daarmee met God te kommunikeer en sodoende sy wêreld te betree (opgrawings dui aan dat daar ziggoerats was wat 90 meter vierkantemeter grootte geboue was wat trapsgewys gebou is, met die boonste punt tot 90 meter hoog. Die geboue is gebruik vir kommunikasie met die gode). iv.) Vers 6 – “Hulle het nog maar net begin… Hierna sal niks wat hulle beplan vir hulle onmoontlik wees nie.” Hierdie woorde wys dat daar meer in die ‘naam maak’ steek as om maar net bekendheid te verwerf. Hierdie vers vind sy teenoorgestelde in Job 42:2 (twee woorde wat in dié vers voorkom, kom net so in Job voor en nêrens elders in die Bybel nie). In die lig hiervan gaan die toringbou oor die mens wat onafhanklik van God (self God) wil wees. Dit gaan oor mense wat teen God se bedoeling in Gen. 1, om sy verteenwoordiger en beelddraers te wees en die aarde te vul, te bewerk en te bewaar en so ‘n seën vir die nasies (Gen 12:3) te wees, hulle eie ding wil doen sonder/ buite ‘n verhouding met God; Dit gaan om mense wat God se seën net vir hulself wil hou of net vir hulle groep wil behou. Dit gaan dus oor ‘n selfsugtige lewenshouding los van God so asof hulle oor God en sy seëninge beskik. Beantwoord die volgende vrae om sodoende die betekenis van hierdie teks vir ons vandag prakties te maak?

  1. Wat sit agter die toringbou van die mense? Op watter maniere bou ons en ander mense om ons vandag torings in plaas van om ons rol te vervul in die skepping? (Die teks sê die doel van die toring was om naam te maak, maar uit die beoordeling van God (6), blyk dit dat dit oor baie meer gaan. Die kern van hierdie verhaal gaan oor twee “ons”-partye. Die eerste “ons” wat ’n toring wil bou, is ’n gemeenskap wat op homself ingestel is en wat sy eie vermoëns oorskat en net sy eie belange op die hart dra. Vergelyk punt iv in laaste paragraaf hierbo wat iets verduidelik van vers 6. Dink dan saam oor wat ‘toring bou’ vandag alles kan beteken.Dink ook wat se torings ander mense bou wat ons uithou?).
  2. Hoe help die feit dat God ‘afkom’ (God se reaksie) in vers 5 & 7 ons om die lewe in perspektief te bring? (Die kern van hierdie verhaal het ons hierbo gesien gaan oor twee “ons”-partye. Die tweede “Ons” is God wat daarop ingestel is dat die skepping moet ontwikkel en dat die mense hulle rol daarin (dit waarvoor hulle geskape is) sal speel. Die ironie in die teks is dat die mense ’n toring wil bou wat aan die hemel raak, maar dat God dan sê: “Kom laat Ons afgaan …” Die “projek” wat die mense aangepak het, was ’n nietige menslike poging, terwyl die mens eintlik vir ’n groot Goddelike projek bestem is – om ’n seën te wees vir die nasies. God wil hê ons moet sy Naam groot maak [Hom eer] en sy seëninge met die nasies deel.  Dit gaan daaroor dat ek in my leefwêreld nie so privaat en eksklusief moet leef nie, maar juis ook teenoor hulle God se wil sal uitleef. )
  3. Beoordeel bietjie jou/julle lewens en kyk waar julle besig is om torings te bou? (Raak baie prakties deur jou/ julself af te vra: Waar leef ek op so manier waar dinge net om my eie eer, my eie belange gaan los van God? Waar in jou/julle lewe hou jy God se seëninge eksklusief net vir jouself? Watter aspekte van jou lewe maak dat jy dink dat jy sonder God in die lewe kan regkom? Wat in die lewe doen jy net ter wille van naam-maak? Wat is die goed wat maak dat jy glo dat jy onafhanklik van die Here kan lewe? Beoordeel bietjie jou eie ambisie, jou denke oor jou taal, kultuur, die mense wat onder jou werk of wie in jou sorg is – gebruik jy dit om jouself weg te hou om ‘n seën vir ander te wees of gebruik jy dit juis om ‘n seën vir ander te wees. )
  4. Leef dit – Op watter maniere kan jy ‘n seën wees vir ander in jou lewe? Om ‘n seën te wees beteken nie altyd net dat ek materieel iet moet bydra nie. Indien moontlik ja, maar ons kan deur bemoediging, deur empatie en hulpverlening ook ‘n seën wees vir ander. Probeer om hierdie week 1 ding te doen vir iemand wat jou nie daarvoor vra nie. Op die manier begin ons ‘n nuwe manier van lewe te leef.
  5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak waar jy/ julle torings bou en waar jy/ julle ‘n seën vir ander kan wees. Bid ook dat die Here jou/julle sal help om nie voortdurend onsself met ander te vergelyk nie, maar eerder bly te wees saam met die wat bly is en hartseer saam met die wat hartseer is.

Week 19 – Sondag 4 Augustus 2019

 3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 4 Augustus 2019

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Lees Genesis 4:1-16  (Julle kan ook die teks in drie dele opdeel 1-5; 6-12 en 13-16)

Genesis 4 (soos die hele gedeelte van Genesis 1-11) is geskryf om mense wat die sin van hulle godsdiens en geloof en selfs die sin van hulle lewe verloor het, te help om hulleself weer te heroriënteer en weer sin en betekenis in hul geloof en lewe te beleef en God en hulleself op ‘n nuwe manier te ontdek. Soos in Genesis 2-3 vertel die skrywer hier weer ‘n aangrypende storie (byna soos toe Natan vir Dawid die storie vertel het van die arm man wie se enigste lammetjie deur die ryk man geslag is – 2 Samuel 12:1-7). Ook in Genesis 4 wil die skrywer sy lesers intrek, emosioneel laat aanvoel dat iets verkeerd is en dan uitbring by ‘n duidelike beslissing (hulle kan nie neutraal staan nie) – net om agter te kom die storie gaan eintlik oor hulleself. Hierdie verhaal gaan oor ‘n gesin, onderlinge verhoudings en die twee seuns se boerdery en hulle dankie-sê (offer) dat die Here hulle geseën het. Die ontknoping van die verhaal handel dan oor die oudste seun se reaksie en gevolge op die feit dat die jongste seun se offer aanvaar (raakgesien) is deur God en dit wat Hy daaruit afgelei het. Deur hierdie teks kry die volk ook ‘n baie duidelike antwoord op hulle vraag of die Here sy volk (wat ten tye van die opteken van hierdie verhaal in Babilonië sit) dan verwerp het? Hierdie verhaal se antwoord is duidelik: “Dis nie God wat julle verwerp het nie. Dit is iets wat in julle koppe gebeur het. Dis julle wat, ten spyte van God se volgehoue genade en waarskuwings, Hom en daarmee saam sy goeie wil verwerp het. Ten spyte daarvan betoon God steeds genade aan julle.” Die waarskuwing in hierdie teks is duidelik: Daar skuil ’n Kain in elkeen van ons. Die positiewe lewensreël wat die teks vir ons almal wil gee is: In alle omstandighede kan jy kies. Kies die goeie en dit sal goeie gevolge in jou lewe bring, maar ons moet altyd daarmee rekening hou – die slegte of verkeerde keuse gaan altyd vir ons wink (’n trekkrag uitoefen), maar ons moet dan nie daarvoor val nie (7).

Ten spyte van hierdie slegte keuse van Kain wil die skrywer uitkom by God se reaksie op die moord en ongehoorsaamheid van Kain.  Dit wys baie duidelik – ongehoorsaamheid het gevolge, maar die gesprek tussen God en Kain wys ook dat God nie sy rug op sy mense draai wannneer hulle Hom en sy goeie wil verwerp nie. Hy praat met mense – God soek die mens op en vra amper net soos in Genesis 2: Waar is jou broer? Dan gee God ook vir die mens ’n teken. Hierdie teken was nie ’n fisiese teken nie, maar waarskynlik verwys dit na God se teenwoordigheid.

Kyk bietjie dieper na die teksgedeelte wanneer julle die volgende vrae bespreek:

  1. Uit die eerste twee verse – wat lei jy/julle af van die onderlinge verhoudinge binne die gesin van Adam en Eva? (Die ma is mal oor die eerste – eersgeborene wat NB was in Midde-Ooste. Dit word haar witbroodjie. Ons lei dit af omdat Abel aangedui word as “’n broer vir Kain.” Dink veral ook aan die tweede seun se naam – Abel wat “nietigheid” of “asempie” beteken).
  2. Waarmee was die broers besig toe Kain kwaad geword het? (Hulle het geoffer – was dus besig met godsdiensbeoefening) Hoekom sou jy sê het God Kain se offer nie aanvaar nie? (Gaan dit oor die rook? Gaan dit oor wat geoffer is? Gaan dit oor hulle gesindhede? Dit gaan hier egter oor die beklemtoning van Kain  se bevooorregte en Abel se minder bevoorregte posisie. Die woordjie ‘aanvaar’ in die Hebreeus is eintlik aansien of raaksien.  Dit lyk of dit verband hou daarmee dat Abel se eerstelinge wat hy geoffer het, meer was [dus God het Hom oorvloedig geseën] en syne [Kain] was in sy eie oë nie so baie nie. Die aanvaarding van Abel se offer bó die van Kain is dus iets wat in Kain se kop plaasgevind het. Ek sou ook so gereageer het as God my verwerp het. Maar hét God Kain verwerp? In ons koppe werk dit so. As ek nie gekies word nie dan dink ek ek word verwerp; as ek nie wen nie dink ek ek is ‘n verloorder.  Soos Kain loop baie van ons ook met die idee in ons koppe dat sommige mense vir God meer aanvaarbaar is as ander. By God werk dit nie só nie. Dit skree teen wat God in Genesis 1 vir ons sê. Hy het mense geskep om Hom te dien. Wanneer ons Hom dien hou Hy ons nie met ‘n valkoog dop om te sien wie dien Hom die beste nie. Dis ons wat mekaar dophou. Dis wat Kain met Abel gedoen het. En toe hy die sommetjie maak, dink hy hy word verwerp, hol hy dikbek na sy kamer toe en slaan die deur toe (kwaad en bedruk). Waaruit lei Kain af dat sy offer nie aanvaar is nie? (Dit lyk of vers 4b alles verwoord wat Kain in sy gedagtes gedink het en daaruit sommer besluit het God het sy offer nie aanvaar nie.)
  3. Die Here praat met Kain. Hoekom dink jy reageer God op dié manier (6-7) op Kain ? Wat sê dit vir ons van God? (As die Here vir Kain verwerp het, sou Hy nie moeite gedoen het om eers met hom te praat nie. God doen die teendeel. Hy is besorg, gee raad en buk af. Die Here wil hê Kain en ons moet begryp, hy/ons is baas oor wat in sy/ons kop aangaan. Dit is baie maklik om negatief oor jouself te dink en toe te laat dat negatiewe dinge jou lewe oorneem. Dit kom eintlik vanself. Kain en ek en jy moet oor sy/ons denke heers, homself/onsself vasvat, die goeie doen. Die Here weet wat in Kain/ons se kop broei. Hy wil hê Kain/ons moet onthou hy/ons het ‘n keuse hoe hy/ons gaan reageer. Dis hoekom Hy vir ons sy goeie wil (die wet in OT en die Bybel gegee het. Doen hy/ons wat reg is, sal hy/ons gelukkig wees. Doen hy/ons wat verkeerd is, gaan die sonde hom/ons inhaal. Daarom sluit God hierdie gedeelte af met goeie raad wat hy wil hê Kain en sy kinders moet doen: Jy moet oor die sonde heers! Tog dwing God hom nie. Hy is ‘n mens met ‘n vrye wil en nie ‘n marionet nie. )
  4. Wat is vreemd aan God se reaksie op die moord? Hoe help dit ons om iets van God te verstaan? (Kyk net na die gesprek en die manier waarop God met Kain te werk gaan. In plaas daarvan om hom aan te val en nou te verwerp, vra die Here vir Kain: “Waar is jou broer?” Dit beteken nie dat die Here nie geweet het waar Abel is nie. Hy weet, maar Hy gooi die bal in Kain se hande. Hy gee Kain kans om te verduidelik. Maar Kain se optrede is net so vreemd. Vir iemand wat skuldig is, is hy darem baie arrogant en ‘cheeky’. Toe hy in die hoek gedryf word, probeer hy sowaar uitkom. Hy tree nes Adam en Eva op. Dan, nes in Eden, neem God die gesprek deur net aan te kondig dat Hy die gevolge van sy keuse nie langer gaan weghou van hom af nie. Moordenaars word gesoek, hulle moet vlug en is dan swerwers.)
  5. Die teken van Kain word dikwels as die teken van vervloeking gesien, maar wat sê die Bybel hiervan? (Vervloek, verban en swerf is die voorland van enige moordenaar. Moordenaars word gesoek en daarom vlug hulle. Kain noem dit straf, maar dit is die gevolg van sy keuse. Die vervloeking is die gevolge van die sonde. Die teken is nie ’n fisiese teken nie, maar ’n genade teken. God sê daardeur Ek is met jou op jou swerwerspad?
  6. Leef dit – Watter verbande kan julle trek tussen situasies wat in ons lewens gereeld voorkom en dit wat in hierdie teks beskryf word? Hoe help die teks ons om daaroor te dink?
  7. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak wannneer julle keuses maak, om te kan onderskei tussen goeie en slegte keuses en te kan “heers” oor die winkende kragte van slegte keuses. Bid ook dat die Here jou/julle sal help om nie voortdurend onsself met ander te vergelyk nie, maar eerder bly te wees saam met die wat bly is en hartseer saam met die wat hartseer is.

Week 18 – Sondag 28 Julie 2019

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 28 Julie 2019

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Lees Genesis 2:4 – 3:24 (Julle kan die teks dalk in 6 dele opdeel en elke dag net een gedeelte lees: 2:4-7; 8-14; 15-25; 3:1-7; 8-13; 14-23.)

Genesis 2-3 is geskryf om mense wat die sin van hulle godsdiens en geloof verloor het, te help om hulleself weer te heroriënteer en weer sin en betekenis in hul geloof te beleef en God op ‘n nuwe manier te ontdek. In ons teks kry die volk ook ‘n baie duidelike antwoord op hulle vraag hoekom hulle as volk in Babilonië sit en of God dan verander het en hulle vergeet en sy rug op hulle gedraai het. Hierdie verhaal se duidelike antwoord is: dis nie God wat julle vergeet het en sy rug op hulle gedraai het nie: “Julle sit in Babel omdat julle God probeer speel het. Julle beleef die chaos van Babel omdat júlle júlle rug op God gedraai het. Omdat julle die dood gekies het bo die lewe wat God graag wou hê dat julle altyd moet beleef. Julle verontskuldig julleself so baie soos wat die mens en sy vrou ook gemaak het. As julle maar net aanhou kyk na julle geskiedenis soos julle tot nou toe daarna gekyk het, gaan niks verander nie. Eers as julle julle eie verantwoordelikheid daarin en God se reaksie daarop begin raaksien, kan iets begin verander.

 Genesis 2 en 3 vertel in storiestyl die verhaal van die skepping en die sondeval soos daar dikwels daarna verwys word. Miskien kan ons dit anders verwoord: Die verkryging van die paradys (Genesis 2) en die verlies van die paradys (Genesis 3). Dit gaan dus in hierdie verhaal oor hoe dit gekom het en steeds gebeur dat mense so in die chaos van die lewe beland.    In die eerste deel van die storie word God se goeie bedoeling met die skepping van die mens beskryf: God het nadat hy die mens gevorm het, vir hom ‘n pragtige tuin gegee waarin hy kon lewe en die oorvloed van sy seëning kon beleef. Miskien is dit belangrik om daarop te let dat God ‘n mens (as verteenwoordiger van die mensheid) gevorm het en nie ‘n mens met die naam Adam nie. In die volksmond is van die woord wat vir mens gebruik word in Genesis 2 ‘n eienaam gemaak. Dit maak dan dat die bedoeling van hierdie verhaal misgekyk word. Hierdie verhaal is daarom nie net die storie van die eerste mense op aarde nie, maar my en jou storie wat homself elke dag weer en weer afspeel. Ook belangrik vir elke  mens om te weet, is dat die mens (elke mens op aarde)  iets van God in hom dra: lewensasem.  Elke mens is dus op ‘n manier aan God verbind. Die eerste deel gaan dus oor God wat gee: 1. Hy gee ‘n tuin (8-14), verantwoordelikheid (15-17) en ‘n helper (18-23) vir die mens. Miskien kan ons die kern opsom met drie woorde: God gee ‘n lewensruimte (tuin [8], bome [9] – mooi om na te kyk, lekker om van te eet – Boom van die Lewe! “Jy mag eet soveel as wat jy wil “ [16] – Oorvloed en ook water [10-14]), ‘n lewenstaak (Bewerk en bewaar [15] as bestuurder en nie besitter nie) en lewensgrense  (Van alles mag jy eet, maar nie van die boom van kennis nie – jy sal sterf [16-17]. God se bedoeling daarmee was om ons weg te hou of te beskerm van die kwaad). God se bedoeling met alles wat Hy gegee het was lewe en word met met die boom van die lewe uitgebeeld. Lewe het alles in hierdie teks met die teenwoordigheid van en verhouding met God te make. Dit gaan dus oor lewensvervulling – ‘n harmonieuse en sorgsame lewe (Harmonie met sorgsaamheid van God en mekaar.)

Toe het daar iets radikaal skeefgeloop (en loop daar vandag nog iets skeef) toe die mens die vrug van die boom van alle kennis geëet het. Die eet van die vrug het alles met verkeerde keuses te make. Dit het alles daarmee te doen om nie tevrede te wees met wat jy het nie (wat God vir jou gee)  en te wil hê wat jy nie het nie. Dit is om jou  rug te draai op God of om self God te probeer speel. In plaas van God se lewensruimte wil die mens sy eie “paradys” skep; In plaas van God se lewenstaak as bestuurder uitvoer, wil die mens as eienaar self dinge doen vir eie belang; In plaas daarvan om te bly binne God se lewensgrense, wil die mens vryheid beleef sonder grense. Ons kan sê die mens kies die dood. Dood in hierdie teks is die teendeel van lewe: om nie meer in God se teenwoordigheid te wees nie. God word uit die middelpunt van die lewe geskuif en die mens skuif in die middelpunt in. Die gevolge was en is vandag steeds vernietigend: Disharmonie en ’n selfsugtige lewensuitkyk– alle verhoudinge lei skade – met God, self, medemens en selfs die natuur.

Ten spyte van hierdie slegte verhaal wil die skrywer uitkom by God se reaksie op die chaos in ons lewens. Of hierdie chaos nou deur onsself veroorsaak is, of deur ander mense se keuses en of dit is as gevolg van die sondigheid van die samelewing: God kom soek die mens op en vra: Waar is jy?

  1. Met Genesis 2 in gedagte: Hoe sal jy God se droom of bedoeling vir die mens beskryf? Wat beteken dit vandag? (God se bedoeling vir die mens is dat hy in die Paradys sal bly en daar die lewe en lewensvervulling sal ervaar. Lewe het alles in hierdie teks met die teenwoordigheid van en verhouding met God te make. Lewensvervulling – ‘n harmonieuse en sorgsame lewe – gaan oor harmonie met God en met mekaar en  liefdevolle en sorgsame optrede teenoor mekaar. Wanneer ons vandag steeds ons huis, ons huwelik, gesin en werk as lewensruimtes kan ervaar wat God vir ons gee, sal ons anders daar optree elke dag. Wanneer ons vandag ons huis, huwelik, gesin en werk sien as ruimtes waar ons as God se bestuurders moet optree om te bewerk en te bewaar, sal ons ook anders daar optree. Wanneer ons steeds vandag vir God respekteer en die grense wat hy daargestel het om ons van die ‘dood’ te beskerm (dink aan die tien gebooie), dan sal ons anders optree teenoor God en teenoor ander mense en onsself.) 
  2. Met Genesis 3: 1-7 in gedagte: Wat was en is vandag nog die oorsake dat ons as mense verkeerde keuses maak? (Daar is sekerlik baie oorsake vir verkeerde keuses of sonde. Die punt wat hierdie teks daaroor maak is dat dit as gevolg van die feit is dat onsself God wil speel in ons lewe en ons nie wil steur aan God en sy gebod nie. Hierdie eet van die vrug is dus my en jou storie elke dag. Ons maak net soos die mens en sy vrou – draai ons rug op God. Dit is die wortel van die sonde in die Bybel. Ons kan dit soos volg verder omskryf: ‘n Selfsugtige en egosentriese lewe; Sien wat ek het nie meer as gawe nie, maar as eiendom waaroor ek beskik en besluite kan neem soos ék wil; Sien my taak nie meer as die van ’n bestuurder nie, maar as die van ’n eienaar wat kan doen wat sy eie belange die beste dien sonder om verantwoording hoef te doen aan iemand; Sien keuses nie meer as ’n verantwoordelikheid om die dood uit te hou nie, maar as ’n middel om eie belange te dien.)
  3. Met die gevolge vir die mens en sy vrou, wat van die die boom van alle kennis in geëet het in gedagte: Watter gevolge het verkeerde keuses/sonde vandag in mense se lewens? Hoe help hierdie verhaal ons vandag prakties? (Wanneer ons probeer God speel en ons rug op God se goeie bedoelings draai, dan verloor ons die Paradys – verlaat ons God se teenwoordigheid – dan is daar net disharmonie: dit het ‘n effek op my verhouding met God, met myself, met ander mense om my en selfs op die res van die skepping. Die liefdevolle en sorgsame lewenshouding maak plek vir selfsuf eie belange en onvrede; Lewensvervulling verander in angs, afgesny-wees van die Bron en bronne wat my lewe gee – ons ervaar wat ‘dood’ beteken. Genadiglik los God die mens nie in sulke omstandighede nie, maar kom soek die mens op en roep: Waar is jy? Alhoewel die mens in Genesis 3 deur God gestraf is (die straf in Genesis 3 is deel van die antwoord op die volk in Babel se vraag: hoekom is ons hier?), kom die Nuwe Testament en sê dat Jesus aarde toe gekom het om te wys dat God die mens opsoek. Elkeen wat in Jesus glo, word vergewe en God plaas hulle ast’ware terug in die paradys – in sy teenwoordigheid en Hy herstel hulle verhouding met Hom en gee hulle, solank hulle in verhouding met Hom lewe, die vermoë om weer liefdevol en sorgsaam op te tree. Hierna moet ons elke dag strewe)
  4. Leef dit – Kom ons beoordeel bietjie ons lewens. Dink bietjie aan jou/ julle huis, besittings, huwelik, gesin, werk: Wys die manier hoe jy/julle met dit omgaan dat jy/julle dit as ‘n geskenk van God sien? Wys dit dat jy/julle dit bestuur soos ‘n verantwoordelike bestuurder vir God? Wys die manier hoe jy/ julle in jou/julle verhoudings lewe, dat julle liefdevol en sorgsaam is? Probeer jy God se tien gebooie buig so ver as wat jy kan? Is jy tevrede met wat jy het of vertel jou lewe dat jy altyd maar hunker om te wil hê wat jy nie het nie? Beleef jy lewensvervulling in God se Paradys of beleef jy die disharmonie van die dood? Onthou God het jou ook kom opsoek en vra waar is jy? Hy wil jou vandag weer sy Paradys – sy teenwoordigheid – laat ervaar en jou vermoeë herstel om liefdevol en sorgsaam op te tree. Kom ons leef elke dag bewustelik van wie ons is en wie Hy ons gemaak/ bedoel het om te wees.)
  5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om ons lewensruimtes, lewenstaak en lewensgrense te sien as ‘n geskenk uit sy hand. Bid dat die Here julle sal help om nee te sê vir die versoekings wat ons wil weghou van die Lewe wat Hy vir ons wil gee en om liefdevol en sorgsaam te lewe elke dag.

Week 17 –  Sondag-21-Julie 2019

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 21 Julie 2019

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Lees Genesis 1:1-2:3 (Julle kan die teks dalk in 6 dele opdeel en elke dag net een gedeelte lees: 1-5; 6-10; 11-18; 19-25; 26-31; 2:1-3)

Genesis 1:1-2:3 is ʼn teks wat daarop gemik is om mense wat in chaotiese omstandighede te leef, te bemoedig. Die teks vertel wel die verhaal van die begin, die skepping, maar die mense van die Ou Testament hoor die verhaal in ʼn konteks waar hulle lewens in chaos is. Hulle is in ballingskap. Hulle het geen koning meer nie. Hulle tempel is verwoes. Hulle is weggevoer uit hulle bekende omgewing. Hulle het al hulle besittings verloor. Boonop word hulle in ballingskap gekonfronteer met ander verhale oor die skepping wat vir hulle wêreldvreemd is. Alles kom tot stand deur ʼn groot geveg tussen die magdom gode van die Babiloniërs. Daar is chaos en die gode veroorsaak die chaos!

Teen hierdie agtergrond sê Genesis 1:1-2:3 NEE! Die God van Israel is ʼn God van orde. Hy vat die magte van chaos een vir een, en net deur te omskep hy dit in orde en harmonie. Hy gee vir alles ʼn plek. Hy skei en Hy vul, Hy is die God wat vol maak en vervolmaak. Lees gerus Johannes 1:1-3. Dit pas hierby! Oor Genesis 1:1-2:3 kan baie gesê en lank gedink word. Net twee gedagtes hoef nou uit die teks beklemtoon te word. Eerstens sê die teks God is ʼn God wat skep en orden. Hy is ʼn God van orde en harmonie en vrede en volmaaktheid. Dit is wat Hy vir sy skepping bedoel. Waar dit nie so is nie, is dit nie God wat chaos veroorsaak nie, maar die onvolmaaktheid en die onvoltooidheid van die magte van chaos waarvan die mens die belangrikste agent is! Daarvoor moet ons so bietjie verder lees. Genesis 2-3 en Genesis 4 sê wanneer die mens God probeer speel, is dood en chaos die gevolg! Tweedens beklemtoon die teks gevolglik ʼn baie belangrike perspektief wat die rol van die mens in die skepping betref. Genesis 1:26-27 sê God skep die mens spesiaal met een doel – om Hom op aarde te verteenwoordig. ʼn Slim Ou-Testamentikus het onlangs gesê in die Bybel is daar ʼn absolute verbod op die maak van enige beeld van God, want God het klaar ʼn beeld – die mense wat Hom moet verteenwoordig en sy ambassadeurs moet wees! Dit is onnodig om ʼn beeld van God te maak, want as ons na mense kyk, weet ons klaar hoe God lyk! En net om seker te maak ons begryp dit heeltemal, stuur Hy sy Seun om te wys hoe God wil hê ons moet lyk. Waar Jesus by die siekes en swakkes, die sondaars en verstotenes, die veragtes en die uitgeworpenes gaan stilstaan, waar Jesus genesing bring, waar Jesus liefde LEEF en liefde IS, daar sien ons God. En in die voetspore van Jesus moet mense God vandag, in hierdie chaotiese Suid Afrika, SIEN waar sy kinders is!

 

  1. Wat dink julle beteken dit dat God skep vir ons as gelowiges in die werklikhede waarmee ons elke dag te doen het? (Skep beteken orden en plek gee en plek maak. Dit staan teenoor chaos en vernietiging.)
  2. Wat dink julle beteken dit dat ons God verteenwoordig vir ons as gelowiges in die werklikhede waarmee ons elke dag te doen het? (Dit is ʼn geweldige voorreg maar ʼn ontsaglike verantwoordelikheid. Is ek skeppend of afbrekend met die mense en die wêreld om my besig?).
  3. Kom ons raak prakties. Hoe kan ons vandag in ons persoonlike lewe en in ons gesin prakties en sigbaar God verteenwoordig? (Ons lewe word bepaal deur God se skeppende teenwoordigheid in die chaos van ons daaglikse bestaan. In my chaotiese lewe moet ek ʼn agent van orde word!)
  4. Leef dit – Kom ons beoordeel bietjie ons eie lewens. Dink bietjie saam oor ’n tipiese week en dag in jou (julle) lewe. Probeer bietjie van buite af na jou lewe kyk. Verteenwoordig jy vir God? Getuig jou lewe daarvan dat alles wat jy is en dink en doen gerig word deur die verantwoordelikheid om God se ambassadeur te wees? Begin vandag om ʼn pad met die Here te stap wat jou uit gister en uit more in jou werklikheid ontmoet. Begin leef!)
  5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om raak te sien waar julle Hom die afgelope dag sien werk het. Bid dat die Here julle sal help om gewoontes en praktyke in julle lewe in te bou wat julle lewens vorm tot sy eer.

Week 16 – Sondag-14-Julie-2019

                                           3-Kruis Huiskonneksie                                                                                                                         Sondag 14 Julie 2019

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Lees  Psalm 137

Die Psalm bundel is vol gedigte/ liede. Musiek en gedigte het mos die vermoeë om ons op ‘n dieper manier aan te spreek, omdat dit ons emosies aanraak. Liede help ons dikwels om ons gemoedstoetsand (emosies) te verander. So gebeur dit ook met die Psalms. In die Psalms is dit nie soseer die Here wat met sy mense/kinders praat nie, maar sy mense/kinders wat met Hom praat. Daar is baie vrolike Psalms en hartseer (klag of klaag) Psalms. In die vrolike Psalms word die Here geloof en geprys, daar word vertroue, dankbaarheid teenoor die Hom uitgespreek en sommige wil ‘n klompie wyshede deel. In die hartseer Psalms kom sit die skrywer of die volk hulle hartseer en selgte emosies voor die Here neer.  Psalm 137 is ‘n klaagpsalm. In so Psalm deel die bidder gewoonlik diep negatiewe emosies wat hulle beleef agv omstandighede met die Here.

In Psalm 137 roep die skrywer die ervaring van sy volk op toe hulle in ballingskap in Babilonië was. Die Psalm kan in drie duidelike dele verdeel word.  Vergelyk onderstaande indeling. In die eerste 4 verse gaan dit oor die slegte ervaring of belewenis in Babel toe die volk by die riviere gesit het (miskien was hulle daar vir ‘n reinigingsritueel of ‘n fees of dalk op ‘n Sabbat). Hierdie keer het die hartseer hulle in so mate oorval dat hulle nie ‘n lied van Sion (Jerusalem) / ‘n lied van die Here kon sing nie. Miskien is die hartseer versterk deur die Babiloniërs wat hulle gevra/spot het om vir hulle ‘n Sionslied te sing. Hulle het geoordeel as hulle so lied sou sing, sou hulle die Here verloon. Dan dink hulle terug aan die goeie ou dae in Jerusalem, toe hulle gereeld gaan offer het, op ‘n Sabbat na die tempel kon gaan en  tydens feeste met gevulde harte na Jerusalem gestap het en liede gesing het. Hierdie terugdink versterk hule gedagtes om nie nou ‘n lied van die Here te sing nie. Hierdie heimwee maak hulle egter kwaad. Hulle emosies beweeg van woede na bitterheid en wraak. Die Psalm eindig baie stomp met wraakgedagtes. Tog is ‘n klaagpsalm ironies genoeg ‘n smagting na profetiese hoop en daarom ‘n gebed dat die Here dinge sal verander.

Boney M het van hierdie Psalm ‘n trefferliedjie By the rivers of Babilon) gemaak. Kyk daarna op die volgende skakel: https://m.youtube.com/watch?v=vYK9iCRb7S4. In die tweede deel van Nabucco, die slawe koor, verwys Verdi in een van sy Operas ook na hierdie Psalm. In daardie lied gee hy ‘n ander perspektief aan die hele Psalm. Ons kan sy woorde soos volg vry vertaal: “O harpe van die profete, hoekom hang julle stil aan die wilgerboom se takke?” Sy interpretasie is dat die profete nie hulle harpe in die bome moes opgehang het nie, want as hulle ‘n lied sou sing, sou dit hulle met profetiese hoop gevul het. Kyk ook onder aan hierdie stuk vir Anelise Wiid se lied Profeet se woorde, wat dieselfde lyn as Verdi volg.

  1. Babel verteenwoordig in hierdie Psalm ’n tyd, plek en omstandighede waarin dit baie sleg gegaan het. Het jy al sulke tye beleef? Watter emosies het jy beleef in daardie tyd? Watter lied het vir jou baie beteken in hierdie tyd, indien enige en hoekom? Wat is die gevolg van so tyd in mens se lewe? (Laat elkeen hul eie gedagtes hieroor deel. Die punt is almal beleef sulke tye. Laat almal die emosies opnoem wat hulle beleef het en watter liedjie vir hulle baie beteken het in daardie tyd, indien enige en hoekom? Die gevolg van so slegte tyd is dat mens dikwels a.g.v. diep negatiewe emosies net lam gemaak word, depressief is en jouself begin onttrek van ander. Die gevolg van ’n Babel in ons lewens is dat jy veral afgesny voel van God. Jy voel beslis nie om ’n lied te sing in so tyd nie)
  2. Jerusalem verteenwoordig in hierdie Psalm God se teenwoordigheid en heerskappy. Vertel vir die ander van ’n tyd toe jy baie naby aan die Here gevoel het en hoekom jy so sê? Watter emosies het jy toe beleef? Watter lied het in hierdie tyd vir jou baie beteken en hoekom? Wat is die gevolg van so ervaring? (Laat almal eie gedagtes deel. Die punt dat ons almal êrens in ons verlede tog tye beleef het waar ons naby aan die Here gevoel het. Laat almal die emosies opnoem wat hulle beleef het en watter liedjie vir hulle baie beteken het in daardie tyd, indien enige en hoekom? Wanneer mens ‘’n ervaring gehad het van die Here se teenwoordigheid, bring dit ’n stuk vrede, geborgenheid en hoop.)
  3. Hierdie Psalm eindig met ’n vloekspreuk: Wat dink jy is die rede hoekom klaagliedere in die algemeen en hierdie vloekspreuk in die besonder in die Psalm-boek opgeneem is en watter waarde het dit om selfs jou wraakgedagtes (soos in hierdie Psalm) met die Here te deel? (As mens net oor die mooi en positiewe dinge met die Here sou praat, is dit mos nie eg en eerlik nie. Met die vloekspreuk gebruik die skrywer ’n hiperbool om die intense emosie wat hy beleef mee te beskryf. Agter hierdie hiperbool is ’n gebed dat die Here tog die gang van die geskiedenis sal verander. Die Psalm-skrywer wil ons aanmoedig om oor alles met God te kommunikeer. ’n Mens wil amper nie hê daar moet sulke slegte wense in die Bybel staan nie, maar dit kan ons vandag help. Wanneer ons sulke slegte dinge vir ander mense in ons gedagtes voel, dan troos dit ons om te weet iemand wie se psalm in die Bybel staan, het ook so gevoel. Daar is ook iets goeds wat gebeur wanneer ons vir die Here vertel hoe ons voel, want Hy luister na ons en Hy begin dan met ons werk. Hy laat ons dink oor wat ons gesê en gevra het. Dit is asof Hy sê: “Ek hoor hoe jy voel. Los dit nou maar by My. Moenie self, terwyl jy so kwaad is, iets daaraan probeer doen nie.”)
  4. Tog wil hierdie Psalm ons oproep om “nie ons liere in die boom op te hang nie, maar ’n lied van die Here te sing (hoop te bring) op vreemde grond”. Kom ons raak prakties: Hoe lyk die “vreemde grond” waarop onsself en mense rondom ons dikwels ’n draai maak en dikwels voel hulle is vasgekeer? Hoe kan my lied/optrede myself en iemand anders help wat vasgekeer voel op vreemde grond? Watter lied (hier gaan dit nie net oor ’n liedjie nie, maar dinge wat ons kan doen) kan ons sing vir ander mense wat op “vreemde grond” vasgekeer is? (Laat die groep hulle gedagtes deel oor bogenoemde vrae.)
  5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Moedig almal aan om die Here te vra om hulle te help om eerlik hulle gevoelens met Hom te deel. Moedig hulle ook aan om die Here te vra om hulle oog oop te maak vir mense wat hulle pad kruis en op die oomblik “op vreemde grond” is. Vra die Here om jou ook te wys wat jy kan doen binne daardie omstandighede.

Profeet van Anneliese Wiid

This image has an empty alt attribute; its file name is Profeet.jpg

Week 15 –  Sondag 9 Junie 2019 – http://www.ngthereeds.co.za/wp-content/uploads/2019/06/Sondag-9-Junie-2019.docx

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 9 Junie 2019

Teksgedeelte: Lees 1 Johannes 4:13-15; 5:1-13 (Deel dalk die teks op in vier dele – 4:13-15, 5:1-5, 5:6-12 en dan net vers 13)

Johannes is besig om in hierdie brief ‘n verdeelde gemeente te help om nie net die oorsaak van hulle verdeeldheid raak te sien nie, maar veral hoe die boodskap van die evangelie daarop gerig is om heelheid te bring in ‘n verdeelde gemeente, maar ook bydra tot die motivering en uitleef van die nuwe lewe wat deur Jesus moontlik gemaak is.  Die dwaalleer wat die verdeeltheid veroorsaak het, het verkondig dat Jesus nie regtig God was nie of miskien moet ons dit anders stel: God het in Jesus kom bly by sy doop en voor sy kruisiging het God Jesus se liggaam weer verlaat. Die manier waarop God met gelowiges praat was deur spesiale geheime influistering in hulle ore en maak die boodskap van Jesus se kruis en opstanding ongedaan. So ‘n siening stroop die evangelie boodskap van sy betekenis. Dit is die rede hoekom Johannes sy brief begin het (1 Joh. 1:1-4) met die woorde dat die gemeente sy getuienis moet aanvaar, want hy het Jesus gesien, gehoor en ervaar en hy wil hê die gemeente moet ook in die gemeenskap met God deel waarin hy deel. Twee van die kern gedagtes van die dwaalleer wat Johannes reeds hanteer het, is dat ‘n gelowige geen sonde meer kan doen nie en dat dit nie nodig is om geloof in die praktyk uit te leef in dade van liefde nie. Hierteenoor het Johannes duidelik aangetoon dat gelowiges nog in hierdie wêreld leef en wel sonde doen, maar wanneer jy in verhouding met Jesus (wat die lig vir die wêreld is) leef, jy met vrymoedigheid na Hom kan gaan en dat Hy jou sal vergewe. Hy het verder ook vir hulle daaraan herinner dat die kern van hulle geloof gebou is op God se liefde vir mense (God is liefde). Dit het Hy in Jesus se liefde vir gelowiges bewys en dat hierdie liefde oorvloei in gelowiges se lewens en dat dit eintlik die bewys is van hulle geloofsverhouding met God.

In ons teksgedeelte gaan hy dan verder met sy gedagtegang dat die Gees nie net in sekere gelowiges bly en dan met ‘n geheime influistering boodskappe vir hulle stuur nie (so het mense wat die dwaalleer geglo het, verhinder dat mense hulle teengaan, want hulle praat met goddelike gesag). Waarvan is Johannes getuie? “…dat die Vader die seun as redder na die wêreld toe gestuur het. Wie bely dat Jesus die seun van God isGod bly in hom en hy in God.” (1 Joh. 4:13-15). Die feit dat die gemeente gelowiges is, is die bewys dat die Gees van God in hulle almal bly (1 Joh. 4:13).  As die gemeentelede wat aan die dwaalling vashou dan nie Johannes se getuienis oor Jesus (God se Seun – 5:9) wil aanvaar nie, pleit hy dat hulle dan God se getuienis sal aanvaar. Hierdie getuienis is waar, want dit word deur drie getuies bevestig (dit was die regsreël wat ogv Deutronomium 19:15 gegeld het). Die res van hierdie studie gaan dan nou oor wie hierdie drie getuies is, wat die inhoud van hulle getuienis is en wat die effek van hierdie getuienis behels.

 

  1. Watter drie getuies getuig van Jesus en wat is die inhoud van hulle getuienis? (1Joh. 5:8 verwys na die Gees, die water en die bloed. i) Die Gees wil nie geheime boodskappe fluister nie, maar ons kom herinner aan die waarheid wat Christus kom doen het. ii) Die water verwys na Jesus se doop. God het self met ‘n stem aangekondig dat Jesus se geliefde seun is in wie Hy ‘n welbehae het. Jesus se doop wys daarop dat Hy in ons sonde in gedoop is. Hy het in ons skoene kom staan, in ons sondige wêreld Hom volledig met ons mense kom vereenselwig. iii.) Die boed van sy dood verwys na sy kruisiging en opstanding, waardeur Jesus ons kom skoon was het van ons sondes en heling gebring het vir ons gebroke lewens en dit vir gelowiges moontlik gemaak het om as nuwe mense op te staan. Sommige verklaarders dui aan dat hierdie ook ‘n verwysing na die doop en nagmaal is en dat hierdie drie getuies vandag nog vir ons wil verseker van dit wat Jesus vir ons gedoen het en steeds besig is om te doen.)
  2. Wat is die effek van hierdie getuienis? (Dit het die nuwe lewe of lewe saam met God of Ewige lewe, soos ons Afrikaanse teks dit vertaal het, vir die kinders van God moontlik gemaak. God skenk dit vir sy kinders. Wie is kinders van God? Die wat glo dat Jesus die Christus is (1Joh. 5:1). Ewige lewe beteken hier nie net dat ons eendag saam met God in die hemel gaan wees as ons doodgaan nie. Ewige lewe beteken hier dat ons nou reeds ‘n kwaliteit van lewe kan leef wat net vir Jesus moontik was [Hy is mos nou in ons en ons in Hom] en dat hierdie lewe vir ewig sal aanhou, selfs tot na ons dood.. Hierdie kwaliteit van lewe word dan met die woord liefde omskryf. In 1 Joh. 5:2 omskryf Johannes hierdie iefde verder: dit is om God lief te hê en om sy gebooie te gehoorsaam. Wie glo dat Jesus die Seun van God is en dat Hy ons Verlosser [Christus] is, het die ewige lewe – die vermoë om deur Jesus se oë [bril] na die lewe te kyk en om God lief te hê en God se gebooie uit te leef.)
  3. Hoe help hierdie teksgedeelte ons vandag om seker te wees van ons geloof? (In die ou dae is geloofsekerheid beskryf as die sekerheid wat ‘n mens het dat jy ‘n kind van God is en dat jy die ewige lewe sal erf as jy doodgaan – dan is 1 Joh. 5:13 aangehaal. Hierdie gedagte word nie verwerp nie, maar binne die konteks van die teks beteken dit veel meer as net dit. Hier dui dit op ‘n besef wat ‘n gelowige aktiveer, soos ‘n getroude paar geaktiveer word as hulle hoor die swangerskaptoets is positief of soos ‘n speler geaktiveer word as hy/sy gehoor het hulle is vir die span gekies. Hierdie sekerheid word ‘n dryf – nie om te probeer om swanger te word of om die span te haal nie, maar om voor te berei vir die koms en deel te neem om die wedstrydplan te ken en uit te oefen. Hierdie sekerheid aktiveer gelowiges om met oortuiging liefde uit te leef en so die ‘saad’ van die lewe [ewige lewe] te saai.)
  4. Leef dit – Hoe kan hierdie drie getuies ons vandag steeds prakties elke dag in ons lewens help? (Soos reeds gesê is, help hierdie gedeelte ons vandag steeds as ons die drie getuies [Gees, doop en nagmaal] wat oor God getuig vandag steeds hoor en glo. Prakties beteken dit dat wanneer ek in die lewe by doodloopstrate kom of gebrokenheid ervaar of sien, ek kan hoor dat die HG my steeds herinner aan Jesus wat in my skoene kom klim het en meelewing met my het, en my in Hom ingetrek het – vir sy span gekies het; die Gees herinner my ook dat ek nagmaal gebruik het waar ek opnuut beleef het dat my sondes skoongewas is en my wonde genees is en dat Jesus deur sy Gees my laat opstaan as nuwe mens. Ek kan dus beleef hoe Jesus my kom genees van my eie gebrokenheid en so geaktiveer word om op te staan. Te midde van al die onsekerheid en gebrokenheid in hierdie wêreld is daar wel hierdie sekerheid waaraan die HG my en jou elke dag wil herinner. Wanneer ons dus in die toekoms by moeilike en uitdagende tye op ons geloofspad kom, aanvaar die getuienis van God deur mekaar te herinner daaraan dat ons gedoop is en wat dit beteken en dat ons die nagmaal saam gebruik het en wat dit beteken. Dit wil ons dan opnuut aktiveer om te lewe want ons is kinders van God en ons het die ewige lewe. Kom ons bemoedig en motiveer ook ander op ons pad met hierdie getuienis en saai so die lewe [ewige lewe].)
  5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om raak te sien waar julle Hom die afgelope dag sien werk het. Bid dat die Here julle deur sy Gees gereeld aan sy getuienis (Gees, water en boed) sal herinner en dat dit julle ook sal aktiveer om voluit te lewe.

Week 14 – http://www.ngthereeds.co.za/wp-content/uploads/2019/06/Sondag-2-Junie-2019-10.docx 

3-Kruis Huiskonneksie
Sondag 2 Junie 2019

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Lees 1 Johannes 3:11-18; 4:7-12

1 Johannes is ʼn brief wat die apostel Johannes skryf aan gemeentes in Klein-Asië aan die einde van die eerste eeu nC (waarskynlik so rondom 95 nC). Dit is belangrik om dit in ag te neem wanneer ons 1 Johannes interpreteer. Die brief is bedoel vir tweede-geslag Christene. Johannes was nog ʼn ooggetuie van Jesus se werk (1 Joh 1:1-4). Sy brief word egter gerig aan mense wat Jesus nie self gesien het nie, maar wat opgeroep word om die werk van die opgestande Christus as sy liggaam, sy kerk, in ʼn ontaarde wêreld voort te sit, te laat realiseer, sigbaar en tasbaar te maak. Die sigbaarheid en tasbaarheid van die Christelike boodskap word gekoppel aan twee beelde: God is lig (1:5) en God is liefde (4:8). Lig en liefde hang ten nouste met mekaar saam (2:9-11). Waar daar liefde is, is daar lig; waar daar lig is, is daar liefde. Dis ʼn noodwendigheid – die een kan nie sonder die ander nie.

Ons moet 1 Johannes 3:11-18 en 4:7-12 teen hierdie agtergrond lees. Die twee tekste is baie nou aan mekaar verwant en handel oor die essensie van die Christelike boodskap: Dit is immers die boodskap wat julle van die begin af gehoor het: Ons moet mekaar liefhê (3:11). Die rede daarvoor lê in die wesenskenmerk van God: God is liefde (4:8). Die twee tekste beklemtoon dan drie dinge. Eerstens sê die tekste dat God se liefde tasbaar en sigbaar is. Daarvoor verwys Johannes die gemeente(s) na die lewe en werk van Christus. Christus het God se liefde vir sondaars sigbaar geïllustreer toe Hy sy lewe vir ons afgelê het (3:16). Voorts het Hy dit tasbaar gemaak deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes (4:10). Tweedens dui die tekste aan dat liefde die wesenskenmerk van God se kinders word en dus ʼn skeiding bring tussen mense. Daar is Kaïn-mense wie se lewe deur haat gekenmerk word (3:15) en God-mense wie se lewe deur liefde gekenmerk word (4:7-11). Uiteindelik is naasteliefde die toets vir die groep waaraan ons behoort! Derdens herinner Johannes ons daaraan dat ook ons liefde tasbaar en sigbaar moet wees. Die sleutelverse hier is 3:17 en 18 en 4:12. As ek ʼn kind van God is, gee ek noodwendig om vir ander mense (3:17), want liefde is nie ʼn gevoel nie, maar ʼn daad (3:18). En dit wat ek doen, maak God uiteindelik sigbaar in ʼn gebroke en ontaarde wêreld (4:12). Die vraag waarmee die tekste elkeen van ons konfronteer is: Is naasteliefde ʼn wesenskenmerk van my optrede? Maak ek deur dit wat ek sê en doen God sigbaar in ʼn gebroke en ontaarde wêreld?

1. Wat dink julle beteken dit dat God liefde is vir ons as gelowiges in die werklikhede waarmee ons elke dag te doen het? (Liefde is God se wesenskenmerk. Daardie liefde kry prakties gestalte in Jesus wat aan ʼn kruis sterf vir ons sonde. Daardie liefde vra ʼn antwoord – vgl 4:7, 11.)
2. Johannes beklemtoon dat liefde nie ʼn emosie is nie, maar ʼn daad wat sigbaar en tasbaar gestalte moet kry in ons lewe. Hoe het God sy liefde vir sondaars sigbaar en tasbaar bewys en hoe moet ons daarop antwoord? (Die hele Jesus-gebeure wat ons tydens Paasfees, Hemelvaart en Pinksterfees herleef is ʼn herinnering aan God se sigbare en tasbare liefde vir sondaars. Soek die tekens daarvan in die twee paragrawe wat ons hierdie week behandel! Kyk ook hoe Johannes ons oproep om daarop te reageer).
3. Kom ons raak prakties. Hoe kan ons vandag in ons persoonlike lewe en in ons gesin prakties en sigbaar liefde leef? (Ons lewe word bepaal deur God se liefde vir ons en die liefde wat ons moet uitdeel aan ʼn honger wêreld. Niemand kan die werklikheid van ons omstandighede ontken nie. Johannes se gemeente kon dit ook nie doen nie! Hulle is immers vervolg en doodgemaak juis omdat hulle glo! Maar my verbondenheid aan Christus laat my lewe anders lyk en laat my anders dink en anders optree. Dit bring ʼn nuwe, diep, positiewe dimensie in my lewe in. Dit laat my liefde lewe!)
4. Leef dit – Kom ons beoordeel bietjie ons eie lewens. Dink bietjie saam oor ’n tipiese week en dag in jou (julle) lewe. Probeer bietjie van buite af na jou lewe kyk. Jubel jy? Getuig jou lewe daarvan dat alles wat jy is en dink en doen gerig word deur liefde? Begin vandag om ʼn pad met die Here te stap wat jou uit gister en uit more in jou werklikheid ontmoet. Begin leef!
5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om raak te sien waar julle Hom die afgelope dag sien werk het. Bid dat die Here julle sal help om gewoontes en praktyke in julle

 

Week 13 – Sondag 26 Mei 2019

                                             3-Kruis Huiskonneksie                                                                Sondag 26 Mei 2019 

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan die vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar. Volgende week gaan ons die 7 dag Paasfeesuitdaging in die 3-Kruis huiskonneksie doen. Meer inligting sal volg.

Teksgedeelte: 1 Tessalonisense 2:1-13

Hierdie brief word gerig aan ‘n jong gemeente wat deur Paulus gestig is in Tessalonika, die hoofstad van die Romeinse provinsie Masedonië. Nadat Paulus ‘n goeie verslag oor die gemeentes van Timoteus ontvang het, skryf Paulus om God te dank vir die standvastigheid vaan die gemeente in geloof, liefde en hoop. Die gemeente het baie vrae gehad oor die wederkoms van Jesus, omdat hulle dit vinnig verwag het en nou beleef het dat dit langer neem as wat hulle verwag het.  Paulus se boodskap aan die gemeente is dat God  hulle lewens verander het deur die evangelie (goeie nuus van Christus) en dat hulle nou moet meewerk om die evangelie, met dieselfde gesindheid waarmee Paulus hulle bedien het (soos ‘n baba, ma en pa), teenoor mekaar en ander uit te leef. God verwag ook dat hulle  ondertussen hulle werk met blydskap moet doen.

In ons teksgedeelte praat Paulus spesifiek daaroor dat God sy evangelie aan hom toevertrou het en dat dit hom moed gegee het om ten spyte van felle teenkanting, te kon aangaan met die verkondiging by hulle. Hulle het die evangelie  ontvang en aangeneem as die boodskap van God en hulle het beleef hoe hierdie evangelie ‘n kragtige uitwerking in hulle lewens gehad het. Paulus roep daarom die gemeente op “om in sy (God se) koninkryk in te gaan en so aan sy heerlikheid deel te hê” (12).  Die grootste deel van die teks (3-12) is ‘n verduideliking hoe God deur Paulus na hulle toe gekom en hulle oortuig het (vergelyk skyfies hieronder). Die laaste skyfie hieronder wys hoedat Paulus drie eienskappe van God gedemonstreer het in sy evangelieverkondiging en dat dit die manier was waarop hulle tot oortuiging gekom het om die woorde van God te ontvang en aangeneem het. Wanneer hulle deelneem aan die uitleef en verkondiging van die evangelie, moet dié eienskappe ook deel wees van hulle lewens.  

  1. Paulus praat in hierdie gedeelte oor sy uitleef van die evangelie teenoor die gemeente en roep daarmee die gemeente op om die evangelie ook so teenoor mekaar uit te leef. Watter negatiewe maniere wys hy in hierdie gedeelte af? (Vleitaal [verleiding en misleiding], Hebsug [selfbevoordeling, wat is in dit vir my] en soeke na mense eer [eie eer, bybedoelings]. Hiermee is Paulus besig om die negatiewe gevolg van enige negatiewe, valse en onopregte lewenshouding teenoor mekaar en mense buite die gemeente uit te wys. Wanneer ons so optree is God nie daarin nie en sal die evangelie geen krag tot verandering in mense se lewens hê nie.)
  2. Wat is die positiewe eienskappe wat hy wil aanmoedig? (Paulus gebruik die voorbeelde van hoe hy na die gemeente gekom het: soos ‘n baba, ‘n ma en ‘n pa. Die rede vir hierdie voorbeelde is om daarmee die positiewe eienskappe van die drie voorbeelde mee te beklemtoon. ‘n Baba kan nog nie voorgee nie en is daarom net opreg, eerlik met ‘n stuk openheid. So moet gelowiges teenoor mekaar en die mense buite die gemeente optree; ‘n Goeie ma se sagte liefde en sorgende hart het ‘n enorme uitwerking op haar kinders. Sy sal ook haarself opoffer of tekort doen om haar kiders se onthalwe. So sê Pauls  moet gelowiges teenoor mekaar optree en veral teenoor mense buite die kerk; ‘n Goeie pa tree positief opbouend teenoor hulle kinders op en sal hulle daarom bemoedig en aanspoor. So moet gelowiges teenoor mekaar en mense buite die gemeente optree.)
  3. God kom veral na kinders deur hulle ouers in hulle grootword jare. Dit is die eerste en primêre manier hoe ‘n kind in aanraking kom met die evangelie (die goeie nuus van Jesus). God kom ook deur gelowiges na mekaar. Watter implikasie het Paulus se boodskap aan die gemeente in Tessalonika vir ouers en gelowiges se optrede teenoor mekaar? (God het ‘n saak met ons optrede teenoor mekaar. Hy wil hê dat ons die negatiewe maniere (dikwels gewoontes) waarop ons dikwels teenoor mekaar optree aktief moet afleer, want dit het die gevolg dat mense die evangelie en ook vir God afwys. Dit het ook die gevolg dat dit verhoudings breek of vernietig. In die plek daarvan wil hy hê ons moet aktief daaraan werk om op ‘n positiewe manier teenoor ons kinders, die kinders van ons gemeente en teenoor ons medegelowiges en die mense buite die gemeente op te tree. God is daarin wanneer ons so optree en dan het die evangelie nie net ‘n positiewe uitwerking in ons eie lewe gehad nie, maar kan dit ‘n positiewe uitwerking op ons kinders en medegelowiges ook hê. Dit sal ook maak dat verhoudings opgebou sal word.)
  4. Leef dit – Hoe kan ons mekaar help om die negatiewe maniere en gewoontes wat ons het teenoor mekaar af te leer en in die plek daarvan positiewe maniere en gewoontes aan te leer? (Kom ons maak saam praktiese planne om mekaar hierin by te staan. Julle kan selfs iets in die huis opsit om julle te herinner daaraan. Ouers moenie dink dat dit hulle gesag gaan aantas as ons miskien saam besluit om mekaar gereeld te herinner dat ons positief moet optree teenoor mekaar. Dit sal dalk makliker wees as ons saam een keer per dag of per week reflekteer/ terugkyk en vir mekaar uitwys en saam besluit om daaraan te werk. Wanneer ‘n kind dan aan ons iets uitwys, mag ons dan ook nie negatief of selfregverdigend reageer of dit afwys nie. Juis in die aanvaarding en verskoning vra, lê’n baie groot leermoment vir almal en dit bou eerder verhoudings as wat dit verhoudings verswak. Dit kan ook baie spesiaal wees as die gesin of huismense saam vir hulle ‘n visie of droom opstel en mekaar gereeld aanmoedig om die droom waar te maak. Tessalonisense 2: 4 kan miskien help om so ‘n droom of visie te verwoord.)
  5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel af met gebed. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om raak te sien waar julle Hom die afgelope dag lewend gesien werk het. Bid ook dat die Here julle sal help om regtig elke dag die negatiewe maniere hoe julle teenoor mekaar en mense buite die kerk optree, raak te sien en af te leer en ‘n positiewe manier aan te leer.

Week 12 – Sondag 19 Mei 2019

                                             3-Kruis Huiskonneksie                                                 

Sondag 19 Mei 2019

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan die vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar. Volgende week gaan ons die 7 dag Paasfeesuitdaging in die 3-Kruis huiskonneksie doen. Meer inligting sal volg.

Teksgedeelte: 1 Johannes 1:5-2:6

Johannes skryf hierdie brief waarskynlik vir die gemeente in Efese. Daar is in die gemeente mense wat begin glo het (waarskynlik agv dwaalleraars) dat Jesus nie regtig mens geword het nie en dat Jesus daarom nie die Christus was nie. Dit het meegebring dat hierdie gelowiges ‘n lewe begin leef het wat nie geklop het met die boodskap van die evangelie nie en dat sommige hulleself hoër as ander beskou het en ‘n selfregverdiggende lewenshouding begin inneem het. Johannes se skrywe het dus ten doel om die verkeerde denke aan te spreek, maar ook om te wys hoe  die leefstyl van die gemeente die kragtigste stuk getuienis is dat Jesus wel God is en teenwoordig is in en deur die gemeente. Miskien het ons nie vandag dieselfde denke as wat die dwaalleer van daardie tyd nie, maar dit is we waar dat ons vandag al te maklik leef asof ons geloof en ons lewe niks met mekaar te doen ehet nie en dikwels ook baie selfregverdigend optree in ons naaste verhoudings en dit eintlik niks anders is as ‘n stuk selfverheffing nie.

In ons teks gebruik Johannes dan ‘n eenvoudige beeld van lig  en donkerte om te beskryf hoe Jesus se koms na die aarde met lig vergelyk kan word: “God is Lig, en daar is geen duisternis in Hom nie”. Waar bv. die son skyn, verdwyn die duisternis. Die son gee lig, lewe en groei – net so het Jesus lig, lewe en groei gebring na mense op die aarde.  Johannes is dus besig om in ons teks (en die hele brief) te skryf oor die implikasie van Jesus se koms na die mens. Die teks net voor ons teksgedeelte het juis gehandel oor Johannes wat sy gemeente wil oortuig daarvan dat Jesus wel mens was, want hulle (die dissipels) het Hom gesien, Hom gehoor en aan Hom gevat. Die doel van sy ‘verkondiging’ het Johannes daar beskryf, is: ”sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê” (1 Joh.1:3).  Wat gebeur dan in ‘n mens se lewe wanneer jy ‘aan Jesus se gemeenskap deel het’ (in verhouding met Hom lewe)?

Ons teks handel spesifiek oor die tema van sonde in jou lewe. Die eerste gedeelte van ons teks is opgebou uit drie pare sinne. Elke paar word ingelei met: “As ons beweer…” (6,8,10) en vorm dan ‘n teenstelling met die tweede tweede sin van elke paar, wat ingelei word met: “Maar (en) as ons…” (7,9,2:1). Die eerste sin van elke paar beskryf dan die bewerings van die verkeerde denke (dwaalleer) en die tweede sin van eke paar beskryf hoe iemand wat werklik in gemeenskap (in verhouding) met Jesus lewe se lewe behoort te wees (vergelyk onderstaande skyfie om alles wat hierbo geskryf is te sien. Die twee sirkels sal in die vrae hieronder verduidelik word.

 

  1. Volgens die eerste van die pare sinne (6-7) – wat word teenoor mekaar gestel? Hoe lyk iemand se lewe dus wat in ‘n verhouding met God lewe? (In die brief van Johannes beskryf hy die lewe van iemand wat in die lig lewe en iemand wat in die duidternis lewe op so manier dat ons dit met twee sirkels kan vergelyk wat mekaar uitsluit. Jy kan nie sê dat jy in die lig lewe maar dade doen van die duisternis nie. Miskien skrik jy ook nou, want jy besef dat jy tog nog sonde doen. Ons sal in die volgende punt sien dat Johannes dit weet, maar tog duidelik wil maak dat jou lewe nie totaal en al in die duister kan wees nie. Dade van die duisternis word gekenmerk deur leuns, vrees, sonde en haat. Al hierdie goed vat iets weg van iemand anders of sluit iets toe. Wie in die lig lewe het eienskappe van die lig dit is eienskappe soos waarheid, regverdigheis, Liefde, lewe en hoop. Hierdie eienskappe sluit iets oop vir mense of gee lewe en hoop. Wie in die lig lewe leef soos Hy (Jesus) in die lig is [vers 7 &2:6]. Skeinheiligheid word dus teenoor integriteit en egtheid en gehoorsaamheid aan die woord gestel.)
  2. Volgens die tweede van die pare sinne (8-9) – wat word teenoor mekaar gestel? Hoe lyk iemand se lewe dus wat in ‘n verhouding met God lewe? (Wie in die lig lewe kan ook nie sê dat hy geen sonde het nie. Met die eerste oogopslag lyk dit of Johannes die teenoorgestelde sê as wat in die vorige twee verse gesê is. Hier gaan dit oor ‘n selfregverdigende houding [altyd ‘n rede hoekom jy gedoen het wat jy gedoen het, sonder om ooit jammer te sê] wat op so manier praat en redeneer asof hulle nooit iets verkeerd kan doen nie wat teenoor ‘n eerlike en opregte verhouding met God gestel. Die punt wat Johannes wil maak – as ons dit met ‘n huweliksverhouding vergelyk – wanneer jy jou maat seer maak, besef jy dat jy verkeerd optree en vra vergifnis. Jou ‘seermaak’ maak nie dat jy nou skielik in die donker sirkel is nie, maar dat jy insig het en vrymoedigheid het om vergifnis te vra. ‘n Kind van God het vrymoedigheid omdat hulle weet Christus se kruis en opstanding – sy lig – beheer nou ons lewens.  )
  3. Volgens die derde van die pare sinne (10-2:1) – Hoe lyk iemand se lewe dus wat in ‘n verhouding met God lewe? (In ‘n sekere sin wil hierdie verse presies dieselfde as die vorige paar sê, maar amper uitwys dat die een lei na die volgende: van skynheiligheid tot selfregverdiging en dan na ‘n lewenshouding dat jy heiliger as ander is. Hier roep Johannes sy gemeente op om eerder ‘n lewenshouding van nederigheid aan te leer. Al drie hierdie pare sinne wil duidelik maak dat jy nie kan sê dat jy  kind van God is en nie omgee hoe jy leef nie. Al drie wil ook sê kinders van God maak erns om die sonde en verkeerde dinge in hul lewe te beeindig en neem deel aan die heelmaak van Jesus en nie aan die stukkend maak van die samelewing nie. Al drie wil ook reageer oor die vrymoedigheid wat ‘n kind van God het om na God toe te gaan, want Jesus is ons voorspraak by ‘n Vader en nie voor ‘n regter nie. Wanneer ‘n kind in opregtheid na ‘n goeie ouer kom  en vergifnis vra, sal ‘n ouer mos nie anders kan as om te vergewe nie, daarom kan ons mos met groot vrymoedigheid voor od lewe.)
  4. Leef dit Dink bietjie prakties hoe ons as gesin mekaar kan help om van kleins af aan te leer hoe om i.) nie skynheilig te wees nie (om te sê jy is ‘n kind van God, maar dinge te doen wat nie pas by ‘n kind van God nie), maar ‘n egte deursigtige verhouding met die Here te hê; ii.) nie ‘n selfregverdigende lewenshouding te hê, so asof ons nooit foute maak nie, maar eerder ‘n eerlike en opregte verhouding teenoor mense en die Here te hê; iii.) Nie ‘n lewenshouding te hê dat ek Heiliger as ander is nie, maar eerder ‘n lewenshouding van nederigheid te handhaaf. ‘n Belydenis dat ek ‘n kind van God is, sonder ‘n konkrete stryd teen die sonde en daadwerklike beoefening van liefde teenoor ander gelowiges is abstrak, niksseggend en lewensgevaarlik!
  5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel af met gebed. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om raak te sien waar julle Hom die afgelope dag lewed gesien werk het. Bid dat die Here julle sal help om regtig elke dag te leef in ‘n egte, eerlike en nederige verhouding met Hom.

Week 11 –  Sondag 28 April 2019

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 7 April 2019

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan die vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar. Volgende week gaan ons die 7 dag Paasfeesuitdaging in die 3-Kruis huiskonneksie doen. Meer inligting sal volg.

Teksgedeelte: Johannes 21:1-22

Johannes 21 gaan nie net oor die historiese feite en vertelling van Jesus wat aan sy dissipels en spesifiek aan Peterus verskyn het en die groot visvangs by die see van Tiberias nie. Dit gaan veral ook oor die roeping van die kerk en waarmee die kerk haarself moet besig hou na Jesus se kruis en opstanding. Dit wil spesifiek help hoe die kerk moet leef wanneer Christus nie meer lewend en sigbaar teenwoordig is nie. Die teks begin waar die dissipels terug is in die werkikheid. Hulle vang nie net sommer weer vis vir die lekker nie. Die manier waarop Johannes dit beskryf, wil hy vir ons duidelik maak dat hulle na drie jaar saam met Jesus en nou na sy dood en opstanding – ten spyte van al Jesus se opdragte, weer moet aangaan met hulle lewens. Die leegheid, onsekerheid oor hulle  toekoms en wanhoop word in vers 3 en 4 met woorde soos nag, niks en nee bekemtoon. Hulle is so opgeneem deur hul wanhoop, dat hulle Jesus glad nie herken het nie. Alhoewel Jesus se opdrag om die nette aan die regterkant uit te gooi hulle waarskynlik ontstel het, gooi hulle die nette weer uit, want miskien sien die man iets van die kant af wat hulle nie sien nie. Wanneer hulle die groot klomp vis vang gaan hulle oë oop. Nou maak die leegheid plek vir oorvloed,  opgewondenheid en hoop in vers 6. Die net is vol! Skielik sien hulle nie net die baie vis in die net nie, maar besef dat die vreemdeling Jesus is en onthou hulle skielik ‘n vorige geleentheid (Lukas 5:1-11): i) waar hulle niks vis gevang het nie en Jesus ‘n soortgelyke opdrag gegee het en hulle baie vis gevang het en ii) waar Jesus hulle geroep het drie jaar tevore en vir hulle gesê het dat hulle nie meer vis sal vang nie, maar as hulle Hom volg, vissers van mense gaan wees. Dan nooi Jesus hulle om saam te kom eet. Van die ete val ‘n paar goed op: i) Ahoewel die vreemdeing/ Jesus vra dat die dissipels vis moet bring, is daar reeds vis op die kole en ook brood; Hy voorsien en versorg sy dissipels. ii) Iets van die ete is vir die dissipels bekend – dit herinner aan die wonderwerk van die vyf brode en twee vissies; iii) Niemand waag dit om Hom om sy identiteit te vra nie, want almal weet dat dit Jesus is. Iv) Hierdie ete herinner hulle ook baie aan die nagmaal. Daar vind ‘n stuk geoofsgemeenskap plaas tydens hierdie ete. Dan volg die merkwaardige gesprek tussen Jesus en Petrus waarin Jesus Petrus se roeping herbevestig in die 3 x vra of Petrus Hom liefhet en antwoord en dan telkens die opdrag om sy herdersrol weer op te neem. Daarna is daar ‘n profetiese woord oor Petrus  oor hoe hy sal sterwe en dan roep Jesus hom om Hom te volg. Natuurlik is dit wat met die dissipels gebeur in hierdie teks, presies dit waartoe Johannes sy gemeente en ons wil oproep.

  1. Onsekerheid en wanhoop oor die toekoms maak dikwels dat dit vir ons voel die lewe is nie meer die moeite werd nie. Hoe help Jesus se opdrag in vers 6Gooi die nette aan die regterkant van die skuit uitons wanneer ons so vasgevang is deur ons omstandighede?  (Mens kan dikwels in die lewe vasgedraai word dat mens nie agter kom dat jy oor en oor op diesefde manier dink of op die selfde manier kyk na omstandighede nie. Jesus se opdrag het alles daarmee te doen om die saak van ‘n ander kant af te benader, vanuit ‘n ander perspektief na die saak te kyk. In hierdie teks wil Johannes sy gemeente en ons verder ook leer dat wanneer ons die afwesigheid van God [die opgestane Jesus] beleef, mag dit ons lewens ook vul met wanhoop en leegheid. In sulke tye roep Hy ons ook op om nie so op die toekoms of op die verlede te fokus nie, maar roep Hy ons na die hede [die opdrag in die teks is in die hede tyd geskryf] toe. Verder leer hy ons om die vreemdelinge op ons pad raak te sien en te hoor wat hulle vir ons sê/vra.)
  2. Wat gebeur alles in die teenwoordigheid van die vreemdeling (Jesus)?(In ons teks sien ons dat, deur sy [die vreemdeling se] opdrag uit te voer, die dissipels se oog oopgaan in die teenwoodigheid van die vreemdeling. Dit maak hulle geloogsoë oop om Jesus te herken en bring hulle [veral Petrus] in beweging [verander hulle lewens tot vissers van mense]. Verder beleef die dissipels die versorging van Jesus as Hy vir hulle vis en brood gee om te eet. Ons sien verder ook ‘n stuk geloofsgemeenskap wat hulle beleef. Hiermee help Johannes sy lesers en ons om nie eers te wag dat ons Jesus lewend sien, voordat ons vir Hom lewe nie, maar dat ons sy opdragte uitvoer, dan sal ons Hom lewend sien [nie sien is glo nie, maar glo is sien]. Die kerk is nou Jesus se liggaam. Juis in die optrede van die kerk teenoor die vreemdeling wat ons pad kruis, maak Jesus lewend in ons wêreld. Uit die vis wat Jesus van sy dissipels vra, wil Johannes ons leer dat ons dit wat ons het [gawes, talente en middele] in God se hand moet sit om so mekaar as liggaam van Chistus te versorg en saam geloofsgemeenskap te beleef.)
  3. Wat maak Jesus se optrede teenoor Petrus so merkwaardig? (Die feit dat Jesus Petrus drie maal vra of hy Hom liefhet, gryp terug na die drie keer wat Petrus Jesus verloën het. Jesus kom nie met verwyte nie, maar besef dat Petrus met ‘n groot stuk selfverwyt lewe, daarom herstel Jesus Petrus deur sy vrae en opdragte. Petrus se slegte verlede word uitgewis en God herbevestig sy roeping om as herder vir God se skape op te tree. Wanneer Jesus direk na hierdie gesprek Petrus oproep met die woorde: “Volg My!” Is Hy juis besig om sy aanvanklike roeping hiermee te herbevestig. Jesus doen egter nog meer – Hy sê vir Petrus dat Hy voor hom sal uitgaan. Jesus stuur Petrus en vir ons nie na mense en plekke waar Hy nie reeds is nie. Jesus U gaan voor, ons sal in U spoor ….)
  4. Leef dit – Miskien kan julle die gedagte wat Sondag in die kindermoment gedeel is, bietjie verder bespreek. Ons het gepraat van die nuwe kunsvorm van ‘n “beautiful oops”. Dit is wanneer jy met jou kunswerk ‘n “oops” [flop, fout] gemaak het en iemand anders dan kom en iets heeltemal anders van die “oops”maak deur bv. die buitelyne van ‘n gesig en ogies, ‘n neus en hare te teken of bv. wiele en die buitelyne van ‘n karretjie ens. God het van Petrus se oops ‘n “beautiful oops” gemaak. Praat bietjie met mekaar hoe die Here “oopse” in julle lewens wil verander in “beautiful oopse”.
  5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel af met gebed. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om raak te sien waar julle Hom die afgelope dag lewed gesien werk het. Bid dat die Here julle sal help om raak te sien hoe Hy julle “oopse” wil verander in “beautiul oopse”.

Week 10 – Hierdie week skakel ons in by die 7 Dag Paasfees Uitdaging. Klik op die skakels van elke dag en jy sal daardie dag se uitdaging kry. Geniet dit.

Dag 1: https://www.coaching4enrichment.co.za/7-dag-paasfees-uitdaging/dag-1-die-gaan-woestyn-toe-uitdaging/

Dag 2: https://www.coaching4enrichment.co.za/7-dag-paasfees-uitdaging/dag-3-die-swaai-n-palmtak-uitdaging/

Dag 3: https://www.coaching4enrichment.co.za/7-dag-paasfees-uitdaging/dag-3-die-dek-n-tafel-uitdaging/

Dag4: https://www.coaching4enrichment.co.za/7-dag-paasfees-uitdaging/dag-4-die-wakker-bly-uitdaging/

Dag 5: https://www.coaching4enrichment.co.za/7-dag-paasfees-uitdaging/dag-5-die-gebreekte-eier-uitdaging/

Dag 6: https://www.coaching4enrichment.co.za/7-dag-paasfees-uitdaging/dag-6-die-maak-alles-donker-uitdaging/

Dag 7: https://www.coaching4enrichment.co.za/7-dag-paasfees-uitdaging/dag-7-die-wat-n-verrassing-uitdaging/

Week 9 – 2019 – Sondag 7 April 2019

                                                       3-Kruis Huiskonneksie                                                       Sondag 7 April 2019

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan die vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar. Volgende week gaan ons die 7 dag Paasfeesuitdaging in die 3-Kruis huiskonneksie doen. Meer inligting sal volg.

Teksgedeelte: 1Petrus 2:11 – 25 (Lees dit miskien in twee dele naamlik 2:11-17 en dan 2:18- 25)

Die hoofdoel van die brief van Petrus is om gelowiges wat verspreid gewoon het in die noordelike streke van Klein-Asië en wat ter wille van hulle geloof vervolg en onderdruk word, te bemoedig. As ‘n klein, onbeduidende en nou bedreigde groepie begin hulle die druk ervaar om hulle geloof en gepaardgaande leefstyl prys te gee en die lyding sodoende te probeer oorkom. Dit is heerteen dat Petrus hulle ernstig waarsku. Hy pleit dat hulle mekaar sal ondersteun, dat hulle sal volhard met goeie dade en met hulle getuienis na buite en, bo alles, dat hulle die lyding wat hulle aangedoen word, in ‘n ander lig sal beskou, sodat hulle aan die wonderbare hoop kan bly vashou.

Ons kan die boek in twee groot dele verdeel. Die eerste deel – hoofstuk 1 – 2:10 (1:1-2 inleiding; 1:3-12 oor geloof, hoop en liefde; 1:13 -2:10 ‘n oproep om heilig te lewe;), wat meer gaan oor waar die geloof vandaan kom en hoe dit werk en die tweede deel – hoofstuk 2:11 – 5:15 (2:11-4:19 oor die gelowige se gedrag, veral in lyding; 5:1-11 oor opregte diens in die gemeente en 5:12-14 die groete boodskap), wat handel oor die praktiese implikasie hoe geloof geleef moet word. Ons teksgedeelte val in die tweede deel en vorm ‘n baie belangrike deel van die oproep van Petrus. Ons het afgelope Sondag uit hierdie teks saam gedink oor die vraag: Hoe oorleef ons die verkiesing en daarna? Alhoewel Petrus se lesers nie in ‘n land geleef het waar hulle demokraties kon deelneem aan ‘n verkiesing nie (hulle het geen verkiesings gehad nie) en alhoewel hulle in ‘n land geleef het waar daar nie godsdiensvryheid was nie, is daar tog baie belangrike riglyne wat ons in die eerste brief van Petrus hoor wat vir ons kan geld in Suid-Afrika rondom en na die verkiesing.

Ons het Sondag aangesluit by een van my predikant kollegas, Ds Immanuel van Tonder, se oggendoordenking op RSG. Hy het die volgende beeld gebruik: As iemand ‘n groot vel wit papier vir jou wys wat ‘n rooi kol op het, en vir jou vra: “Wat sien jy?” Dan dink ek die meeste van ons sal antwoord: “Ek sien ‘n rooi kol.” Maar is jy seker dit is al wat jy sien? Is dit nie meer korrek om te sê: “Ek sien ‘n groot wit bladsy met ‘n rooi kol op nie”. Daar is ‘n interssante studieveld in die sielkunde en neurologie wat genoem  word negatiwiteitsvoorkeur. Dit beteken dat ons eintlik natuurlik geneig is om meer gewig te gee aan die negatiewe as aan die positiewe aspekte. Dink net as iemand vir jou beledig, hoe mens vir lank daarna daaroor dink en daaroor top, maar laat iemand nou net ‘n positiewe opmerking maak, dan vergeet ons dit maar al te maklik. Die nuus is ook ‘n goeie voorbeeld daarvan, dat as duisende dokters vandag goeie werk doen, gaan dit nie voorblad nuus wees nie, maar laat een nou net ‘n misstap begaan, dan is dit voorblad nuus. Hierdie manier van leef, negatiwiteitsvoorkeur, het ‘n groot impak op ons lewens.  Ek wil hierdie beeld nou gebruik om ons te help sien hoe die lewe en omstandighede in bv. ons land, veral rondom die verkiesing, en ander omstandighede, ons lewens beïnvloed en hoe Petrus ons oproep om daarop te reageer.

Wanneer ek so aangetrek word na die negatiewe goed,  is daar dus ‘n stroom van negatiewe goed wat in ons brein invloei. Dit neem alles later oor en ons brein sien later net die groot rooi kol. Dit maak dat ons heeltyd op gereedheidsbasis is om te reageer. Die mens se oerbrein neem dan oor en in ons oerbrein is ons geprogrameer om op een van drie maniere te reageer: veg, vlug of vries (ontrek). Wanneer ons dus met ‘n brein leef wat gevul is met al die negatiewe dinge van bv. ons land, dan skop hierdie natuurlike oerbrein-reaksies onmiddelik in werking. Dit is dan dat ons oorreageer op die taxi wat voor my inry, die persoon agter die toonbank van die e-tol of poskantoor of selfs my kollega, my vrou/man, kinders en al die mense wat die naaste aan my is. Ek sien heeltyd net die rooi kol en die kol word so groot dat ek die groot wit bladsy glad nie meer kan raaksien nie. Wanneer Petrus vir sy lesers en my en jou skryf, dan neem hy deeglik kennis van die rooi kol, maar hy wys ook op die groot wit bladsy. Hy help ons om, tmv die rooi kol in ons samelewing, te leef met ‘n groter bewustheid van die groot wit bladsy.

  1. Petrus begin hierdie gedeelte met ‘n sin (2:11a) waarin jy sy sorgsame hart hoor, maar ook sy meelewing met die gemeente oor die uitdagings waarmee hulle elke dag te doen het. Wat was die rooi kol (uitdagings) van hierdie gemeente? Wat was die groot wit papier (die sorgsaamheid) waarvan hy hulle wil bewus maak? (Die rooi kol [nav bo genoemde voorbeeld] of uitdagings was dat hulle gevoel het soos vreemdelinge en bywoners in hulle eie land. Hulle het dus gevoel soos mense wat slegs tydelike verblyfreg gehad het, wat die omgewing as baie vyandig beleef het [zenofobia]. Hulle het elke dag beleef wat minagting, verwerping en diskriminasie beteken. Hulle het elke dag onwelkom gevoel waar hulle ook al gegaan het. Hulle het dus gevoel soos mense sonder regte. Wat was die groot wit papier: Vir hierdie mense spreek Petrus aan as geliefdes. God het hulle uitgekies, skoongewas (2:24) end eel van sy gemeente gemaak [1:3-2:10). By God en by hulle medegelowiges word hulle met opregte agting hanteer – as mense wat volledig aanvaar word – mense met waarde. Hulle is dus mense wat erken en waardeer word en Petrus wil reg aan die begin van die praktiese implikasie van sy brief dit benadruk.)
  2. Binne hierdie omstandighede gee Petrus ‘n dubbele vermaning, eers negatief en dan positief. Wat was die twee vermanings en wat is die rede vir elkeen?(Moenie aan sinlike begeertes toegee nie en gedra julle altyd goed onder die heidene. Wanneer jy net op die rooi kol in jou lewe fokus, dan word dit nie net groter nie, maar jy voel oorweldig. Dan skop jou veg, vlug of vries [ontrek of konformeer] reaksie in. Dit is ‘n mens se natuurlike reaksie op trauma. Christus het ons van ons sinlike begeertes verlos en deelgemaak van sy kerk op aarde wat Hom nou op aarde verteenwoordig. Ek is nie meer die slagoffer van daardie ingebore gewoontes nie, maar in die plek daarvan het die Here vir my ‘n keuse gegee om te fokus op die groot wit papier en daarom die goeie lewenshouding. Sy doel daarmee is dat mense die voorbeeldige lewe kan sien en God kan verheerlik, nie noodwendig dadelik nie, maar eendag. Daar is nog ‘n rede: om die siklus van kwaad te deurbreek [15].  Wanneer iemand, soos almal gewoond is, aan hulle sinlike begeertes of natuurlike mens oorgee, dan beteken dit dat daar weer ‘n teenreaksie gaan wees. Deur goed te doen beeindig dit hierdie negatiewe siklus.)
  3. Hier rondom Paastyd dink ons aan Jesus, wat deur sy aardse lewe, die kruis en opstanding ‘n voorbeeld gestel het, sodat ons in sy voetspore kan volg (2:21). Jesus se fokus het Hom laat weggedraai van sy omstandighede en wat met Hom gebeur, na sy Vader se wil. Dit het Hom gehelp om ook sy gedrag te verander tot by die kruis. Hiermee het Jesus vir ons die negatiewe siklus van geweld, haat en vernietiging gebreek en ‘n nuwe moontlikheid oopgenreek.  Hoe sou jy uit hierdie gedeelte ‘n gedragskode vir ons sosiale en politieke lewe [ons elke dag se lewe binne ons konteks], op grond van Jesus se voorbeeld formuleer? (Vers 15 verwoord eintlik so ‘n gedragskode: “Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, ‘n einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat”. Hierdie vers moet saam met verse 21-24 gelees word. ‘n Gedragskode sal dan iets wees soos: Dit is die wil van God om, in die voetspore van Jesus, deur goed te doen ‘n einde te maak aan die kwaad in die wêreld.)
  4. Leef dit – Dink bietjie hoe jy/julle as gesin hierdie gedrgskode deel van julle eie lewens/ gesinslewe kan maak. Dink veral hoe julle julleself in die hitte van die oomblik gaan laat herinner om hierdie gedragskode te onthou en waar te maak in jou/ julle gedrag.
  5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel af met gebed. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om raak te sien waar julle Hom die afgelope dag sien werk het. Bid dat die Here julle sal help om hierdie gedragskode deel van julle lewe te maak.

Week 8 – 2019 – Sondag 10 Maart 2019

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 10 Maart 2019

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Lees Johannes 18-19:16 (Lees die teks oor 7 dae – 18:1-11; 28-32; 33-38; 39-19:3; 4-7;  8-10 en 11-16. Hanteer miskien net een van onderstaande vrae per dag.)

Johannes 18-19 beskryf die aanloop en verhoor van Jesus voor sy kruisiging. Ons het tot hiertoe stilgestaan by Jesus se 7 “Ek-is”-uitsprake. Deur hierdie uitsprake het ons gehoor Jesus kom wys vir ons wie God is en hoe Hy is. Hy wys hiermee ook dat Jesus God self is. Die laaste hoofstukke van Johannes beskryf die hofsaak waarin Jesus verhoor word en Pilatus Hom vra of Hy die koning van die Jode is. Jesus verduidelik dat Hy wel ’n Koning is, maar dat sy koninkryk nie soos ander aardse koninkryke is nie. Ons sluit dus hierdie reeks en kwartaal af met Jesus se verduideliking oor wie Hy is. Dít word al duideliker soos Pilatus rondskarrel. Pilatus het wel mag en gesag in Jerusalem, maar God is in beheer en Jesus is die Koning.

Die drie keer wat Johannes die woorde: “Dit is ek” (“Ek is” in Grieks) tydens die inhegtenisneming gebruik, trek onmiddelik aandag en sê vir ons hier is iets anders besig om te gebeur. Jesus tree geensins soos ‘n slagoffer op nie, maar as iemand met Goddelike gesag. Dit is presies hoe Johannes oor Jesus praat tydens sy hele verhoor. Die verhoor word op so manier beskryf dat dit eintlik net een groot ironie is. Terwyl Jesus in die beskuldigings bank staan en verhoor word, is die mense om Jesus eintlik die skuldiges. Die rede hoekom Johannes die verhoor op die manier beskryf is om die gemeente vir wie hy skryf te bemoedig. Hulle het onreg, komplotte teen hulle, valse beskuldigings, verdraaing van die reg elke dag beleef. Vir hierdie mense wil hy hoop gee! Vir hulle wil Johannes help om die vraag te beantwoord: Hoe maak Jesus ’n verskil in ons wêreld?

Die Jode wou nie in Pilatus se ampswoning ingaan nie omdat hulle dan onrein sou word en nie aan die paasmaaltyd sou kon deelneem nie. Daarom is dit Pilatus wat heen en weer beweeg – dan binne by Jesus, dan buite by die aanklaers.

In die verhaal “hardloop” Pilatus heen en weer en sukkel om uit sy moeilike situasie te kom. Hy moet reg laat geskied, maar sy eie ambisie en vrees dryf hom. Hy wil nie in onguns by die Jode of die oppergesag in Rome kom nie. Op die ou end bevind hy Jesus onskuldig, maar gee hom tog oor aan die Jode sodat hulle Hom kan kruisig. In hierdie verhaal staan die aardse regbank (die staat) en die godsdienstige leiers in kontras met Jesus, die hemelse Koning – die Een wat die waarheid openbaar en wys wat dit beteken om in gehoorsaamheid aan God te doen wat die liefde vra.

  1. In die verhoor sien ons dat die Joodse leier ooglopend besig is met ‘n vooraf bekookte bedrogspul. Wat in hulle gedrag staan uit? En hoekom dink jy lê Johannes soveel klem daarop? (Die Joodse leier se gedrag word deur haat gedryf. 1.Hul verloor hulle eie sin vir oordeel [28] – wil seremonieel rein wees om aan Paasmaal deel te neem, maar vra ‘n imorele besluit om Jesus onskuldig te laat kruisig; 2. Hulle verdraai die aanklag drie keer [18:30 – misdadiger,19:7 – Hy sê Hy is die Seun van God, 12 – hoogverraad dus in verset teen die gesag van keiser; 3. Hulle verkrag elke beginsel waarvoor die Joodse geloof staan [19:15] as hulle sê hulle het nie ‘n koning nie, net die keiser, want hulle glo God is Israel se enigste koning. Johannes lê klem hierop omdat hy sy gemeente ook wil waarsku: Jy kan so gefikseer wees op jou waarheid en perspektief, dat jy God se waarheid miskyk. Daarom sy uitdaging aan hulle en ons: Sien jy nog Jesus raak vir wie Hy is?)
  2. Die magtige Pilatus (hy regeer namens die Romeinse keiser) word in hierdie verhaal as magteloos geteken. Waarin is sy magteloosheid sigbaar in hierdie teks en hoekom dink jy vind hy Jesus 3 keer onskuldig, maar lewer hom tog oor om gekruisig te word? Wat wil Johannes hierdeur vir sy gemeente sê?   (Dit is so ironies dat hierdie magtige man die een is wat rondhardloop tussen binne en buite sy huis. Dit is eintlik ’n sigbare teken van sy onbeholpenheid. Hy probeer ook heeltyd loskom van hierdie saak: probeer sy verantwoordelikheid skuif [31], Probeer dit ontduik [39], Probeer kompromieë aangaan [19:1], Hoop simpatie verander Joodse leiers se houding [19:4-5], dan, teen sy beterwete,  laat Hy Jesus kruisig! [19:16]. Amptelik vind hy Jesus drie keer onskuldig [18:38,19:4, 19:6] Hy het nie die durf om sy voet neer te sit nie, want hy word deur Jode afgepers! In vers 12 wys alles daarop dat as hy nie aan die Jode se versoek gaan toegee nie, dan gaan hulle hom by Rome verklaar en hy weet, dan gaan hy sy werk en sy posisie verloor as gevolg van twee vorige insidente en ‘n waarskuwing. Johannes skryf hierdie detail op so manier om sy gemeente te waarsku: moenie jou hoop bou op magstrukture, politieke sisteme of die regstelsel nie. Sit jou hoop op God en Hom alleen.).
  3. In ons teks is Jesus net drie keer aan die woord, maar duidelik die sentale figuur in die verhaal. In elk van die drie kere gaan dit oor ‘n stuk selfopenbaring. Hoe wil die drie momente van Jesus se selfopenbaring ons help om sien watter verskil Jesus in ons wêreld kom maak het en hoe vul dit ons lewens met hoop? (Die eerste van die drie geleentheide [18:5-11] is Jesus se selfopenbaring ‘n erkenning van sy armsalige afkoms [Ek is Jesus van Nasaret], maar dat Hy optree met Goddelike gesag [Hy deins nie terug nie, maar staan regop en tree op met koninlike gesag; Die tweede en derde kere is binne die verhoor eintlik twee ironiese optredes: Jesus word aangekla dat Hy sê dat Hy die koning van die Jode [19:14-15] is – maar Hy is dit, tree met gesag op en Hy verduidelik wat dit beteken [18:36-37]. Hy word aangekla dat Hy die Seun van God is [19:7] – maar sy optrede en sy verduideliking bevestig dat Hy die seun van God is [19:8 & 11]. Jesus help ons om regop te staan wanneer ons slagoffers is; Jesus wil ons die dimensie van sy koninkryk duidelik voor oë laat hou in tye van onreg en swaarkry en ons bewus maak dat Hy ons koning is en dat sy ryk nie met mag en vrees in bedwang gehou word nie, maar met liefde; Daarmee sit Jesus sy hele verhoor en ons lewens in die groter prentjie van God se beheer en groter plan. Jesus se verhoor is veronderstel om ‘n vernietiger van hoop te word, maar Jesus draai dit om in ‘n troonbestyging en ‘n pad van hoop. Die lam word nou gereed gemaak vir die offer, sodat die Paasmaaltyd kan begin. Vanuit die kruis en die opstanding, weet ons dat God juis hierdie gebeurtenis gebruik het om die mag van die mag te breek. )
  4. Leef dit – Kom ons beoordeel bietjie ons eie lewens. Dink bietjie saam oor ’n tipiese week en dag in jou lewe. Probeer bietjie van buite af na jou lewe kyk. Staan jy regop as jy die slagoffer van slegte goed is? Hou jy die koninkryksdimensie in gedagte en dat Jesus jou koning is wat met liefde wil regeer wanneer die lewe onregverdig is en jy valslik beskuldig word? Hou jy rekening met die gedagte dat God agter alle menslike verhale alle mag in die hemel en die aarde beskik? Hoe kan ons hierdie goed prakties uitleef elke dag? Hoe kan ons mekaar gereeld hieraan herinner?)
  5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om raak te sien waar julle Hom die afgelope dag sien werk het. Bid dat die Here julle sal help om gewoontes en praktyke in julle lewe in te bou wat julle lewens vorm tot sy eer.

Week 7 – 2019 – Sondag 3 Maart 2019

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 3 Maart 2019

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Lees Johannes 15:1-17

Johannes 15:1-17 kom voor in die tweede hoofdeel van die evangelie (Joh 12-21) wat beklemtoon dat Christus sy lewe aflê ter wille van die verlossing van sy volgelinge. Dit plaas dan ʼn besondere verantwoordelikheid op sy volgelinge om in sy voetspore te loop as mense wat verlos is. Johannes 15 beklemtoon dat Christus die werk van sy Vader kom doen het. Hy is die wingerdstok wat deur sy dood en opstanding ʼn betekenisvolle lewe vir sy volgelinge verseker. Die Vader is die boer, Christus is die wingerdstok. Maar nou kom die interessante! Die vrugte word nie aan die wingerdstok gedra nie, maar aan die lote. En Jesus se volgelinge is die lote wat die vrug van sy aardse bediening (veral sy sterwe en opstanding) moet oplewer en met die wêreld moet deel.

Johannes 15:1-17 bestaan uit twee duidelike dele wat ten nouste met mekaar verband hou. Die eerste deel (15:1-8) gebruik ʼn metafoor om aan te dui dat Jesus se volgelinge net betekenisvol kan leef as hulle in ʼn ware verhouding met Hom leef. Christus is die ware wingerdstok, die Vader is die boer, maar Jesus se volgelinge is die lote wat vrug moet dra. Die temawoorde van hierdie paragraaf is wingerdstok – loot – vrugte – woorde (soek die woorde en dink na oor elkeen se betekenis!) Vrugte kan net ontwikkel as die loot ingebed is in die wingerdstok en as dit nie net ʼn waterloot is nie. Die snoeiskêr wat die lote snoei sodat hulle vrug kan dra, is Jesus se woorde. Dit beteken dat almal wat gehoorsaam is aan wat Hy leer, vrugbare lote word. Die wat ongehoorsaam is, is waterlote wat afgesny en verbrand word. Daar is dus ʼn noodwendigheid. Wie na Christus se woorde luister, word daardeur reg gesnoei, sodat hulle vrugte kan dra.

Die tweede deel (15:9-17) is ʼn verduideliking of toepassing van die metafoor op Jesus se volgelinge (dit is die kerk!). Die temawoorde in hierdie paragraaf is opdrag/bevel – liefde (soek hierdie woorde en dink na oor wat dit beteken!) Die paragraaf verduidelik wat die vrugte is wat gelowiges moet dra, en dis eintlik eenvoudig: die vrugte is liefde. Hoe weet die wêreld dat ek ʼn kind van God is? Ek straal liefde uit! Hoe lyk daardie liefde? Dis totaal onselfsugtig. Dit is om in Jesus se voetspore te loop en bereid te wees om alles vir medegelowiges op te offer! Dit is wat Jesus ons beveel. Dit is die kenmerk van ʼn Christen. Om dit nou in moderne taal te stel – dit is ons “brand.” Dit is in hierdie konteks wat Jesus twee keer sê (vs 7, 16) dat die Vader ons sal gee wat ons vra. Dit beteken nie ek kan maar bid dat die Here my ʼn rooi Mercedes met ʼn afslaankap moet gee nie! Dit is ʼn selfsugtige gebed wat nie die koninkryk van God voorop stel nie! Maar as ek begin bid in ooreenstemming met God se wil, as my wil God se wil word, as ek die Vader se hartklop begin hoor, dan vra ek wat tot sy eer strek (15:8), dan leer ek om my wil deur sy wil te laat buig, dan word ek ʼn loot wat vrugte dra.

Dis ʼn belangrike tema. Johannes 15 staan in ʼn konteks waar Jesus sy dissipels voorberei op sy “weggaan” (14:1-14) en waar Hy inderdaad op die punt is om die kruisweg te stap (18:1-20:31). Wanneer Hy terugkeer na sy hemelse woning, laat Hy egter nie sy kerk alleen nie. Hy stuur sy Gees (14:15-31) om by sy kerk teenwoordig te wees. Maar dan moet sy kerk Hom in ʼn wrede en vyandige wêreld, waar haat hoogty vier (15:18-16:4) verteenwoordig. Hoe? Deur lief te hê! Paulus verwoord in Galasiërs 5:22-23 mooi wat Johannes in gedagte het: “Maar die vrug van die Gees is: liefde, blydskap, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.” Dis ʼn kind van God se brand. Is dit hoe jy lyk? Want net as jy so lyk, kan jy ʼn loot wees wat vrugte dra!

  1. Wat dink julle beteken dit dat Jesus die ware wingerdstok is vir ons as gelowiges in die werklikhede waarmee ons elke dag te doen het? (Ons is geneig om ons blind te staar teen die baie negatiewe goed wat ons lewe beïnvloed. Johannes wil hê ons moet ʼn groter werklikheid kan raaksien – die werklikheid dat God in ons lewe teenwoordig is, wat ons ook al beleef. Die implikasie van Jesus as wingerdstok is dat sy volgelinge die lote is wat vrugte moet dra. Die vrugte word in een woord saamgevat: liefde! Is dit jou brand, die kenmerk waaraan mense kan sien jy is ʼn kind van God?)
  2. Vir Johannes is verbondenheid aan en gehoorsaamheid aan Christus die absolute noodsaaklike voorwaarde vir ʼn lewe wat vrugte oplewer – dit is betekenisvol leef. Lees wee Johannes 15:1-17 en kyk hoeveel keer die temawoorde wingerdstok – loot – vrugte – woorde- bevel/opdrag – liefde daar voorkom. Wat leer ons hieruit oor hoe ʼn betekenisvolle lewe lyk? (Betekenisvol leef beteken nie om suksesvol of ryk of gesond of belangrik of aantreklik te wees nie. Betekenisvol leef beteken om God in ʼn wrede, haatlike wêreld te verteenwoordig en deur my liefdevolle teenwoordigheid ʼn verskil in mense se lewens te maak. Versprei ons liefde of haat?).
  3. Hoe wil die Here hê moet ek en jy reageer op hierdie teks? (Ons lewe word bepaal deur God se liefde vir ons en die liefde wat ons moet uitdeel aan ʼn honger wêreld. Niemand kan die werklikheid van ons omstandighede ontken nie. Johannes se gemeente kon dit ook nie doen nie! Hulle is immers vervolg en doodgemaak juis omdat hulle glo! Maar my verbondenheid aan Christus laat my lewe anders lyk en laat my anders dink en anders optree. Dit bring ʼn nuwe, diep, positiewe dimensie in my lewe in. Dit laat my liefde lewe!)
  4. Leef dit – Kom ons beoordeel bietjie ons eie lewens. Dink bietjie saam oor ’n tipiese week en dag in jou (julle) lewe. Probeer bietjie van buite af na jou lewe kyk. Jubel jy? Getuig jou lewe daarvan dat alles wat jy is en dink en doen gerig word deur liefde? Begin vandag om ʼn pad met die Here te stap wat jou uit gister en uit more in jou werklikheid ontmoet. Begin leef!)
  5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om raak te sien waar julle Hom die afgelope dag sien werk het. Bid dat die Here julle sal help om gewoontes en praktyke in julle lewe in te bou wat julle lewens vorm tot sy eer.

Week 6 – 2019 – Sondag 24 Februarie 2019

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 24 Februarie 2019

Teksgedeelte: Lees Johannes 13:1, 2, 4-5, 12-17, 33-35, 14:15-21, 23, 15:9-10, 17. (Die verse mag baie lyk maar deel dit op in korter eenhede. Lees by voorbeeld eerste dag tot 13:17, tweede 13:33-35, derde dag 14:15-21, vierde dag 14:23 en vyfde dag 15:9-17)

Ons het vorige week gesien dat Jesus sy dissipels voorberei op sy weggaan. Eintlik was Jesus se hele aardse bediening ingestel op hierdie voorbereiding. Johannes beskryf in sy evangelie dat dat niemand God nog ooit gesien het nie, maar dat Jesus Hom kom bekend maak het (Joh 1:18). Ons kan Jesus se aardse bediening as ‘n stroom beskryf wat uit die hemel kom en soos ‘n rivier gevloei het daar waar Jesus op aarde rondbeweeg het. Wie in hierdie stroom beland het se lewens het radikaal verander. Hierdie stroom het ook ‘n reuse effek op die wêreld se geskiedenis gehad. Ons kan hierdie stroom as Jesus se missie beskryf. God het Jesus gestuur om sy hart vir mense te kom wys. Jesus het sy dissipels in hierdie stroom ingetrek (so trek Hy ons ook vandag nog in hierdie stroom in) en so gewys wie God is en wat Hy besig is om te doen (Johannes 1-11). In die tweede gedeelte van Johannes se evangelie, wat Jesus se afskeid, kruispad, opstanding, hemelvaart en uitstorting van die Heilige Gees beskryf, is so half ‘n stroomversnelling. Hy berei sy dissipels voor om hierdie stroom van God se liefde (sy missie) voort te sit wanneer Hy weggaan (Joh. 20:21). Jesus het gekom om die wêreld te kom verander, maar nie met mag en geweld nie, maar met liefde. In bogenoemde teksgedeeltes wys en beskryf Hy dan hoe sy dissipels (sy kerk) hierdie missie kan voortsit. Die goue draad wat deur bogenoemde tekste loop is liefde. Hierdie liefde is egter nie ingestel op eie belange en selfbehoud wat deur mag en vrees bewerk word nie. Hierdie liefde is ingestel op die heelheid van mense en daarom fokus dit op ander se belange en vra ‘n gesindheid van selfopofferende liefde en diens. Omdat Jesus weet dat liefde nie ‘n gevoel is wat sommer so uit ons harte opspring nie, het Hy sy dissipels in die stroom van sy liefde ingetrek. Daar het Hy reeds en gaan Hy tot en met die uitstorting van die Heilige Gees hulle harte verander. Hy trek ons dus eers in sy liefde in voordat Hy ons stuur om ander met sy liefde lief te hê.    

  1. As die voete-was-gebeurtenis gesien kan word as ‘n voorbeeld van Jesus se gesindheid en liefde (stroom van God se liefde) – hoe sou jy Jesus-liefde beskryf ? (Liefde is nie net ’n gevoel nie, maar ‘n ingesteldheid en ‘n gesindheid teenoor mense – dit is om in jou hart geraak te wees, maar ook om dinge te doen! Liefde is om met God se hart teenoor mekaar en in hierdie wêreld te leef. Liefde is om nie net op jou eie belange te fokus nie. Liefde is om met God se oë te sien, met sy ore te hoor en met sy hart te voel. Liefde is dan om in mense se skoene te staan en melewing te ervaar met hulle. Liefde stop dan nooit net daar nie, maar beweeg verder om te doen wat nodig is vir die situasie!)
  2. Jesus se nuwe gebod in 13:34-35 kan letterlik soos volg vertaal word: “Hou aan om mekaar lief te hê soos ek julle liefgehad het, so moet julle aanhou om mekaar lief te hê. 35. Almal sal weet dat julle My dissipels is as julle aanhou om mekaar lief te hê”. Hoekom dink jy (julle) het Jesus so klem gelê op die feit dat hulle mekaar moet liefhê soos Hy hulle liefgehad het en dat hulle moet aanhou om mekaar lief te hê? (Liefde kom nie so natuurlik by mens op nie, maar word gebore in God se hart. Daarom trek Jesus ons eers in die stroom van God se liefde in. Dit gebeur wanneer ons Hom volg (ons glo). Sy Gees is dan in ons en leef deur ons (14:15-21 & 23). Om so in God se stroom te wees (vergelyk verlede week se stukkie), verander ons gesindheid en ingesteldheid. Binne hierdie stroom van God se liefde reageer ons anders op mekaar. Dit is vir Jesus belangrik dat sy dissipels in die stroom van God se liefde bly.  Eers dan is dit God se liefde wat in en deur sy dissipels vloei. Die gemeente vir wie Johannes skryf was vervolg en het ook gehoop dat dinge kan verander soos die dissipels in ons teks gehoop het. Johannes se aanmoediging is dat mag en geweld van doie owerhede se kant en vrees van hulle kant nie die dinge gaan verander nie, maar alleen wanneer hulle in die stroom van God se liefde bly. Hierdie onderlinge liefde sal mense op hulle pad aanraak. Die vroeë kerk was bekend daarvoor dat hulle in moeilike omstandighede aangehou het om liefde uit te leef teenoor mekaar (onderlinge versorging vgl.  ook Hand.2:43-47) en die mense wat uitgestoot is uit die samelewing. Hierdie gedrag van die vroeë Christene het ’n merkbare invloed gehad, sodat die owerhede later bang geword het vir die Christene omdat hulle getalle so dramaties toegeneem het.  So wil die Here vandag nog in moeilike tye ons herinner om nie na mag en geweld te gryp nie en om ook nie in die trunk van vrees terug te trek nie. Dit is slegs deur en in die stroom van God se liefde wat ek en jy en ons wêreld gaan verander.)
  3. Hoe kan ons vandag prakties hierdie liefde van Jesus uitleef? (Johannes spel nêrens in sy evangelie of selfs in sy briewe presies uit wat ons moet doen en wat ons moet ophou doen wanneer ons liefhet nie. Hy aanvaar liefde het ’n inherente wysheid om sensitief aan te voel wat die ander nodig het. Jy hoef liefde nie te reglementeer (vas te maak in wetjies en moets en moenies nie) – as dit eg is – doen dit spontaan die beste ding wat nodig is vir die situasie. God vra nie in die eerste plek dat ons ander moet liefhê nie, maar dat ons Hom moet liefhê en om Hom dan toelaat om deur ons ander lief te hê. Tog is Johannes oor een ding baie duidelik – liefde begin by mekaar (mede dissipels) die mense saam met jou in die stroom.  Miskien moet ons begin in ons huise: doen iets vir iemand in jou gesin/ ons gemeente wat daardie persoon nodig het sonder dat die persoon dit vir jou vra. Doen as gesin iets diensbaar vir iemand wat siek is, of bv. ’n baba ryker geword het of deur ’n moeilike tyd gaan.  Die Here sal jou oog oopmaak vir iets wanneer jou gesindheid reg is.)
  4. Leef dit – Kom ons beoordeel bietjie ons eie lewens. Dink bietjie saam oor ’n tipiese week en dag in jou (julle) lewe. Probeer bietjie van buite af na jou/julle lewe kyk. Word jou lewe deur liefde gedryf? Getuig jou lewe van ’n gesindheid wat nie selfsugtig is en net op jou eie belange fokus nie, maar selfopofferend is en op die belange van ander fokus? Besef dat jy is deel is van God se stroom van liefde, waarmee Hy jou en sy wêreld wil verander.)
  5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om raak te sien waar julle Hom die afgelope dag sien werk het. Bid dat die Here jou/julle harte en gesindheid sal verander en jou/julle oog sal oopmaak en jou sensitief sal maak vir mense wat sy liefde nodig het.

Week 5 – 2019 – Sondag 17 Februarie 2019

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 17 Februarie 2019

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Lees Johannes 14:1-14

Hierdie teksgedeelte val in die tweede hoofdeel van die Johannes evangelie. In die tweede helfte (Joh 12-21) word beklemtoon dat Jesus sy lewe aflê ter wille van die verlossing van sy volgelinge. Johannes 14 vorm die eerste deel van Jesus se afskeidsgesprekke wat van hoofstuk 14-17, waarskynlik in die bovertrek (waar Jesus die nagmaal ingestel het en sy dissipels se voete gewas het), plaasgevind het. Johannes 13 vorm die agtergrond van die afskeidsgesprekke. In hoofstuk 13 het Jesus nie net fisies sy dissipels se voete gewas nie, maar daardeur sy taak en doel en ook sy gesindheid (Hy het kom dien) opgesom en daarmee saam vooruit die betekenis van sy kruispad simbolies gedemonstreer. Net na die voetewas het Jesus aangekondig dat een van die dissipels Hom gaan verraai en een Hom gaan verloën. Die kersie op die koek was dat Hy aangekondig het dat Hy weggaan. Johannes 14 is dan die eerste deel waar Jesus sy dissipels voorberei op sy weggaan. Die nuus van Jesus se weggaan en sy aankondiging dat een van hulle Hom gaan verraai en een Hom gaan verloën, het ‘n diepe gevoel van ontsteltenis veroorsaak. Voeg daarby hulle skaamte oor die feit dat nie een van hulle die voete-was-ding wou doen voor die pasga nie, help ons om te verstaan waar die dissipels presies op daardie oomblik in hulle koppe was. Dis vir hierdie dissipels wat Jesus kom sê dat hulle nie langer moet ontsteld wees nie en dit is vir hiedie dissipels wat Jesus kom sê dat hulle moet aanhou glo in Hom. Daar is vandag ook verskriklik baie dinge wat in ons lewens gebeur wat ons by hierdie soort ontsteltenis en vrees uitbring. Daarom geld hierdie woorde vandag nog vir ons ook. Hierdie paar verse wil drie redes gee hoekom hulle (en ons vandag) nie langer ontsteld moet wees nie en moet aanhou glo: 1. Wat Hy nou gaan doen (kruispad – dood, opstanding, hemelvaart) is deel van God se groter plan – Hy gaan na die Vaderhuis toe om vir hulle (ons) plek gereed te maak. 2. Hy kom dan terug (uitstorting van HG & wederkoms) sodat Hy hulle (ons) kan neem om by Hom te wees (Letterlik staan daar: om van aangesig tot aangesig by Hom te wees – in sy teenwoordigheid en omhelsing). 3. Hulle kan ook daar kom: “Ek is die weg, waarheid en lewe…” Wie in Jesus glo, het toegang tot die ware lewe wat Jesus kom wys het. Dit is God se waarheid en hierdie waarheid bind ons aan die lewe (Ewige) wat God vir ons in Jesus kom wys het (Joh. 3:16). Hierdie woorde word nie net eendag waar by die wederkoms nie, maar Jesus deel dit met sy dissipels voor sy dood, dat hulle na sy dood, opstanding, hemelvaart en uitstorting van die HG nie in ontsteltenis in sak en as sit nie, maar juis dan aanhou glo!

  1. Wat was die rede vir die ontsteltenis van Jesus se dissipels? Hoekom dink jy was hulle so ontsteld? (Deel eers self julle gedagtes. Jesus se aankondiging dat Hy weggaan en die gebeure reg voor hierdie teks is die rede vir hulle ontsteltenis: hulle is dus hartseer oor slegte vooruitsigte – wat gaan van hulle word? Is dit nou die lewe? ons het alles verlaat met vooruitsigte van ’n goeie toekoms om nou te hoor Hy gaan weg; hulle is skaam a.g.v. hulle eie selfsugtige en trotse optrede by die voetewassing; hulle is radeloos en verward oor Jesus se aankondiging da teen van hulle Hom gaan verraai; hulle is wankelend in hulle geloof; hoe kan iemand wat oorgelewer gaan word die Mesias wees?)
  2. Hoe reageer Jesus op hulle ontsteltenis? (Hy sê hulle moet aanhou glo (vertrou), Hy gaan vir hulle plek maak in die Vaderhuis en dan kom Hy hulle haal. Wanneer hulle nie verstaan nie, verduidelik Hy alles met die “Ek-is”- uitspraak. Geloof is die dinamiese voortdurende aksie van ons as mense. Dit is om Christus se woorde te hoor (5:24), na sy stem te luister (5:25), van die lewende water te drink (4:14;7:37), van die brood van die lewe te eet (6:50,51,58), om na Hom te kom (5:40), ens. Geloof verbind ons aan die lewe. Geloof is dan die woord wat die band of  gemeenskap wat ons met die Vader in die Vaderhuis het, beskryf.)
  3. Wat bedoel Jesus met die woorde: “Ek is die weg, die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” (Dink net eers self oor hierdie sinnetjie. Jesus het gekom om die waarheid oor God en die lewe met alle mense te kom deel (Joh 316). Wanneer Hy dus sê ek is die weg, dan kom deel Hy dat Hy nie net gekom het om ons die weg te leer, op die pad te begelei of omdat Hy ’n nuwe weg/manier van lewe kom wys het nie (dit beslis ook), maar Hy is die weg (wie in Hom glo het toegang tot God en die ware lewe. Die waarheid van God gaan oor die feit dat alles wat Jesus oor God vir hulle gesê, wys en doen het, is waar; Dit gaan oor hoe God die mens kom bevry het van allees wat die sin van die lewe van ons kom steel het. Die lewe het nou alles te doen met die lewe wat Jesus vir ons kom wys het en kom moontlik maak het. Geloof in Jesus verbind ons nou aan hierdie lewe. Hy het gaan plek gereedmaak en toe in die gestalte van die HG na die aarde toe gekom en verbind ons voortdurend (geloof) deur die HG aan hierdie nuwe lewe. Lewe kry dus eers sin wanneer ek en jy voortdurend in hierdie lewnensgemeenskap met God lewe.)
  4. Hoe wil die Here hê moet ek en jy reageer op hierdie teks? (Ons lewe mag nie langer deur ontsteltenis en vrees bepaal word nie. Niemand kan die werklikheid van ons omstandighede ontken nie. Johannes se gemeente kon dit ook nie doen nie! Hulle is immers vervolg en doodgemaak juis omdat hulle glo! Maar geloof bring ʼn nuwe, diep, positiewe dimensie in my lewe in. God het vir ons plek by die Vader gaan gereedmaak. Hy bly deur sy Gees in ons. Deur geloof in Jesus het ons vrye toegang tot die Vader en so die lewe. Dit laat my in gemeenskap met die Vader lewe. Vanuit hierdie verbintenis vloei God se perspektief, hoop en nuwe lewe in ons lewens in.)
  5. Leef dit Kom ons beoordeel bietjie ons eie lewens. Dink bietjie saam oor ’n tipiese week en dag in jou (julle) lewe. Probeer bietjie van buite af na jou lewe kyk. Word jou lewe deur vrees en ontsteltenis beheer of deur die eenheid wat jy met God beleef? Getuig jou lewe daarvan dat alles wat jy is, dink en doen dat jy in en vanuit die teenwoordigheid van die Here lewe ? Jou Bybellees en bid behoort baie meer te wees as net ‘n plig wat jy nakom. Dit is die middele wat God wil gebruik om my en jou op ‘n dieper vlak in sy teenwoordigheid in te trek, sodat ons daar met sy oë na die lewe kan kyk en uit sy hart kan begin lewe. Begin leef!)
  6. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om raak te sien waar julle Hom die afgelope dag sien werk het. Bid dat die Here julle sal help om gewoontes en praktyke in julle lewe in te bou wat julle lewens vorm tot sy eer.

Week 4 – 2019: Sondag 10 Februarie 2019

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 10 Februarie 2019

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Deel hoogte- en laagtepunte; 2. Lees stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Lees Johannes 11:17-27

In die evangelie van Johannes verteenwoordig Johannes 11 die hoogtepunt van die eerste hoofdeel (Joh 1-11) wat daarop gemik is om die Johannese gemeente te oortuig dat Jesus Christus die Seun van God is. In die tweede hoofdeel (Joh 12-21) word dan beklemtoon dat Hy sy lewe aflê ter wille van die verlossing van sy volgelinge. Johannes 11 beklemtoon dat Christus mag het oor lewe en dood. Om dit op ʼn ander manier te stel: God wil hê ons moet lewe, en ons lewe – ons ewige lewe – is vas en seker. Die opwekking van Lasarus uit die dood is ʼn teken van die magtige teenwoordigheid van God te midde van die werklikheid van hartseer en siekte en dood en kommer en onsekerheid en twyfel (Joh 11:4, 40). Die lewe en werk van Jesus is die teken daarvan en die waarborg daarvoor. In hierdie verband speel Johannes 11:25-26 ʼn sleutelrol. Die twee verse sê drie belangrike goed. Die eerste is dat Jesus die opstanding is. Dit rig my lewe na die toekoms toe, want ek weet ek lewe, al sterwe ek ook. Die dood is nie die bepalende faktor in my lewe nie, maar die LEWE! Die tweede is dat Jesus die lewe is. Dit beteken dat my lewe staan in die teken van lewe, dat ek nou weet dat ek reeds die ewige lewe het, daarom kan ek seker wees dat ek in alle ewigheid nie sal sterwe nie! Die derde (en verskriklik belangrike!) boodskap is dat Christus net my waarborg vir opstanding en lewe is as ek glo. Geloof is die sleutel wat God se beloftes vir my waar maak en in my lewe laat realiseer. Wat God reeds vir my gedoen het, moet ek glo en my eie maak. Glo jy dit? (Joh 11:26).

  1. Wat dink julle beteken dit dat Jesus die opstanding en lewe is vir ons as gelowiges in die werklikhede waarmee ons elke dag te doen het? (Ons is geneig om ons blind te staar teen die baie negatiewe goed wat ons lewe beïnvloed. Johannes wil hê ons moet ʼn groter werklikheid kan raaksien – die werklikheid dat God in ons lewe teenwoordig is, wat ons ook al beleef. Opstanding en lewe moet my lewe definieer, nie dood en verval nie. Dit is belangrik om te onthou dat die Johannesevangelie een van die laatste boeke in die Nuwe Testament is. Christene is toe reeds ter wille van hulle geloof vervolg en doodgemaak. Dis in so ʼn konteks dat Johannes ons herinner dat Jesus die opstanding en die lewe is!)
  2. Vir Johannes is geloof die sleutel wat God se beloftes vir my oopsluit. Lees weer Johannes 11:25-27 en kyk hoeveel keer glo/geloof daar voorkom. Wat leer ons hieruit oor geloof en hoe kan ons dit in die praktyk toepas? (Dis belangrik om te onthou dat geloof nie gegrond is op my prestasies of my omstandighede nie. Geloof is om seker te wees van God, nie van myself nie. Geloof is om aan God te bly vashou, al stort my wêreld ook in duie. Geloof is om te weet Jesus is die opstanding en die lewe, en dit is op daardie fondament wat ek my lewe bou. My lewe is gewortel in die seker wete dat God in beheer is en dat Hy verlos).
  3. Hoe wil die Here hê moet ek en jy reageer op hierdie teks? (Ons lewe word bepaal deur opstanding en lewe, nie deur dood en verval nie! Niemand kan die werklikheid van ons omstandighede ontken nie. Johannes se gemeente kon dit ook nie doen nie! Hulle is immers vervolg en doodgemaak juis omdat hulle glo! Maar geloof bring ʼn nuwe, diep, positiewe dimensie in my lewe in. Dit laat my opstaan en lewe!)
  4. Leef dit – Kom ons beoordeel bietjie ons eie lewens. Dink bietjie saam oor ’n tipiese week en dag in jou (julle) lewe. Probeer bietjie van buite af na jou lewe kyk. Jubel jy? Getuig jou lewe daarvan dat alles wat jy is en dink en doen gerig word deur opstanding en lewe? Begin vandag om ʼn pad met die Here te stap wat jou uit gister en uit more in jou werklikheid ontmoet. Begin leef!)
  5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om raak te sien waar julle Hom die afgelope dag sien werk het. Bid dat die Here julle sal help om gewoontes en praktyke in julle lewe in te bou wat julle lewens vorm tot sy eer.

 

 

Week 3 – 2019: Sondag 3 Februarie 2019

                                                      3-Kruis Huiskonneksie                                                       Sondag 3 Februarie 2019

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle weereens aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Elkeen in die huis deel hoogte- en laagtepunte van die dag; 2. Lees die stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Lees Johannes 10:1-15

In die Ou Testament was die herder-beeld baie bekend. Die koning het dikwels bekend gestaan as ’n herder en die leiers is ook herders genoem. Die Here is alreeds in die Ou Testament ook ‘nherder genome. Die bekendste tekste oor herders in die Ou Testament is Ps. 23 en Esegiël 34. Hierdie week se Ek-is-die-goeie-herder-uitspraak van Jesus sluit aan by die Outestamentiese tekste en staan ook in ‘n baie noue verband met die vorige week se Ek-is-die-ingang-uitspraak. Die optrede van die herders en hul skape, wat bekend was by die hoorders, word weereens hier gebruik om te sê dat God vir sy mense is soos ‘n goeie en sorgsame herder teenoor sy skape.  Van hierdie Herder word die volgende gesê: i. Hy gaan in by die deur en word verwelkom deur die wagter (3); ii. Hy roep sy skape op hulle naam (3) en hy ken hulle baie goed (14,15); iii. Hy lei hulle uit (3); iv. Hy gaan voor hulle uit (4); v. Hy word herken en gevolg deur sy skape (3,4); vi. Hy verskaf toegang tot all seëninge (7-9); vii. Hy gee oorvloedige lewe (10, 27,28); viii. Hy lê sy lewe vir sy skape af (11,14); ix. Hy begelei sy skape (4) en vergader ook ander skape sodat almal een kudde kan word van een herder (16); x. Hy word liefgehê deur die Vader.

Van Jesus as goeie herder word drie dinge gesê waar Hy die teenoorgestelde is en optree as die Fariseërs en leiers (herders) van sy tyd: 1. In teenstelling met die Fariseërs wat as vreemdelinge (5) beskryf word, ken Hy sy skape. Hierdie ken is nie net ‘n kennis dra van hulle nie, maar ‘n dieper ken soos om in ‘n verhouding met hulle te hê, want Hy ken hulle op hulle name (3) en hulle ken sy stem (4). 2. In teenstelling met die Fariseërs wat as diewe en rowers (1,8,10) beskryf word, noem Hy sy skape sy eiendom (3,4,14). 3. In teenstelling met die fariseërs wat as huurlinge (12,13) beskryf word, het Hy sy skape lief tot die punt waar Hy bereid is om sy lewe lewe af te lê vir sy skape.

Die volgende karaktereienskappe van die skape word beskryf: 1. Hulle luister na die herder se stem, maar hulle luister nie na vreemdelinge nie (3-5); 2. Hulle volg die herder, maar hardloop weg van vreemdelinge (4,5); 3. Hulle gaan by die deur in, word op die manier gered, versorg en beskerm, maar hulle gaan ook uit en vind goeie weiding en kry lewe in oorvloed (9-10). 4. Hulle vind geborgenheid, sorg en liefde in ’n uitgelewerde wêreld (14). 5. Hulle (skape van ander kraal en hierdie kraal) word as kudde aan mekaar gebind (16).

  1. Die herders, heersers (kerk) in Jesus se tyd, het daarin misluk om sorgsaam, barmhartig en liefdevol teenoor die owerspelige vrou (Joh 8) en die blindgeborene en sy familie (Joh 9) op te tree nie. Jesus, daarenteen, betoon die Vader se genade aan hulle. Wat hoor ons van Jesus as goeie Herder in hierdie teks? (Laat almal saam dink oor wat die beeld ons wil help verstaan van wie en hoe God is. In bo genoemde paragraaf sal jy iets hiervan lees.)
  2. Hoe raak Jesus se herderskap ons lewe? (Miskien kan die vraag eers mooi hanteer word wanneer ons dinge in die lewe identifiseer waar ons ‘n herder nodig het. Hier kan veral gedink word aan dinge in die lewe wat oor ons pad kom wat ons laat vrees, stress, bekommer, paniekerig maak, angstigheid en depressie beleef. Dit bring dan gevoelens van alleenheid, onsekerheid, magteloosheid, uitgelewerdheid, oorweldiging, vrees en hooploosheid oor ons pad. Dit is juis hier waar Jesus se herderskap vir my en jou prakties wil help en nuwe hoop gee.)  
  3. Wat is die rol van die skape in hierdie teks en hoe kan ons dit prakties doen vandag? (Hierbo word in die laaste paragraaf na die karaktereienskappe van die skape verwys. Deel met mekaar hoe julle prakties hieraan uitvoering kan gee.)
  4. Wat is die implikasie van hierdie woorde van Jesus op ons gewoontes van elke dag? (Dink eers saam op julle eie hieroor. Hierdie gedeelte beskryf ‘n baie spesiale hegte verhouding en spesiale band wat daar tussen die herder en sy skape bestaan. Om so ‘n verhouding te kan ontwikkel vra tyd. Die gewoontes wat ontwikkel kan word om ‘n verhouding te laat ontwikkel en groei is volgens hierdie gedeelte om te luister, om Jesus te volg en om aan Hom verbonde te lewe as ons uit sy oorvloedige lewe wil ervaar.)

Leef ditLuister en volg het alles te doen met daagliks tyd maak om Bybel te lees en bid en daardeur die stem van die Here te leer ken. Om te doen wat Hy in sy Woord sê, het alles te doen met volg. Verhouding: Om bewustelik te onthou dat Hy by ons is en dat Hy soos ‘n herder by ons is en sy liefde en sorgsaamheid in ons laat invloei, het alles te doen met die oorvloedige lewe. Maak ‘n punt daarvan om elke dag hierdie week mekaar te herinner om Bybel te lees en te bid en om bewustelik – selfs met ‘n simbooltjie – te onthou dat Jesus as Hereder elke dag saam met julle is.

Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om raak te sien waar julle Hom die afgelope dag sien werk het. Bid dat die Here julle oog ooknsal oopmaak om te sien hoe Hy as herder by julle teenwoordig is/was elke oomblik van die dag en waar julle sy herderskap teenwoordig kan maak waar jy is.

Week 2 – 2019: Sondag 27 Januarie 2019

                                                    3-Kruis Huiskonneksie                                                      Sondag 27 Januarie 2019

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle weereens aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Elkeen in die huis deel hoogte- en laagtepunte van die dag; 2. Lees die stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Lees Johannes 9:34 & Joh. 10:1-10

Jesus is besig om die funksie van die tempel (kerk) en hoe ‘n verhouding met God binne die konteks van die tempel (kerk) behoort te werk. In hierdie gedeelte stel hy dan twee maniere van optree (twee groepe) teeonoor mekaar: Die Joodse leiers en fariseërs se manier aan die een kant en sý optrede en hoe Hy wil hê dat sy volgelinge dit moet benader aan die ander kant. Ons lees in die vorige twee hoofstukke (Joh. 8 en 9) hoe die Joodse leiers en fariseërs opgetree het teenoor die vrou wat op heterdaad in owerspel betrap is en hoe hulle die blindgebore man vir wie Jesus genees het, uitban uit die tempel omdat hy toegelaat het dat Jesus hom op die Sabbat genees. In beide gevalle kyk hulle net na die wet (owerspel = steniging en op die Sabbat mag niemand werk nie) en pas dit toe na die letter, maar die bedoeling van die wet (die herstel van ‘n sondaar en begeleiding tot ‘n oorvloedige lewe) word heeltemal buite rekening gelaat. Dit skep ‘n baie skewe beeld van wie God is en hoe Hy optree. Dit is hoe mense die tempel gesien en beleef het en dit is hoe mense vandag nog dikwels die kerk beleef. Jesus kom wys die alternatief.

Jesus vertel eers vir hulle ‘n bekende storie (10:1-5) van hoe dit werk wanneer herders hulle skape versorg. Herders neem hulle skape na ‘n klipkraal in die omgewing elke aand, sodat hulle beskerm kan wees teen wilde diere en diewe in die nag. Dikwels het ‘n klompie herders hulle skape saam in dieselfde kraal gejaag. Hulle slaap dan by die ingang van die kraal. Die volgende oggend het elke herder in sy eie rigting geloop en sy skape geroep en hulle het hom gevolg. Dan (10:6-10) pas Hy hierdie beeld toe op die tempel (kraal) wat moet dien as ’n veilige bymekaarkomplek vir mense wat aan Hom behoort (sy skape). Wanneer Hy sê dat Hy die ingang (hek, deur) is, dan wil Hy drie dinge daarmee duidelik maak: 1. Hierdie is ‘n uitnodigende ingang. Mense dink dikwels die tempel (kerk) is daar om mense uit te hou (soos Joodse leiers), maar dit is nie hoe dit moet wees nie. Die inhang wil innooi sodat mense nie die prooi word van wilde diere en roofdiere nie 2. Hierdie ingang wil sy skape veilig hou en beskerm. Heling, versoening, beskerming en oorvloed is die bedoeling van die tempel (kerk) en ‘n verhouding met God, nie veroordeling en vernietiging nie. ‘n Verhouding met God en die tempel (kerk) behoort die ruimte te wees waar mense dit kan beleef. 3. Die Herder lei sy skape elke oggend deur die ingang na goeie weiding, dat hulle oorvloed kan geniet. Dit werk nie soos wat die Joodse leiers doen deur mense te veroordeel en verban, sodat hulle daar buite uitgelewer is om van die krummels wat na hulle kant toe kom kan lewe nie, maar dat hulle deelgemaak word van die kudde en die goeie sorg van die Herder kan beleef. Volgende Sondag gaan meer fokus op hierdie laaste punt.

  1. Wat wil Jesus met die uitspraak – Ek is.. die ingang (hek of deur) – met ons deel? (Laat almal saam dink oor wat die beeld ons wil help verstaan van wie en hoe God is. In bo genoemde paragraaf sal jy iets hiervan lees [dit is genommer 1-3])
  2. Wat is dit wat maak dat jy onwelkom/welkom voel by iemand/in die kerk? (Hier is eintlik vier vrae in een. Vanuit die eerste opsies kan julle beweeg na die tweede opsies dws begin eers by welkom/onwelkom by iemand? dan welkom/onwelkom by die kerk? Hierdie vraag het alles te doen met menselike ervaring, maar help om die betekenis van die teks maklik te snap. Praat ook oor dit wat julle ervaar en hoor hoekom mense nie meer na ‘n erediens toe wil gaan nie.
  3. Wat kan jy/ons doen dat mense meer welkom by jou/ons voel wanneer hulle by jou/julle kom kuier/wanneer hulle erediens of kerk toe kom? (Hierdie is weer twee vrae in een. Begin eers met die eerste opsie: wat ons kan doen om mense meer welkom te laat voel as hulle by ons kom kuier? en dan die tweede:… erediens of kerk. Die vraag het dus nie regte of verkeerde antwoorde nie, maar vra na moontlikhede.)
  4. Wat is die implikasie van hierdie woorde van Jesus op ons gewoontes van elke dag? (Dink eers saam op julle eie hieroor. Hier is dit miskien belangrik om net voordat ons verder dink, eers te onthou dat kerk nie ‘n gebou is of dit wat rondom ‘n kerkgebou gebeur nie, maar dat elke gelowige kerk is en dat hierdie teks dus nie net verwys na wat alles by die kerk of erediens gebeur nie, maar na wat by en om my gebeur waar ek is elke dag. Dit beteken dat ek en jy nuut na onsself sal moet begin kyk – dat ons die plek op aarde is waar mense God kan vind. Dink saam oor watter gewoontes sal ons van nou af moet ophou en watter gewoontes sal ons van nou af moet deel maak van ons lewens.)

Leef dit – Miskien kan ons prakties raak deur te vra wat kan ons dus nou doen om God se uitnodiging na sy “kraal” te wees; Wat kan ons doen om mense in ons teenwoordigheid en by die kerk veilig te laat voel? die ruimte te skep dat hulle kan beleef dat hulle nie veroordeel word nie? en dat hulle God se heling kan ervaar? Wat kan ons doen om mense uit te nooi om agter Jesus aan te wil stap om sy oorvloed te ervaar. Hier kan mens ook prakties dink aan gewoontes wat ons het wanneer ons na ‘n erediens toe gaan, die manier hoe ons teenoor ander mense optree; hoe en of ons luister; ons liggaamshouding; ons woorde wat ons gebruik; die handelinge wat ons verrig ens.

  1. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om raak te sien waar julle Hom die afgelope dag sien werk het. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak vir geleenthede waar julle vir hulle kan wys dat Jesus die ingang is tot ‘n heel nuwe manier van lewe.

Week 1 – 2019: Sondag 20 Januarie 2019

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae. Ek moedig julle weereens aan om gebruik te maak van die Faith5-metode: 1. Elkeen in die huis deel hoogte- en laagtepunte van die dag; 2. Lees die stukkie in die Bybel; 3. Kyk of daar ’n verband is tussen ons hoogte- en laagtepunte en die teks (hier kan ook vragies wat weekliks gegee word, bespreek of oordink word); 4. Bid vir hoogte en laagtepunte (Hier kan die riglyn by die laaste vraag telkens gebruik word); 5. Seën of bemoedig mekaar.

Teksgedeelte: Lees Johannes 8:12 -20

Ons gaan die eerste kwartaal van 2019 kyk na Jesus se “Ek-is”-uitsprake. Met hierdie woorde verbind Johannes Moses se brandende doringbos-ervaring – waar God Homself met hierdie “naam” bekendgestel het – aan Jesus, met die die bedoeling dat Jesus waarlik God is. Johannes wil sy eerste lesers en ons verder help om te sê wie Jesus is, wat Hy kom doen het, watter implikasie dit op mense se lewens het en hoe dit die gewoontes van mense behoort te beïnvloed. In Hoorfstuk 1 het Johannes al geskryf dat niemand nog ooit vir God gesien het nie, maar dat sy Seun (Jesus) Hom bekend kom maak het (1:18). Die “Ek-is”-uitsprake vorm dan die kern van Jesus se bekendmaking van wie en hoe God is. Wanneer ons sulke tekste in die Bybel lees, moet ons onsself afvra: Hoe verander hierdie teks ons prentjie wat ons van God het? Hierdie is ‘n ontsettend belangrike vraag, want die prentjie wat ons van God het en hoe ons oor God dink bepaal hoe ons teenoor Hom gaan optree. So neem telkens ‘n tydjie nadat jy Bybel gelees het en vra: hoe wil hierdie teksgedeelte my prentjie van God uitdaag en verander?

Vorige week het ons gesien dat Jesus sê: “Ek is die brood wat lewe gee”. Daarmee verwys Hy na die honger (fisies en geestelik) wat in die wêreld is (soeke na die ware lewe) en dat Hy gekom het om brood te kom uitdeel (letterlike brood en figuurlike brood – sy liggaam), sodat die wat daardie brood wat Hy gebring het eet, nooit weer honger sal kry nie en die wat in Hom glo nooit weer dors sal kry nie (6:35). Wie hierdie brood wat Jesus kom uitdeel het eet (glo), se honger na God se wil en die ware lewe wat Hy vir mense wil gee, word so volledig versadig dat hulle, soos die vrou by die put, speekwoordelik hulle kruike (simbool van hulle lewe) net daar neersit en die ander mense gaan roep, sodat hulle ook kan kom (eet) en drink van sy lewende of leegewende water.                                                                                                                                                                                             

Afgelope Sondag het ons stilgestaan by: “Ek is die lig vir die wêreld”. Met hierdie beeld help Jesus ons om sommer ’n paar dinge van God beter te verstaan: 1. Soos wat die wolkkolom en die vuurkolom vir die Israeliete was, het God vir Jesus gestuur om sý teenwoordigheid en leiding by sy kinders te wees. Wanneer Jesus sê dat Hy die lig vir die wêreld is, bedoel Hy met die woord “wêreld” alle mense wat deel is van ‘n wêreld wat deur die sonde en die seer van die lewe donker gemaak is. Wanneer sy lig op enige iets val wat in die donker is, word dit onmiddelik verlig. Daarmee help die beeld van die lig ons om nog twee goed te hoor: 2. Sy lig (teenwoordigheid) ontbloot sonde en seer, maar dit 3. genees (verlig) ook die sonde en seer en 4. gee leiding (lig wys my die pad wat ek moet volg) vir die pad vorentoe. Dit is ook om hierdie rede dat Jesus onmiddelik na sy Ek-is-lig-uitspraak sê: “Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie….” Die effek van die lig is noodwendig, maar die effek vind slegs plaas wanneer mense vir Jesus volg (in Hom glo). Wie dus nie glo dat Jesus God se gestuurde (lig) is nie, beleef geensins God se teenwoordigheid nie en luister daarom nie na sy woorde nie en laat hulle nie oortuig deur sy dade nie en daarom beleef hulle nie sy vergifnis en genesing nie. Hulle is blind (9:39-41). Wie egter glo ’n Jesus sal nie net self beleef wat God se lig in sy/haar lewe doen nie, maar “sal die lig hê wat lewe gee”. Met hierdie woorde help Jesus ons om te verstaan dat ‘n sinvolle lewe eers moontlik is in die lig van Jesus, maar ook dat wanneer ons hierdie lig in die donker om ons reflekteer, dit ook vir ander lewe gee. Dit is met hierdie betekenis in gedagte dat Augustinus oor die kern van ons menslike identiteit die volgende laat gesê het: “U het ons vir U-self gemaak en ons harte sal rusteloos bly totdat dit rus vind in U.

  1. Hoe help die beeld van die lig ons om God beter te verstaan? (Laat almal saam dink oor die eienskappe van lig en lei dan daaruit af wat die beeld ons wil help verstaan van wie en hoe God is. In bo genoemde paragraaf sal jy iets hiervan lees [dit is genommer 1-4 – kyk na die onderstreepte gedeeltes])
  2. Watter effek het God se lig op en in ons lewens? (Kyk of julle dit self kan aflei uit dit wat julle hierbo geantwoord het en uit bo genoemde gekrewe gedeelte. God se lig maak ons bewus daarvan dat God altyd teenwoordig is; Help ons verstaan dat sy teenwoordigheid nie net wil veroordeel of verkeerde- en seerkry dinge [donker in ons lewens] sigbaar maak dat ons sleg kan sleg voel daaroor nie, maar wil dit juis genees; Sy teenwoordigheid wys vir ons die pad en wanneer ons in sy lig lewe, sal ons ware [‘n betekenisvolle] lewe ervaar en sal ons lewens God se lig reflekteer en op die manier sal God se lig lewe gee aan mense wat nog in die donker lewe rondom my)
  3. Wat is die implikasie van hierdie woorde van Jesus op ons gewoontes van elke dag? (Dink eers saam op julle eie hieroor. Hier kan baie meer gesê word as dit wat ek nou skryf. Ons dink nie altyd dat God by ons is nie en daarom kan ons die gewoonte aanleer om wanneer ons in die oggend uitstap uit die huis om spesiaal bewus te word van die son of bewus te word van die effek van die son en dan altyd daaraan te dink dat die son my herinner aan God wat soos die wolkkolom en die vuurkolom teenwoordig is en my wil lei; Ons kan elke aand oor ons dag terugdink en dan sien watter donker [sonde en seer] daar in ons lewens was en is en toelaat dat God dit in sy lig genees; Ons kan gereeld die Bybel lees, want die Bybel word ook beskryf as God se lig vir ons pad [Ps 119:105] en dan vra hoe help die gedeelte my om God se leiding raak te sien; Ons kan ook elke dag dink aan die donker [sonde en seer] wat ons hierdie dag teegekom het en dink hoe God se lig dit kan genees en dan dink oor hoe ons God se lig kan reflekteer in hierdie situasies. ens .)

Leef dit – Ouers, wil julle nie ‘n punt daarvan maak om julleself en  julle kinders te leer om gereeld net te gaan stil sit, oë toe te maak en te visualiseer  [verbeelding te gebruik] dat jy / hulle in God se teenwoordigheid instap en te beleef dat sy teenwoordigheid soos ‘n helder lig is wat hulle totaal en al omvou en elke stukkie donker om hulle verdryf. Help hulle ook om die donker [sonde en seer] wat hulle in hulle lewens beleef ook op dieselfde manier na die Here toe te vat in gebed en dan te dink hoe Jesus se lig hulle sonde skoonwas en genees.

  1. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak om raak te sien waar julle Hom die afgelope dag sien werk het. Bid dat die Here julle oog sal oopmaak vir sy lig wanneer dit donker word rondom jou agv omstandighede.

Week 31: Sondag 11 November 3-Kruis huiskonneksie

Week 30: Sondag 4 November 3-Kruis huiskonneksie

Week 29: Sondag 28 Oktober 3-Kruis huiskonneksie

Week 28: Sondag 21 Oktober se 3-Kruis-Huiskonneksie

Week 27: Sondag 14 Oktober se 3-Kruis-Huiskonneksie

Week 26: Sondag 16 September se 3-Kruis-Huiskonneksie

Week 25: Sondag 9 September se 3-Kruis-Huiskonneksie

Week 24: Sondag 2 September se 3-Kruis-Huiskonneksie

Week 23: Sondag 26 Augustus se 3-Kruis-Huiskonneksie

Week 22: Sondag 19 Augustus se 3-Kruis-Huiskonneksie

Week 21: Sondag 5 Augustus se 3-Kruis huiskonneksie

Week 20: Sondag 29 Julie se 3-Kruis-Huiskonneksie

Week 19: Sondag 22 Julie se 3-Kruis-Huiskonneksie

Week 18: Sondag 3 Junie se 3-Kruis Huiskonneksie

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 3 Junie 2018

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae (julle kan elke dag een vraag bespreek of van die vrae kies wat julle as gesin/huismense met mekaar gaan bespreek). Afgelope Sondag het ons by ons familiefees stilgestaan by Skepping-Sondag en saam met die kerk regoor die wêreld opnuut gekyk na ons verantwoordelikheid teenoor die skepping. LW. As gevolg van ds. Johan se verlof sal die volgende stukkie eers na die skoolvakansie (Week van 22 Junie) gestuur word.  

Teksgedeelte: Lees Genesis 2:15 & Levitikus 25: 1-10 & 23

Na aanleiding van ’n lied van Amanda Strydom, Stadig oor die klippers, waarin sy sing oor die slegte gevolge en negatiewe krag van kwetsende woorde, het ons Sondag gepraat oor kaalvoet loop. Hier is die lied:

Amanda se bedoeling met haar lied: As ons met mense werk, moet ons saggies trap. Ons moet eintlik ons skoene uittrek, want as ons kaalvoet loop, trap ons versigtig en stadig. Dit is nie net waar van mense nie. Dit geld ook vir hoe ons met ons omgewing en aarde werk. Ons moet kaalvoet loop in die wêreld. In ons tekste sien ons dat God eintlik al lankal wou hê dat mense kaalvoet moet loop. In Levitikus is Moses besig om God se bevele vir die volk te gee oor hoe hulle moet leef in die Beloofde Land Kanaän. Dit gaan in Hoofstuk 25 spesifiek oor hoe mense met grond moes omgaan en daarna moet omsien.

Stadig oor die klippers met die sweep wat klap dis ʼn weerlose siel waarop jy nou trap stadig met die angel  stadig met die gif  kierankies brand uit en die melk gaan skif

  1. Wat was die Sabbatsjaar en die hersteljaar hoe het dit die mense gehelp om met “kaalvoete te loop”? (Kaalvoet loop … is om te voel waarop jy loop. “Ses jaar kan julle saai en wingerde snoei en die opbrengs oes, maar die sewende jaar moet daar vir die land ʼn rustyd wees.” Ons ken die sabbatsgebod wat sê ses dae moet ons werk en die sewende dag moet ons rus. Hieragter sit die beginsel dat dit nie goed is om die hele tyd te werk nie, dat mens en dier ʼn ruskans nodig het. Dat ʼn mens beter werk as jy soms rus. Lees ons Eksodus 20, sien ons dat hierdie beginsel vir diere en mense geld. Is dit nie mooi dat Levitikus 25 ons herinner dat die grond ook behoefte het aan rus nie? Dat mense lankal weet wat ons blykbaar vergeet het: Jy kan nie aanhou uithaal en uithaal sonder om terug te sit nie. Ons kan nie aanhou en aanhou verbruik en gebruik asof die aarde ʼn onuitputlike bron is nie. God vra van sy mense verantwoordelikheid. Kaalvoet-mense leef in voeling met die grond en die omgewing en weet wat nodig is om dit te beskerm. Daarom kry ons die beginsel van die hersteljaar, wat sê daar kom ʼn tyd wanneer almal weer die kans gegee word om by nul te begin.)
  2. Hoe help vers 23 ons om anders oor die aarde te dink? (Kaalvoet loop … is om te weet jy loop op geleende grond. Vers 23 sê: “Geen grond mag permanent verkoop word nie, want die land behoort aan My.” Julle is bywoners, julle leen dit by My. Kaalvoet-mense weet hulle besit nie die aarde en die natuur nie; dit is nie hulle s’n om mee te mors of op te gebruik nie. Mense moet weet hulle werk met geleende goed en moet dit daarom oppas. Ons weet hoe ons voel wanneer ons vir iemand iets leen en hulle pas dit nie mooi op nie. Waarom lyk dit asof ons so maklik vergeet? Waarom leef ons asof ons dink die skepping is ons s’n? Op ʼn manier hoef ons nie sleg te voel nie, want dis nie asof die Israeliete hierdie beginsels ooit reggekry het nie. Die reëls het op papier gestaan, maar hulle kon dit nie in die lewe laat werk nie. Daarvoor was mense te gulsig, te gierig, te onsensitief. Dit beteken nie dat ons nou agteroor moet sit nie. Ons kan ook maklik sê dat ons eintlik nie ‘’n verskil kan maak nie, want dit is die groot nywerhede wat alles opmors. Dit mag waar wees, maar elkeen van ons kan en behoort saam te staan en ’n leefstyl aanpassing te maak om ons voetspore op die aarde kleiner te maak. Dit begin om die beginsel in hierdie teks te hoor en deel van ons lewens te maak. )
  3. Hoe kan ons vandag groter verantwoordelikheid neem vir ons omgewing en die aarde en leer kaalvoet loop op die aarde? (As gesinne kan ons gereeld hieroor praat (kweek bewustheid), saamwerk aan ’n spesifieke plan om bv. ons vullis te sorteer en moeite te doen om papier, glas ens. op regte plekke te bring waar dit hersirkuleer kan word. Belangrik om te onthou: wanneer ons hiermee besig is, is ons besig om die Here te dien en sy skepping te bewerk en te bewaar of op te pas. Hier is praktiese wenke hoe almal kan saamwerk:

•     Installeer ʼn sonverhitting stelsel indien enigsins moontlik – dit verminder ons gebruik van elektrisiteit wat in ons land met steenkool wat baie CO2 loslaat in die atmosfeer)

•     Herwin papier, glas ens.

•     Moenie onnodig ry nie – probeer saamryklubs stig en miskien moet ons, as dit veilig genoeg is, meer fiets ry.

•     Koop plaaslike produkte met minder verpakkingsmateriaal (polistireen ens.)

•     Begin jou eie groentetuin

•     Kyk met ander oë na bome, blomme en voëls – kweek ʼn bewondering by jou kinders of kleinkinders vir die skepping.

•     Kry ʼn stem – word deel van belangegroepe

•     Begin ʼn komposhoop of ʼn erdwurm plaas

•     Plant ʼn inheemse boom – die gemiddelde mens moet 16 bome in sy of haar leeftyd plant om die CO2 wat hy of sy vrystel uit te skakel

•     Gebruik gif wat omgewingsvriendelik is en nie sekondêre vergiftiging veroorsaak nie

•     Spaar water – stort; maak aanpassings in jou tuin soos om meer inheemse en water-wys-plante te plant, koop  tenks om reënwater op te vang of gebruik grys-water vir die tuin.

•     Spaar elektrisiteit – skakel ligte af; trek die proppe van apparate uit

4. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Deel elke dag met mekaar julle hoogte- en laagte punte en bid saam vir mekaar se hoogte- en laagte punte. Bid dat die Here julle oog sal oop maak waar julle elke dag ’n verskil kan maak.

 

Week 17: Sondag 27 Mei se 3-Kruis-Huiskonneksie

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 27 Mei 2018

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae (julle kan elke dag een vraag bespreek of van die vrae kies wat julle as gesin/huismense met mekaar gaan bespreek). Wat bely ons wanneer ons sê: “Ek glo aan ’n heilige algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges”? Miskien is hierdie woorde baie groot en verstaan ons dit nie regtig meer nie. Dit is dus nodig dat ons so bietjie hieroor verder moet praat.

Teksgedeelte: Lees 1 Korintiërs 12 : 12 – 27

Wanneer ons in die geloofsbelydenis oor die kerk praat, dan bely ons dat die vrug van Jesus en die Heilige Gees se werk in die kerk sigbaar word. Wie glo in Jesus Christus, word kerk genoem. Van hierdie kerk bely ons: 1. Daar is net een kerk (Ef. 4:4). 2. Hierdie kerk is heilig (heilig beteken dit behoort aan God, is eenkant gesit vir God, deur Jesus heilig [vergewe en skoon/ rein] gemaak en geroep om heilig [anders/ toegewy] te wees in alles wat hulle doen). 3. Die kerk is algemeen (dit gaan oor al die grense van die wêreld – oor grondgebiede en mensegroepe – terwyl daar dissipels van al die nasies gemaak word). 4. Die kerk is Christelik (dit is saamgebind in Jesus Christus, die Hoof van die kerk). 5. Hierdie kerk is die gemeenskap van die heiliges, dit wil sê, dit is ʼn byeenkoms of vergadering van almal wat in Jesus glo en deur Hom geroep (geheilig) is.

Die Bybel gebruik baie metafore om oor die kerk te praat soos bv. liggaam van Christus, bruid, familie, lewende stene, volk van God, Koninklike priesterdom en nog baie ander. Die metafore wil uit verskillende hoeke klem plaas op verskillende eienskappe van die kerk. In ons teks fokus ons op die kerk as liggaam van Christus. Ons is so gewoond aan hierdie beeld. Eintlik behoort hierdie beeld ons regop te laat sit. Jesus is nie meer op aarde nie. Die kerk is nou sy lyf op aarde!

  1. Watter eienskappe van die kerk word duidelik uit die liggaam-van-Christus metafoor? Hoe help dit ons vandag? (Die hoof klem wat Paulus hier wil maak is dat ’n verskeidenheid van ledemate moet saamwerk vir ’n gesamentlike doel. Natuurlik praat Paulus oor gawes hier, maar sy klem lê op feit dat mense [se gawes] van mekaar verskil en hierdie verskille mag ons nie uitmekaar dryf nie. Die liggaamsbeeld wil juis vir ons help verstaan dat verskille juis kan help om ’n gesamentlike doel te bereik. ’n Liggaam het ook ’n selfversorgingsfunksie en ’n uitvoerende funksie. So help hierdie beeld ons om iets te verstaan van die funksionering van die kerk. Hierdie beeld help veral wanneer diversiteit [mense wat verskillend lyk, dink, praat] in die kerk dreig om mense uitmekaar te dryf.)
  2. Die onderlinge spanning oor watter gawe die belangrikste is, het groot verdeeldheid en minderwaardigheid in die gemeente veroorsaak. Wat is vandag die redes hoekom mense minderwaardig in die kerk voel of hulself wil onttrek of net nie laat deel voel of deelneem nie? (Daar is seker baie redes wat maak dat mense minderwaardig in die kerk voel en wat veroorsaak dat hulle hulself wil onttrek. Ons het Sondag net op enkele redes gefokus wat te doen het met die liggaamsbeeld. i. Miskien is die mees belangrikste rede hoekom mense minderwaardig in die kerk voel niks met die ander lidmate te doen nie, maar met die huise waarin ons grootgeword het. Ons is negatief grootgemaak en ons moes heeltyd hoor ons kan niks doen nie. So persoon kom dan met ‘’n minderwaardigheid in die kerk in en voel minderwaardig en is dan altyd geneig om hom/haarself te onttrek. ii. Dit gebeur so maklik in die kerk dat sekere persone en gawes so belangrike plek inneem, dat “gewone” lidmate minderwaardig voel of voel dat hulle nie dáárby kan kers-vashou nie. Dit maak dat hulle passief bly of hulle mettertyd onttrek. iii. Miskien nog een van die groot redes vandag is dat ons nie ons eiewaarde/ identiteit in Christus verstaan nie. In die taal van die liggaamsbeeld – ons verstaan nie watter belangrike rol ons in die liggaam speel nie en onttrek dan maklik.)
  3. Die onderlinge spanning het ook daartoe gelei dat sekere groepe binne die gemeente selfgenoegsaam (ons-het-nie-ander-nodig-nie) begin optree het. Op watter maniere stoot ons vandag nog mense van die kerk af weg? (Weereens is daar meer redes as wat hier opgenoem kan word. Miskien is dit belangrik om te noem dat hierdie wegstoot soms bewustelik en soms onbewustelik gebeur. Nee, niemand sal aktief na iemand anders stap en hulle wegstoot nie, maar ek het die afgelope tyd beleef dat mense wat sterk oortuigings het en dit op ander wil afdruk, een van die grootste redes is hoekom mense weggestoot voel. Persone is dus baie bewus van hulle sterk oortuigings. Ek hoor dan mense sê die volgende: “as hierdie persoon nie hierby wil inval nie (so wil glo of doen nie) moet hulle maar gaan”. Dit gaan dan nie noodwendig oor wesenlike sake nie, maar oor randsake, sterk persoonlikhede en persoonlike oortuigings. Wanneer Paulus juis ná hierdie gedeelte praat oor die feit dat almal hulle op die liefde moet toelê, dan verstaan mens dat Paulus beslis hierdie manier van oortuigings-afdruk-op-ander in gedagte gehad het. Die onbewustelike maniere wat mense weggestoot is ook sekerlik ontelbaar, maar die mees algemene maniere wat voorkom is ‘click’-vorming sonder om ander te betrek en sommer net ‘’n gebrek aan aandag. Natuurlik kuier jy met mense wat jy ken. Die probleem kom wanneer iemand nuut of buite jou bekende groep, naby jou kom en jy hulle ignoreer of nie aandag gee aan hulle nie. Dit is dan dat iemand na twee Sondae sê dat hulle nie welkom voel nie.
  4. Paulus lê baie sterk klem op die onderlinge versorging binne die gemeente: Hoe kan elke huis hieraan deelneem – nie net op Sondae nie, maar ook in die week? (Dit is dalk belangrik dat ons onderlinge versorging nie net sien as iets wat by die kerk gebeur op ’n Sondag nie. In die vroeë kerk was die gemeente op mekaar aangewese vir oorlewing in ‘’n heidense omgewing. Daarom het gelowiges mekaar gaan op soek na werk en mekaar versorg. Vandag is daar baie gelowiges ook van ander kerke by ons werke. Dit maak versorging aan die een kant makliker, maar aan die ander kant moeiliker. Vers 26 is so duidelik in die verband.

Wat deelname aan hierdie versorgingstaak in ons huise betref: ons behoort gereeld in ons gesprekke as huismense te hoor van medegelowiges wat ons pad by ons kerk/ werk/ skool/ sport/ familie gekruis het wat swaarkry of spesiale prestasies behaal het of geprys is. Dit is dan wat ons mekaar moet aanmoedig om die ander persoon ‘se laste te dra’ in die mate waarin dit moontlik is. Ons kan ook saam as gesin bid vir hierdie persone en dit daagliks opvolg met direkte gesprekke of telefoonoproepe. Ook wanneer persone wat ons pad kruis geëer word, kan ons saam met hulle bly wees, daaroor bid en hierdie blydskap elke dag vier. Maak dit ’n gewoonte om die gebedslys van die gemeente op die wyse met mekaar te bespreek en daaraan aandag te gee.

5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Deel elke dag met mekaar julle hoogte- en laagte punte en bid saam vir mekaar se hoogte- en laagte punte. Bid dat die Here jou elke dag daarvan bewus sal maak dat jy ’n ledemaat van sy lyf op aarde is. Vra die Here ook om jou oog oop te maak wie en hoe jy medegelowiges kan help versorg.

 

Week 16: Sondag 20 Mei-se-3-Kruis-Huiskonneksie

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 20 Mei 2018

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae (julle kan elke dag een vraag bespreek of van die vrae kies wat julle as gesin/huismense met mekaar gaan bespreek). Dit was afgelope Sondagoggend die afsluiting van ons Pinkster-reeks uit Jakobus. Tog het die kinders by hul kategese stilgestaan by die koms van die Heilige Gees.

Teksgedeelte: Lees Johannes 14 : 1-4, 16 – 20 en 22 – 26.

In die geloofsbelydenis staan daar slegs een sinnetjie oor die Heilige Gees: “Ek glo in die Heilige Gees.” Dit mag dalk klink of die geloofsbelydenis die Heilige Gees afskeep. As mens egter mooi kyk, dan sien jy dat hierdie artikel die res van die artikels inlei. Alles wat dus volg na hierdie woorde het te doen met die werk van die Heilige Gees. Ons sê Ek glo in die Vader, in Jesus Christus en in die Heilige Gees. Daarmee sê ons dat ons in God glo. Wanneer ons egter vêrder ons geloof verwoord glo ons aan ’n heilige algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges ens. Ons bely dus dat die Heilige Gees die nuwe manier is waarop God, ná Jesus se lewe op aarde, by ons teenwoordig is.

Die eerste paar verse van ons teks sê Jesus vir sy dissipels dat Hy vir hulle ‘n plek gereed gaan maak. As ons dít lees dink ons gewoonlik dat Jesus vir ons gaan plek gereedmaak in die hemel en dat Hy dan by die wederkoms ons kom haal om dan by Hom te wees. Die woord wat met “plek” vertaal is, moet eintlik nie met plek vertaal word nie, maar eerder met verposingsruimte in die teenwoordigheid van God. Jesus sê dus dat Hy vir sy dissipels (en ons) ’n posisie in die teenwoordigheid van God gaan gereedmaak. Dan sê Hy gaan Hy terugkom, nie eendag by die wederkoms nie, want hoor wat sê Hy: dan “sal (Ek) julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is”. As ons na hierdie hele gedeelte kyk, dan sien ons dat Jesus met die “terugkom” nie na die wederkoms verwys nie, maar na die uitstorting van die Heilige Gees. Jesus kom dus in ’n ander gestalte en bring dan die “plek wat Hy voorberei het” (verposingsruimte in die teenwoordigheid van God) na die aarde toe, sodat sy dissipels (en ons) in God se teenwoordigheid kan wees.

1.In ons teksgedeelte vertel Jesus, voor sy dood, vir sy dissipels dat hulle nie moet ontsteld en bang wees nie, want Hy sal hulle nie as weeskinders agterlaat nie, maar hy sal die Vader vra en Hy sal vir hulle ’n Voorspraak stuur. Wat beteken dit presies en hoe sal dit ons troos en vrees wegvat in die lewe? (Die woord wat met Voorspraak vertaal is bestaan eintlik nie in Afrikaans nie. Dit is die woordjie Parakleet. In die tyd toe Johannes geskryf het, was die arm en ryk mense eintlik baie vêr van mekaar af verwyder. So was armes uitgelewer aan die rykmense se genade, wat maar baie min was en is hulle baie uitgebuit. In die tyd het sekere van die rykes dan opgetree as parakleet vir ’n arm gesin. Die woord kan dan letterlik vertaal word met: iemand wat geroep is om te help, langs jou te kom staan/loop. Ander woorde vir parakletos is: “helper”, “mediator”, “advokaat”, “parakleet”. Die Heilige Gees het dus na die aarde toe gekom om God se kinders te kom help, langs ons te kom staan/ loop, om vir ons voorspraak te doen of ons te begelei. Wanneer ek en jy weet dat die God wat hemel en aarde geskep het, wat in Jesus Christus op aarde geleef, gesterf, opgestaan en opgevaar het na die hemel, is deur sy Gees die een wat my help, langs my staan/loop, vir my voorspraak doen en my begelei – ek is dus in God se teenwoordigheid elke dag, daarom hoef ek nie alleen te voel nie en ook nie bang te wees nie.) 

2. Ons het in die inleidende gedeelte gehoor dat Jesus vir ons ’n “verposingsplek” gaan voorberei het. Toe het Hy die “verposingsplek” na die aarde toe gebring. Hierdie verposingsplek is die Heilige Gees. Waar sê vers 17 en 23 sal ons die Heilige Gees kan kry as ons Hom vandag soek? (Die teks gebruik familie taal as dit sê dat Hy ons nie as weeskinders sal agterlaat nie. Hy stuur die Heilige Gees om saam met ons in ons huis soos ’n pa en ’n ma te kom bly. Hy bly dus by ons. Jesus gaan so vêr om te sê Hy bly in ons. Wanneer ons dus ons oë oopmaak in die oggend kan ons vir onsself sê dat ons nou in die teenwoordigheid van God is. Ons kan selfs so vêr gaan om te sê die teenwoordigheid van God is ook in ons. 

3. As dit waar is dat die Heilige Gees by ons en in ons bly – hoe verander dit die manier waarop jy oor jouself dink? en hoe jy elke dag optree?  (Waw, as die Here by ons bly en in ons bly beteken dit ek moet regtig anders oor myself begin dink. Wanneer slegte gedagtes oor myself by my opkom, kan ek vir myself sê dat Hy by en in my is en dat dit vir my nuwe waarde gee. Ek moet dan ook my liggaam mooi oppas, want ek kan nie my liggaam (wat sy blyplek is) vernietig nie. Ek moet dn ook dit wat vir Hom belangrik is, vir my belangrik maak. Natuurlik sal dit my optrede van elke dag ook verander. Dit is juis waarvoor die Heilige Gees bekend is. Hy leer en herinner ons aan alles wat Jesus gesê en gedoen het (14:26). Hy wil ons lewens verander. Wanneer Hy intrek neem in my lewenshuis wil Hy graag in my hele lewenshuis intrek, nie net in sekere kamers nie, bedoelende dat Hy saam met my alle aspekte van my lewe wil heelmaak en vernuwe.

4. Dink bietjie na hoe ons gemeente se nuwe Visie (Christus werk en leef in, met en deur ons) julle kan help om anders oor julleself te dink en anders op te tree elke dag waar julle ook al is?

5. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Deel elke dag met mekaar julle hoogte- en laagte punte en bid saam vir mekaar se hoogte- en laagte punte. Bid dat die Here jou elke dag bewus sal maak dat Hy by ons is en binne ons bly

Week 15: Sondag 13 Mei se 3-Kruis Huiskonneksie

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 13 Mei 2018

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae (julle kan elke dag een vraag bespreek of van die vrae kies wat julle as gesin/huismense met mekaar gaan bespreek). Dit was afgelope Sondag Familiefees. Is dit net lekker as al die kindertjies so saam deelneem nie. Neem asseblief deel aan die Familie-uitdaging (3) en as jy nie Sondag die Sondag- rytyd-nota gekry het nie, dit is aan die onderkant van hierdie stukkie. Sny dit uit en sit dit in die voertuig waarmee julle gewoonlik erediens toe ry of by julle etenstafel of plek waar julle Sondae saameet. Bespreek dan sommer elke week hierdie vragies met mekaar.

Teksgedeelte: Lees Hebreërs 10 : 12,14 en 19 – 25

Ek weet nie waar dit presies vandaan kom nie, maar soveel volwassenes vertel vir my dat hulle gedwing was om kerk toe te gaan op ’n Sondag, daarom doen hulle dit nie met hulle kinders nie en gaan hulle ook nie gereeld kerk toe nie – net wanneer hulle behoefte het. Dit is so hartseer dat kerkbesoek met verpligting geassosieer word en nie met God se teenwoordigheid en ons mense se aanbidding nie. Die Hebreër-skrywer praat oor langtermyn gevolge as Christene, veral in moeilike en uitdagende tye, nie hulle geloof uitleef nie en ook nie die byeenkomste van die gemeente bywoon nie. Natuurlik was hulle byeenkomste totaal anders as ons eredienste vandag, maar die waarde daarvan kan beslis met mekaar vergelyk word. In afgelope Sondag se diens het ons Mark se storie gehoor wat elke Sondagoggend van sy kinderjare, as sy ma hom wakker maak om reg te maak vir die erediens, gevra het: móét ek gaan? Sy ma het elke keer met ’n ja geantwoord en hom dan aangemoedig om op te staan en aan te trek, anders gaan hulle laat wees. Een dag het Mark opgewonde geraak. Haar antwoord was daardie oggend anders, maar dit het sy hele houding en lewe verander. Haar antwoord was: Nee, jy móét nie gaan nie, maar jy behoort te gaan! Dit is persies waarmee die Hebreër-skrywer ons wil help. Hoekom is dit nodig en eintlik noodsaaklik om nie van die gemeentebyeenkomste af weg te bly nie? Hoekom moet ons mekaar eerder aanmoedig om die byeenkomste by te woon? Kom ons kyk bietjie weer na Sondag se Tema: Wat maak jy hier?

1.Waarna verwys die “ons” waarmee die skrywer in vers 19 begin en na wie hy heeltyd in hierdie gedeelte verwys? Waaraan herinner hy die “ons”? (Natuurlik verwys die ‘ons” na die skrywer en die lesers, maar die skrywer wil die lesers herinner dat iets van ons waar is. Die skrywer kom sê nou die kruis of Jesus se hele bediening op aarde wat die kruis, opstanding, dood, hemelvaart en uitstorting van die HG insluit, het die voorhangsel geskeur. Net die priester kon een keer per jaar agter daardie gordyn ingaan en net hy kon dan een keer ’n jaar in die teenwoordigheid van God gekom het. Jesus het vir ons die pad na God se teenwoordigheid oopgemaak. Ons het nou vrye toegang om in die teenwoordigheid van God in te gaan. Nou kom die belangrike punt: Ons wat nou vrygemaak, heelgemaak, skoongemaak is deur Jesus en ons wat nou die reg het om in die teenwoordigheid van God in te gaan – hoekom sal ons dan elke dag nog lewe asof ons nie skoongemaak, heelgemaak, vrygemaak is nie? Hoekom sal ons dan die teenwoordigheid van die Here vermy? Op ’n ander plek beteken hierdie woord wat met vrymoedigheid vertaal is, dat die sonde van ons skouers afgehaal is, soos die juk van ’n bees se skof en daarom kan ons nou regop loop. Die vraag wat die skrywer vra: hoekom loop julle dan nog met geboë skouers en asof julle steeds ’n swaar vrag op julle skouers dra? Hoekom kyk julle nie vir God en die mense in die oë nie? Hoekom gebruik julle nie die reg wat Jesus vir julle gegee het om in God se teenwoordigheid in te gaan en soos Jesus vir julle gewys het, om mense met Jesus se liefde aan te raak nie?)  

2. Die skrywer noem drie redes hoekom ons die samekomste van die gemeente behoort by te woon. Hierdie drie redes word in die vorm van ’n opdrag of baie sterk aanmoediging geskryf. Wat is dit en wat moet ons dus prakties doen? (In die teks begin die skrywer elke opdrag met dieselfde woorde: 1.laat ons tot God nader…,2. laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely… en 3. laat ons na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Die eerste wil juis almal aanmoedig om gereeld in God se teenwoordigheid in te gaan. Dit doen ons as ons bid, eredienste, Bybelstudie, kategese, toerustingsgeleenthede bywoon ens. Die tweede opdrag het alles daarmee te doen dat ons realiteite dikwels vir ons net te veel en oorweldigend word en dat ons in God se teenwoordigheid telkens herinner word aan God se realiteit wat groter is en verder strek en ons help om met hierdie prentjie van hoop weer ons realiteit aan te pak. Die derde het alles te doen met ons getuienisse en geloofsgemeenskap met mede gelowiges. Omgee omarm mense en help ons om te ervaar dat ons behoort. Getuienisse van hoe die Here in en deur ons werk versterk ons mede gelowiges. Ons is dikwels so negatief besig met mense om ons in die kerk. Hierdie gedeelte wil ons aanmoedig om dit te los en juis positief te kom deelneem in die byeenkomste van die gemeente. Geen gelowige kan eintlik volhard sonder hierdie drie goed nie. As hierdie drie goed in ’n byeenkoms van die gemeente gebeur, kan niemand dit bekostig om weg te bly nie! Daarom moet ons nie eredienste toe gaan nie, maar behoort ons te gaan.

3. Ons het afgelope Sondag weer saamgepraat oor die visie van ons gemeente. Kom ons neem ’n tydjie hierdie week om die FAMILIE UITDAGING te hanteer:

  • As jy die volgende sinnetjie hoor: Christus werk en leef in, met en deur ons – wat hoor jy?
  • Hoe kan hierdie sinnetjie ons as gemeente help om elke dag as God se kinders te lewe?
  • Wat beteken die visie vir elkeen van ons persoonlik (elkeen in die gesin)? Laat elkeen in die gesin hul eie naam in die plek van “ons” invoeg en dan vir die ander sê wat hulle gaan doen om hierdie sinnetjie waar te maak in hulle lewe elke dag.
  • Teken ’n prentjie van wat jy sien sal gebeur as jy hierdie Visie gaan uitleef elke dag waar jy is.  Laat al die kinders, jongmense en ook die volwassenes deelneem (elkeen op hulle vlak) en iets teken, skryf, skets, grafies voorstel of wat ook al. Bring hierdie prentjies saam erediens toe want ons wil dit opplak by die kerk.

4. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Deel elke dag met mekaar julle hoogte- en laagte punte en bid saam vir mekaar se hoogte- en laagte punte. Julle kan spesifiek bid dat die Here elke byeenkoms in die gemeente sal gebruik om elkeen wat dit bywoon se lewe sal inspireer en versterk.

SONDAG RYTYD NOTA

Elke persoon in die voertuig antwoord elke vraag:

Wat was jou ingesteldheid toe jy diens/ kategese toe gekom het?

Hoe is jou ingesteldheid nou, nadat jy by die diens/ kategese was?

Wat was jou hoogtepunt in vandag se diens / kategese?

Wat was God se boodskap vandag vir jou?

Hoe kan jy hierdie boodskap toepas op jou daaglikse lewe?

Week 14: Sondag 6 Mei se 3-Kruis-Huiskonneksie

3-Kruis Huiskonneksie

Sondag 6 Mei 2018

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae (julle kan elke dag een vraag bespreek of van die vrae kies wat julle as gesin/huismense met mekaar gaan bespreek. Dit is hierdie Donderdag Hemelvaartdag. Kyk gerus na die vorige stukkie wat iets oor Hemelvaart deel. Praat bietjie saam oor wat presies ons vier op Hemelvaartdag en woon sommer saam om ons Hemelvaart-diens om 19:00 by.

Teksgedeelte: Lees Matteus 25 vers 34 – 46

In die geloofsbelydenis het ons afgelope Sondag stilgestaan by: “Ek glo Jesus… gaan kom om te oordeel oor die lewendes en die wat reeds gesterf het.” Wanneer Jesus in ons teks oor die eindoordeel praat, doen Hy dit geensins om vir ons ’n “pie in the sky” voor te hou nie, maar eerder as ’n aanmoediging om nie selfsugtig te leef nie, maar met sy (Jesus) gesindheid.

Ons teksgedeelte kom uit Jesus se profetiese rede in Matteus, byna teen die einde van die Matteus-evangelie en vind waarskynlik 2 dae voor Jesus se kruisiging plaas. In die profetiese rede vertel Jesus sewe gelykenisse, sommige korter en ander langer, almal met die oproep dat ons waaksaam en gereed moet wees om Hom by sy tweede koms te ontvang. Ons teks is die laaste van die sewe gelykenisse en fokus op hoe ons gereed behoort wees. Tydens hierdie laaste oordeel sê Matteus gebeur daar drie goed volgens die teks: 1. Jesus gaan sit op sy troon (Kry die prentjie wat beskryf word – asemrowend).  2. Hy skei die skape van die bokke (soos ‘’n herder destyds elke aand gedoen het) en 3. spreek dan sy finale oordeel uit. Dan sê Hy eintlik ’n skokkende ding. Dit is nie Hy wat mense van mekaar gaan skei nie, dit is eintlik hulleself! Dit is die manier hoe hulle kies om op te tree teenoor die geringes op hulle pad wat gaan bepaal of hulle “skape” of “bokke” gaan wees. Wie as koninkryksmense leef elke dag, sal die koninkryk as erfenis (34) of ewige lewe (46) kry. Die grootste gedeelte van ons teks word dan afgestaan om presies aan te dui hoe só lewe lyk.

1.As ons in ag neem dat Jesus hierdie woorde twee dae voor sy kruisiging met sy dissipels gedeel het – hoe help hierdie gedeelte die dissipels en ons vandag nog om sulke drastiese gebeurtenisse (soos Jesus se kruisiging) in ons lewens te hanteer? (Jesus berei sy dissipels voor vir die trauma wat op hulle wag wanneer Hy gekruisig gaan word. Hy wil nie hê dat die kruis die finale prentjie moet wees wat hulle van Hom onthou nie. Hy wil hulle help om verby die kuis te kyk na sy wederkoms. By die kruis lyk dit of Jesus magteloos is en ’n slagoffer van mense in magsposisies. By die wederkoms sal mense sien Hy is die koning van die koninkryk aan wie alle mag in die hemel en die aarde behoort. Met hierdie prentjie wil Jesus hê sy dissipels moet lewe. Aanvanklik kon sy dissipels dit nie verstaan nie. Petrus verloën Jesus, selfs nog voor sy kruisiging. Na die uitstorting van die Heilige Gees het dit eers begin gebeur toe Petrus vreesloos opgestaan het en in die aangesig van moontlike teenkanting opgestaan en Jesus se liefde en genade verkondig. Hy het dit begin regkry om met die prentjie van die wederkoms en eindoordeel in gedagte, te begin lewe voor die groot uitdagings wat elke dag sy pad gekruis het. So wil die teks ons ook help om vreesloos te lewe.

2. Wat dink jy bedoel Jesus as Hy sê: “In soverre julle dít (dade van liefde en sorg) aan een van die geringstes gedoen het, het julle dit aan My gedoen.”? Hoekom dink jy gebruik Hy hierdie beeld as maatstaf vir die skeiding van “die skape en bokke”? (In ons optrede teenoor mekaar en ander mense (die geringstes) moet ons alles doen asof ons dit vir Jesus doen. Hy gebruik nou ons optrede teenoor die geringstes as maatstaf vir sy oordeel. Jesus bedoel verder dat Hy nie eintlik self die oordeel oor mense uitspreek nie. Elke mens se keuse, hoe hy/sy optree teenoor die geringes/ mense wat jou pad kruis elke dag, bepaal by die eindoordeel of ons die koninkryk of ewige lewe sal erf of nie. Ons is dus elke oomblik van elke dag besig om ons eie oordeel oor onsself te voltrek. Jesus se gelykenis wil ons nie help om dinge te doen om eendag in die hemel te kom nie. Hy is besig om te sê die hemel het alles te doen met wat ek en jy vandag op hierdie aarde doen en spesifiek teenoor die “geringes”. Hy ontmoet ons in die gestalte/ lywe van die geringes [gewone mense op ons pad]. Daarom moet ons elke persoon voor ons behandel asof dit Jesus self is wat voor ons staan. Dit is dus ’n ingesteldheid en gesindheid waarmee ons moet lewe eerder as iets wat ek moet doen om in die hemel te kom. Jesus se maatstaf het dus alles te doen met die kern van die evangelie: om te leef soos Jesus ons geleer het of om ons teks se woorde te gebruik: om die wil van God te doen.) 

3. Hoe kan ons mekaar aanspoor om so te leef soos wat hierdie teks ons aanmoedig? (Ons huis is hier letterlik die oefenplek. Dit beteken dat ons mekaar sal behandel asof die ander persoon Jesus is. Op goeie dae is dit mos nie moeilik nie, maar op slegte dae raak dit baie moeilik. Herinner mekaar elke oggend en sit dalk iets op die yskas onder ’n magneet om julle hele huis se mense te herinner om Jesus in elke mens raak te sien. Kyk terug op julle dag en vertel vir mekaar waar julle in die dag teenoor ander kon leef asof dit Jesus self was. Dink aan Moeder Theresa se woorde: “Die Jesus in my sien die Jesus in jou” en “Die Jesus in my het die Jesus in jou lief”. Nog een van haar gesegdes: “As ek ’n melaatse se wonde was, voel dit vir my of ek die Here self se wonde was. Dit is nie altyd ’n mooi en lekker ervaring nie.” Wanneer sy gevra is hoekom sy doen wa sy doen het sy gewoonlik die persoon wat vra se hand gevat en elke keer een vinger op ‘’n slag oopgemaak en gesê: “He did it to Me.” Miskien kan ons gereeld mekaar se hande vat en met elke woord ’n vinger oopmaak en herhaal: hy doen dit vir My sê om onsself te herinner dat alles wat ons doen ons dit vir Jesus doen.

4.Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Deel elke dag met mekaar julle hoogte- en laagte punte en bid saam vir mekaar se hoogte- en laagte punte. Julle kan elke oggend of aand die volgende gebed bid en met mekaar deel hoe hierdie gebed julle help om hierdie soort leefwyse aan te kweek. Dit is ’n gebed van Franciskus van Assisi.

Here,

maak my ’n instrument van u vrede.

Waar daar haat is, laat ek liefde bring.

Waar daar foute is, laat ek vergifnis bring,

waar daar twyfel is, laat ek geloof bring,

waar daar wanhoop is, laat ek hoop bring.

waar daar donker is, laat ek lig bring,

waar daar hartseer is, laat ek vreugde bring.

Here,

laat ek ander troos eerder as om self getroos te wil word.

laat ek ander verstaan eerder as om self verstaan te wil word.

Laat ek lief wees vir ander eerder as om liefgehê te wil word.

Want deur te gee, ontvang ek.

Deur te vergewe, word ek vergewe.

Deur te sterf, sal ek vir ewig lewe.

AMEN

Week 13: Sondag 22 April se 3-Kruis-Huiskonneksie

3-Kruis Huiskonneksie

(Sondag 22 April 2018)

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae (julle kan elke dag een vraag bespreek of van die vrae kies wat julle as gesin/huismense met mekaar gaan bespreek. In die geloofsbelydenis het ons afgelope Sondag stilgestaan by: “Ek glo Jesus het … opgevaar na die Hemel en sit aan die regterhand van God. In die onderstaande teks sien ons wat beteken die hemelvaart vir ons vandag.

Teksgedeelte: Lees Kolossense 2 : 12 & 3 : 1-4

Hemelvaart is nogal ’n baie vreemde begrip. Ons verstaan die woord en kan vir onsself ’n prentjie vorm, soos die Bybel dit beskryf, van Jesus wat met ’n wolk opvaar na die hemel, maar wanneer ons dan probeer verstaan wat dit beteken, val ons vas. Miskien het ons vasval te doen met die feit dat ons oor die hemel dink as ’n plek en dat dit daar vêr  is. Dit lyk vir my of die Bybel ons wil help verstaan dat die hemel net ‘n onsigbare dimensie is en dat die hemel en God se koninkryk byna as sinonieme gebruik kan word. Die hemelvaart het eintlik alles te doen met Jesus se finale oorwinning, sy mag oor sy vyande en oor sy heerskappy oor die kerk en die wêreld (Natuurlik het dit ook die pad voorberei op die uitstorting van die Heilige Gees). Dit is ook die rede hoekom daarvan gepraat word dat Jesus sit aan die regterhand van God, wat op sy troon sit en oor sy koninkryk regeer. Paulus maak dan ’n venster oop op hoe dit óns raak:  Christus laat ons saam met Hom sit aan die regterhand van die Vader (Ef. 2:6). Dit is waar ons teks ons help om te verstaan. By ons doop het Christus ons aan Hom kom vasmaak. Daarom kan ons selfs so vêr gaan om te sê dat ons saam met Christus gesterf het en ook saam met Hom opgestaan het (Kol 2:12) en dat ons lewe nou saam met Christus verborge is in God (Kol 3:3). Wie glo is nie meer burgers van ‘n aardse koninkryk alleen nie, maar burgers van die hemele (Fil. 3:20). Daarom kan ons nie ons harte in hierdie wêreld laat rus of op die dinge van hierdie wêreld verloor nie. As ons ons harte en gedagtes kan rig op die dinge daarbo (dit is Christus en sy koninkryk), sal ons perspektief kry en die moed om die lewe en die dinge van hierdie lewe op die regte manier te benader en lief te kry.

 1. Christus het ons aan Hom vasgemaak by ons doop (Kol 2:10-12). Hoe het dit gebeur en hoe help die beeld van ’n naelstring tussen ’n ongebore of pasgebore baba en sy/haar mamma ons om hierdie ‘vasmaak’ beter te verstaan? (Paulus gebruik in Kol 2:6-7 ’n landbou beeld van inenting – dit is waar ’n uitloopsel, of in eenvoudige taal, ’n takkie op ’n ander boom se stam ingeplant of ingeënt word. Nou groei die takkie of uitloopsel nie meer op sy eie wortelstelsel nie, maar op die nuwe boom waarop dit ingeënt is se stam en wortelstelsel. Paulus sê dit het by die doop gebeur. Vir gelowiges wat uit die heidendom gekom het en eers in ander gode geglo het, was hierdie beeld baie duidelik. Vir ons wat in Christelike huise gebore is, is die beeld dalk nie so vanselfsprekend nie. Tog is dit juis die plig van ouers om hulle kinders groot te maak met die wete dat ons familie ingeplant of ingeënt is op Jesus se stam. Dit het die eerste keer gebeur toe ‘’n oupa of groot-oupa gekies het om die Here te dien. Paulus gebruik nou die woord verbondenheid om hierdie vasgemaak-wees aan Christus te verduidelik. Ons moet in verbondenheid met Christus lewe. Die takkie of uitloopsel sal doodgaan as dit nie in verbondenheid/ vas is aan die die nuwe stam en wortels nie. Geloof is dan die verbinding en die sap wat deur die wortels en stam beweeg en groei bewerkstellig. Net soos ’n naelstring ’n baba aan sy/haar mamma vasmaak en die voeding daardeur beweeg, net so is gelowiges aan Christus vasgemaak en vloei sy nuwe lewe deur die geloof in ons lewens in.

2. Wat beteken dit dat Paulus ons oproep om te strewe na die dinge daarbo? (Ons moet nie dink dat Jesus na sy hemelvaart daar vêr is nie. Hy is eintlik baie naby aan ons. Ons weet dat Hy deur sy Gees in ons is. Wanneer ons dan besef dat ons aan Hom vasgebind is en dat sy hemelvaart eintlik beteken dat Hy as oorwinnaar aan die regterhand van God sit en heers oor die kerk en die wêreld, dan beteken dit dat wanneer ons strewe na die dinge daarbo, ons met sy perspektief na my elke dag se lewe moet kyk; dit beteken verder dat ek in tye van magteloosheid teenoor alle magte in die lewe, juis dan uit sy perspektief moet kyk; dit beteken ook dat ek dit wat vir Hom en sy koninkryk belangrik is, moet belangrik maak en met sy perspektief na die lewe en die uitdagings in die lewe kyk; Miskien is dit tog belangrik om te sien dat Paulus nie wil hê dat ons daar vêr moet begin nie, maar sommer in ons eie lewe, by ons eie optrede en gesindhede. Meer hieroor meer by die volgende vraag. Die bedoeling is natuurlik dat ek nie net uit sy perspektief moet kyk nie, maar kan leef  asof sy finale oorwinning alreeds hier en nou waar is, maar ook implikasies het op my en jou optrede, gedrag en gesindhede. Dit is juis die punt van hierdie gedeelte – Jesus se hemelvaart het vandag reeds ’n uitwerking om my en jou lewe.

3. Hoe kan ons prakties te werk gaan elke dag en mekaar in die huis en by ons gemeentelike byeenkomste help om te strewe na die dinge daarbo? (Ons moet vandag besef dat ons huidige werklikheid [dit wat ons fisies sien en beleef] ’n geweldige invloed het op ons lewens en gedrag. Dit maak ook dat ons in slegte gewoontes verval om te oorleef en om onsself te beskerm en gou omskakel in ’n selfsugtige egosentriese lewe. Paulus wil hê ons moet nie leef asof hierdie wêreld die finale sê in ons lewens het nie. Ons is vasgemaak aan Jesus en kan daarom dink soos Hy binne hierdie wêreld. Hy gee ons die vermoë om in ons geestesoog te sien hoe dinge kan lyk in sy koninkryk en dan te werk om dit waar te maak. Dit begin natuurlik nie buite onsself nie. Dit begin binne onsself. Net in die volgende perikoop (Kol 3:5-17) noem Paulus op dat ons aktief die ou mens en die aardse dinge wat nog deel van ons is, moet doodmaak of letterlik uittrek soos ou klere en die nuwe mens moet aantrek. Hiermee kan ons in die huis en die gemeente mekaar help. Kyk na al die praktiese dinge wat hy opnoem: Trek uit: onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes, gierigheid wat eintlik afgodery is, woede, haat, nyd, gevloek, vuil taal en leuens (Help kinders om die groot woorde te verstaan). Trek aan: meelewendheid, goedgesind, nederigheid, sagmoedigheid, verdraagsaamheid, geduldig, vergewensgesindheid, wedersydse liefde, vredeliewend en dankbaarheid. Paulus sluit die gedeelte af met: Wat julle ook al sê of doen, sê  en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank die Vader deur Hom. Sjoe, dit beteken dus nie dat Christene met hulle koppe in die hemel moet leef  (onsself onttrek) of leef asof ons tog aan die Here vasgemaak is en dan dink ons kan maar leef soos ons wil wanneer ons wil nie. Nee, ons geloof moet eerstens sigbaar word uit ons gedrag. Dan eers sal ons beleef dat die hemelvaart van Christus vir ons hier en nou help om die sleg in die lewe te oorwin en in Christus se oorwinning te vasstaan. Ouers moet ook besef dat ons nie ons kinders kan oproep tot iets waarmee ons nie intensioneel besig is nie.Maak ’n punt daarvan om elke dag in hierdie week mekaar aan te moedig om “ou klere uit te trek en nuwe klere aan te trek” soos dit hierbo beskryf is. 

 

4. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Deel elke dag met mekaar julle hoogte- en laagte punte en bid saam vir mekaar se hoogte- en laagte punte. Julle kan vandag bid dat die Here julle sal help om te strewe na die dinge wat daar bo is, waar Christus is. Bid ook vir oorwinningskrag om die slegte eienskappe wat so maklik in ons lewens na vore kom “uit te trek” en die goeie eienskappe “aan te trek”. Bid ook vir moed en krag om vas te staan en met geloofsoë te kyk wanneer ons moedeloos word in ons huidige werklikheid en dinge ons so maklik oorweldig.

 

Week 12: Sondag 15 April se 3-Kruis-Huiskonneksie

3-Kruis Huiskonneksie

(Sondag 15 April 2018)

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae (julle kan elke dag een vraag bespreek of van die vrae kies wat julle as gesin/huismense met mekaar gaan bespreek. In die geloofsbelydenis staan ons vandag stil by: “Ek glo Jesus het die derde dag weer opgestaan uit die dood.” In die onderstaande teks sien ons wat beteken die opstanding vir ons vandag.

Teksgedeelte: Lees Johannes 21:15 -22

Wat in Johannes se evangelie opval, is die klein stukkies detail en ander klemtone as dié van die ander evangelies. Dit is veral sigbaar in die beskrywing van die laaste paar dae voor en tydens Jesus se kruisiging (Hfst.13 – 19) en die beskrywing van sy opstanding (Hfst. 20 – 21). Miskien is die rede hiervoor dat Johannes die enigste evangelieskrywer was wat ’n direkte ooggetuie van al hierdie gebeure was. Johannes skryf ook later (ongeveer tussen 80 – 100nC.) as al die ander skrywers sý evangelie en kan dus met ’n groter oorsig terugkyk op die kruis- en opstandingsgebeure en sy lesers met dieper insigte bedien. Johannes is ook die enigste evangelie wat die verskyning van Jesus aan vyf van sy dissipels by die see van Galilea of Tiberias, soos dit in 21:1 genoem word, beskryf. In hierdie hoofstuk vind daar dus ’n klompie belangrike ontknoping van temas, wat reg deur die boek voorkom, plaas. Dit gaan dus in Johannes 21 om meer as net nog ’n verskyning van Jesus, maar hier is ’n baie sterk roeping- en versorging konneksie. In ons teks is Jesus, na die groot visvangs en ete, besig om met Petrus alleen te praat. Sy verloëning en gepaardgaande gevoel van mislukking en dat hy Jesus gefaal het, is deurgaans die agtergrond waarteen hierdie gesprek gelees moet word. ’n Stukkie nadenke en meditasie oor die die volgende klompie vrae kan daartoe bydrae dat ons die dieper betekenis van hierdie teks nie net verstaan nie, maar ook ervaar as Jesus se opsoekende liefde en teenwoordigheid  in my en jou lewe:

Wat verwag jy in die verhaal wat net nooit gebeur nie? Hoekom sonder Jesus vir Petrus uit en noem hom Simon? en voeg dan by: meer as hulle? Hoekom drie keer dieselfde vraag? Hoekom verander Jesus die vraag die derde keer (Griekse woord by eerste twee vrae is: Het jy my agape-lief – selfopofferend lief en by die laaste vraag: fileo – vriendskapsliefde)? Wat hoor ons in Petrus se reaksie? Wat hoor ons in Jesus se opdragte? Hoe kan Petrus Jesus volg as Jesus nie meer fisies op aarde is nie? Wat hoor ons in hierdie teks van volgelingskap?

Besprekingsvrae:

1.Hier gebeur twee goed in hierdie gedeelte: 1. In sy opsoekende liefde herstel Jesus Petrus se verhouding met Hom en 2. Jesus bevestig of herhaal sy roeping in die opdragte wat Hy gee. Wat bedoel ons as ons praat van ’n roeping of iemand leef met ‘n roepingsbewustheid? (Probeer eers self almal se gedagtes in die verband te kry. Vul dit aan indien nodig. ’n Roeping in sy eenvoudigste vorm kan beskryf word as om gekies te wees om ’n sekere taak of doel op ’n sekere manier vir iemand anders te doen. In die Bybel is dit God wat mense (profete, konings, priesters en dissipels of sy volk (kerk) roep/kies om namens Hom te leef met ’n sekere doel. Gewoonlik as jy met ’n roeping leef is jy nie net seker wat jou doel is nie, maar jy het ook vuur, energie en motivering om dit met aansteeklike entoesiasme (gesindheid) te doen. Om met ’n roeping te leef beteken dat jy met ’n vaste oortuiging lewe wanneer jy op pad is om jou doel te verwesenlik. Die manier waarop jy op pad is, is ook aansteeklik en passievol. Wanneer gelowiges met ’n roeping leef beteken dit dat hulle doelgerig in wat hulle sê en doen alles met oortuiging doen asof hulle dit vir die Here self doen.

2. Wat hoor ons in hierdie teks oor ons roeping vandag? (Gesels saam oor wat julle raaksien oor roeping. Ek gaan die 6 stellings wat ek in die diens Sondag gedeel het oor roeping hier neerskryf. Dit kom uit ‘n aanbieding wat ek jare terug by ’n predikante konferensie in Bloemfontein bygewoon het en is deur dr. Coenie Burger geformuleer: 1. Roeping is nie net iets wat eenkeer met ons gebeur nie, maar dis ’n lewenslange proses (Hierdie teks beskryf Petrus se tweede roeping); 2. Die pad waarop die Here ons roep, loop min vir ons gelyk en glad (dink aan Petrus se verloëning, Tomas se twyfel, ens.); 3. Die Here verwyt ons selde oor ons foute, maar spaar ons nie die vraag of ons Hom liefhet nie (nuwe roeping begin altyd weer met ‘n ontmoeting en ‘n versterking van ons verhouding 3x verloën – 3 x verbind hy homself weer aan Jesus.) 4. Roeping gaan altyd saam met ’n opdrag – soms algemeen en soms baie spesifiek (Jesus se opdrag het alles te doen met herderskap wat gebou is op opsoekende liefde vir onwaardige dissipels); 5. Die pad waarop die Here ons roep is gewoonlik ’n goeie pad, maar beteken nie dat dit ’n maklike pad is nie (“bring waar jy nie wil wees nie” Roeping hou jou vas in moeilike tye. Nitzche se aanhaling: Hy wat ‘n hoekom het om voor te lewe kan omtrent alle hindernisse en moeilikheid op sy pad oorkom); 6. Roeping beteken nie dat die Here ons stuur na plekke waar Hyself nie is nie (Jesus sê nie vir Petrus ek stuur jou nie, maar volg My – dit beteken Hy gaan voor ons uit).

3. Hoe kan ons as huismense prakties elke dag gestalte gee aan hierdie roeping? (Dink eers self bietjie oor hierdie beginsel. Dit begin van kleins af. Wanneer ouers leef met ‘n bewustheid dat hulle alles wat hulle doen, doen asof vir die Here, sal kinders van kleins af ook met hierdie bewustheid begin lewe. Dit beteken dat ouers gereeld vir hulle kinders moet sê hoekom hulle dinge doen wat hulle doen en hoekom hulle dinge op ‘n sekere manier doen soos wat hulle dit doen. Net ’n sinnetjie soos: ons is kinders van die Here, daarom doen ons dinge anders of Jesus vra of wys ons daarom doen ons dinge so. Dit is ook veral nodig dat ouers nie net voor hul huismense op ‘n sekere manier optree nie, maar voor almal dus konstant. Voorbeeld van ouers in hierdie opsig sluit in:

  • Om belangstellend te luister wanneer jou kind of huismense praat en altyd met ’n gesindheid van liefde te reageer;  
  • Om wat jy doen konstant te doen asof jy dit vir Jesus self doen;
  • Jesus se opsoekende liefde lê die grondslag vir ons gesindheid en die toon van ons stemtoon teenoor alle mense;
  • Deur wat vir God belangrik is, belangrik te maak in alles wat jy doen by die huis en waar ons ook al by die skool of by die werk is;
  • Om spesifiek God se opdrag om as sy gestuurde te lewe (dit wil sê mense te bevriend, opreg in hulle belang te stel, met hulle ’n verhouding te bou, hulle te dien, hulle uit te nooi om saam met ons op sy pad te stap en saam met ons deel te wees van sy geloofsfamilie – die kerk)  
  • Dit mag ook ’n spesifieke bediening of uitleef van ’n spesifieke gawe behels.

Wanneer ouers daarmee besig is en hulle kinders van jongs af saamneem en met hulle daaroor praat terwyl hulle dit doen, maak net dat roeping ‘n baie meer natuurlike ding sal wees en nie die uitsondering in die lewe nie. Ongelukkig mag dit vandag ook beteken dat ons kinders en onsself uitgestoot of uitgesluit mag word of selfs teenkanting mag beleef as gevolg van die uitleef van ons roeping. Ons moet onsself en ons kinders daarvoor voorberei, maar ook weet dat ’n groot rede hiervoor is dat mense nie graag iets ondersteun wat teen die stroom van ons tyd ingaan nie. Die meeste mense stoot of sluit ander uit omdat hulle ongemaklik en selfs skuldig of onseker oor hulleself voel. Selfs in sulke situasies moet ons onsself en ons kinders voorberei om nie met aggressie te reageer daarop nie, maar in kalmte en juis dan besef dat die Here by ons is om ons vas te hou wanneer dit vir ons swaar gaan (vgl. Stelling 5 hierbo).

 Roepingsbewustheid het dus baie te doen met ‘n daaglikse bewustheid dat ek vir die Here lewe, vir ’n groter doel lewe, met ’n duidelike visie lewe en daardie groter doel, visie is die koms van die koninkryk van God (In eenvoudige taal – die aanbreek van ’n manier van lewe soos die Here dit wil hê of hemel op aarde.)

Nog praktiese wenke:

  • Wanneer julle saans terugkyk op julle dag, dink saam oor waar julle met ‘n roepingsbewustheid gelewe het of waar het jy gesien dat iemand ander met so ’n gesindheid (onbaatsugtig) gelewe het;
  • Vertel vir mekaar hoe jy dit ervaar as iemand jou op so manier behandel asof jy die Here is;
  • Gesels gereeld met mekaar of julle nie dalk vandag iets gesien het wat die Here op jou hart gedruk het om dalk as huis of op jou eie as “projek” aan te neem en daardeur ’n verskil te maak in God se koninkryk. Dit kan iets wees-.soos jou eie toebroodjie-projek of jou glimlag projek of jou hulpverlening-aan-oumense-projek of wat ook al;
  • Miskien kan julle mekaar gereeld aanmoedig om ’n spesifieke dag bewustelik te leef, te stap, te praat met mense wat jou pad kruis en elkeen te behandel asof hulle Jesus self is.
  • Praat oor gereeld hoe om te maak wanneer iemand ons uitstoot, uitsluit of teengaan as gevolg van die uitleef van ons roeping.

 4. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Deel elke dag met mekaar julle hoogte- en laagte punte en bid saam vir mekaar se hoogte- en laagte punte. Julle kan vandag bid dat die Here julle sal help om met ’n roepingsbewustheid te lewe. As julle betrokke is/raak by ‘n bediening, bid dan gereeld dat die Here jou/julle sal help om daar met ‘n roepingsbewustheid te lewe. Bid ook vir moed en krag om vas te staan wanneer ons uitgestoot, uitgesluit of teengegaan word in die uitleef van ons roeping.

Week 11: Sondag-25 Maart-se-3-Kruis-Huiskonneksie

3-Kruis Huiskonneksie’

(Sondag 25 Maart 2018)

Ons staan op die drumpel van Paasfees. Ek wil jou en jou gesin uitnooi om hierdie Paasnaweek, ten minste een van die dae, ’n tydjie te spandeer aan een of meer van die volgende:

  • Lees by die huis deur die Paasverhaal;
  • Stap deur ons Paasuitstalling: Elke dag van die week kan jy 8:00 – 13:00 en Donderdag rondom die aand-nagmaal en Vrydag rondom die Kruiskoppie-ervaring deur die Paasuitstalling stap (daar is ook ’n spesiale geskenkie by elke stasie vir elke kind en by die eindpunt);
  • Kom deel in die kruiskoppie-ervaring: Vrydagaand, 30 Mrt. om 18:00 en Sondagoggend, 1 April om 6:00 doen ons die kruiskoppie-ervaring;
  • Jy kan ook op die volgende skakel klik of na die skakel op die internet gaan [dit sal vir veral kleuters en kinders  spesiaal wees]: http://www.moederkerk.co.za/wp-content/uploads/2012/01/Paasfees-Gesinsaktiwiteite.pdf:  

Teksgedeelte: Lees Johannes 12 : 20 – 28

Net na Jesus se intog in Jerusalem, waar Hy op ’n donkie gery en die vreugdevolle skare met palmtakke Hom ontvang en hul klere op die grond gegooi het, volg ons teks waarby ons Sondag stilgestaan het. Vir die verstaan van ons teks is dit belangrik om te onthou dat die intog in Jerusalem vir Johannes die toppunt van Jesus se gewildheid na Lasarus se opwekking was. Die intog-verhaal wil verder ook die mense se verwagting dat Jesus die Messias is wat nou tot koning “gekroon” gaan word, wil uit druk. Dit is juis na aanleiding van hierdie groeiende gewildheid en verwagting dat die versoek van die Grieke gekom het om Jesus te sien. Op die oog af lyk dit of Jesus die versoek van die Grieke ignoreer, maar as mens na die geheel van die gedeelte kyk, is Jesus juis besig om daarop te reageer. Hy maak net hulle oog oop vir die groter prentjie wat besig is om af te speel.  Dit is ook duidelik dat Johannes Jesus se woorde gebruik om juis ’n skerp kontras te skep tussen twee style van navolging. Die Grieke se versoek was vir Jesus ook ’n duidelike teken dat sy lydingspad nou begin het. Die beeld van die koringkorrel wat eers moet sterf voordat dit ’n oes voortbring is ‘n sleutel om beide sy komende lyding wat uitloop op sy kruisdood en navolging of dissipelskap te interpreteer. Hierdie optrede van Jesus vorm deel van die heel laaste onderrig wat Jesus in die openbaar gedoen het. Hierna het hy slegs met sy dissipels in die privaat gepraat.

  1. Wat wil Jesus vir die mense om Hom, sy dissipels en ons duidelik maak met die beeld van die koringkorrel, ’n paar dae voor sy kruisiging? (Dink eers bietjie self, want die beeld is eintlik baie eenvoudig. Jesus wil, met ’n ander klem as die ander evangelies, die bedoeling en betekenis van  die kruisiging, wat binne dae gaan gebeur, duidelik maak, nog voordat dit gebeur, sodat sy volgelinge nie sonder hoop gelaat word na sy dood nie. Hy praat ook van sy verheerliking, maar kontrasteer dit met die manier waarop die skare Hom wou verheerlik met die intog in Jerusalem. Sy verheerliking sal deur ’n kruispad en sy dood gebeur (saad wat sterf), maar veral deur die vrug van die kruis in sy opstanding, hemelvaart en uitstorting van die Heilige Gees en deur die lewens van sy volgelinge. Soos wat ’n saadjie geplant word, eers moet doodgaan [van gedaante verander], voordat dit ’n plant kan word wat uiteindelik ’n klompie are [’n hele oes] produseer, so moet Jesus eers doodgaan, voordat die vrug van sy koms na die aarde sigbaar kan word. Die vrug van sy koms is die opstanding en nuwe lewe, hemelvaart en uitstorting van die Heilige Gees. Uiteindelik is die vrug van sy kruisdood dat mense (Jode, Grieke en mense van alles tale) sal glo en die nuwe lewe sal begin ervaar.)  
  2. Jesus pas die beeld van die koringkorrel ook toe op navolging of dissipelskap. Waartoe daag hierdie toepassing ons vandag uit? (Dink eers bietjie op jou/ julle eie. Jesus se dood is soos ’n saadjie wat in ons almal geplant is. Wanneer ons in Hom glo begin die Heilige Gees ’n proses van groei en verandering (transformasie) in ons wat ’n vrug of oes sal oplewer. Christus se saadjie in ons (geloof in die boodskap van die kruis en die opstanding), maak dus nou weer van ons saad. Volgelinge van Jesus is nou weer op hulle beurt soos koringkorrels. Wanneer Jesus hierdie beeld op sy dissipels en volgelinge van toepassing maak, dan kontrasteer Hy dit met ’n selfsugtige houding wat net op hul eie verwagtings, -belange en -voordeel gerig is, soos wat gedemonstreer is tydens die intog in Jerusalem. Dit noem Hy selfvernietiging (die woord ‘verloor’ in vers 25). Die beeld van die koringkorrel daag ons dus uit om te sterf na ons eie belange, selfsugtige behoeftes en egosentriese lewens (dit dood te maak in ons lewens). Wanneer ons sterf sal die Heilige Gees ons lewens so verander, dat ’n nuwe mens in ons lewens sal opstaan wat vrug sal dra en ’n oes sal inbring: dan sal ons in ons lewens ander mense se nood, gebrokenheid, belange en behoeftes begin raaksien, daardeur geraak word en daarvoor opstaan; dan sal ons selfopofferend begin optree om ander mense ook te help om die volheid van die lewe te begin ervaar, soos wat Jesus ons gewys het; dan sal ons seuns en dogters van die lig wees, soos wat vers 36 letterlik sê.)
  3. Hoe kan ons as huismense prakties elke dag gestalte gee aan hierdie koringkorrel beginsel? (Dink eers self bietjie oor hierdie beginsel. Dit begin van kleins af. Alle kinders word met ’n stukkie selfsug gebore. Iets daarvan is heeltemal natuurlik en belangrik vir hulle ontwikkeling. Wanneer hulle kleuters is, kom selfsug soms natuurlik en kan hulle selfs geniepsig wees as hulle goed gevat word. In hierdie fase is ouers se voorbeeld van onselfsugtigheid – nie net in hulle optrede teenoor hul eie kinders nie, maar ook en veral mense buite hulle gesin – baie belangrik. Hierdie is nie ekstra werk vir ouers nie, dis deel van ons normale lewe. Voorbeeld van ouers sluit in:
  • bel iemand in die familie of gemeente wat siek is om te hoor hoe dit gaan en om hulle te bemoedig,
  • praat gereeld met vriende of kinders se maats by die skool se ouers en hoor net hoe dit met hulle gaan.
  • Bel mense wat naby aan julle is wanneer hulle verjaar en wens hulle geluk (nie net op face book wanneer jou kinders dit nie sien nie),
  • stap oor die straat en maak kennis met bure en bemoedig hulle,
  • stap na mede lidmate toe by die kerk en hoor hoe dit met hulle gaan, ens. ens.

 Ons moet weet dat ons individualistiese en tegnologiese wêreld die teelaarde is vir selfsugtige, egosentriese en gemaksugtige leefstyle. Die ou manier van kontak maak was nie maar net ’n tradisie nie, maar is gebore uit ‘n diepe oortuiging dat kontak met ander belangrik is en deel is van ons Christelike roeping. Uit hierdie kontak ontwikkel ’n stuk nederigheid en diensbaarheid.

  • Wanneer julle saans terugkyk op julle dag, is dit belangrik om te dink of daar in die afgelope dag momente was waar jy selfsugtig was, waar jy ander mense op jou pad se behoeftes raakgesien het.
  • Dit is ook belangrik om saam met jou kind of op jou eie jouself bietjie in mense se skoene in te dink. Ons is so geneig om net krities teenoor mense se optrede en gedrag te wees.
  • Dit is belangrik om sommer “randomly” wanneer jy iemand op jou lewenspad sien, jouself so bietjie in hulle storie in te dink. Dink dan ook veral aan watter houding dan toepaslik is vir enige interaksie en gaan dalk die volgende dag terug na daardie persoon met hierdie houding. Al praat jy net met die persoon en vra uit oor hulle lewens. Jy kan ook na die volgende skakel gaan om te sien hoe jy jou kind kan leer om as nederige mens groot te word: https://www.jw.org/af/publikasies/tydskrifte/ontwaak-nr6-2017-desember/leer-jou-kind-om-nederig-te-wees.

4. Sluit julle gesprek rondom die Bybel met gebed af. Deel elke dag met mekaar julle hoogte- en laagte punte en bid saam vir mekaar se hoogte- en laagte punte. Van vandag af kan julle ook bid vir dié mense wie julle kon help of die mense wie se behoefte julle raakgesien het by die skool, werk, studieplek of sommer net langs jou op die lewenspad. Bid ook dat die Here hierdie persone sal help.

 

Week 10: Sondag-18 Maart-se-3-Kruis-Huiskonneksie

3-Kruis Huiskonneksie’

(Sondag 18 Maart 2018)

Alhoewel ons nie afgelope Sondag by onderstaande teks stilgestaan het by die oggenddiens nie (daar is wel by die aanddiens en daar gaan komende Sondag by die Junior Kategese by onderstaande teks stilgestaan word) vra ek dat julle onderstaande teksgedeelte lees en die volgende vrae bespreek (julle kan elke dag een vraag bespreek of van die vrae kies wat julle as gesin/huismense met mekaar gaan bespreek).

Teksgedeelte: Lees Filippense 2 : 5 – 11

Ons is besig om dieper te kyk na wat ons glo wanneer ons die 12 artikels of geloofsbelydenis saam met gelowiges regoor die wêreld bely. Hierdie week staan ons stil by die derde artikel: “Ek glo in Jesus Christus…. (3) wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is”. Ons dink juis elke jaar hierdie tyd (rondom Paasfees) aan Jesus se kruisiging en opstanding en die rede daarvoor is dat ons die kern van Jesus se koms na die aarde vier en opnuut omarm. Hierdie kruis en opstanding van Jesus is nie, maar net ’n belydenis waaraan ons vashou nie, maar ook ’n appèl op ons lewens. Ons fokus vandag vanuit ons teksgedeelte op Jesus se lyding. In Filippense is Paulus besig om die gemeente in Filippi op te roep tot drie dinge: om te volhard (1:27-2-18); om eensgesind te wees (2:1-11); en om as verloste mense te lewe (2:12-18). In ons teksgedeelte gee hy dan riglyne oor hoe om die eenheid in ’n diverse gemeente en gemeenskap, te bewerk. Selfgesentreerdheid en ‘n selfsugtig lewe om net op eie behoeftes ingestel te wees, is die hoofrede vir verdeeldheid. Wanneer hulle egter Christus se voorbeeld volg en selfopofferend en nederig ingestel is op die lewe, is die resultaat ’n gesindheid van toegeneentheid en eenheid. Dan haal Paulus ’n lied aan (vers 5-11) om te wys hoe Christus presies dít vir ons gedoen het. Hierdie self prysgawe ter wille van ander was die kern van Jesus se lyding. Wie bely dat Jesus gely het, dink nie net aan Jesus se emosionele pyn en swaarkry nie, maar veral aan sy self prysgawe en neem dan juis hierdie gesindheid as leefstyl op. Net nog een gedagtes: Die ‘beloning’ vir hiérdie self prysgawe is nie geleë in die reaksie van die mense nie, maar in God se reaksie: Hy verhef Hom tot die hoogste eer.  

1. Waarna verwys Paulus na jou mening wanneer hy die gemeente oproep om met Jesus se gesindheid te lewe? (Dink eers bietjie self hoe jy hierdie gesindheid sal omskryf. Vers 6 gee vir ons die sleutel tot Jesus se gesindheid: Jesus was nederig want Hy was gewillig om sy regte prys te gee om God te gehoorsaam en mense te dien. Ons mense probeer vandag dikwels ons selfsug verdoesel deur op ons ‘regte’ te staan. Jesus het nie net sy goddelikheid prysgegee nie, maar sy deelhê aan die heerlikheid en mag.  Dit is hierdie gesindheid van Jesus om sy regte prys te gee ter wille van ander (my en jou) waartoe God Hom geroep het. Dien – selfs al kry jy geen erkenning daarvoor nie. Dien, nie omdat jy skuldig voel of bang is nie, maar omdat jy God lief het. 

2. Kyk of julle die “trappe van vernedering” en die “trappe van verhoging” in hierdie teks kan raaksien. Wat wil die skrywer na jou oordeel met die aanhaling van hierdie lied bereik? ( Trappe van vernedering: God word mens; Jesus word nie net mens nie, maar slaaf [dien almal]; Jesus moet doodgaan. Trappe van verhoging: Jesus kry ’n Naam bo ander name; Jesus word Koning van alle konings voor wie elke knie sal buig; Jesus kry sy ere posisie as God terug. Hierdie lied is nie maar net ’n beskrywing van iets daar vêr nie, maar ‘n poging om elke leser in beweging te bring en saam te neem op Jesus se pad van diensbaarheid. 

3. Hoe kan ons as huismense prakties elke dag gestalte gee aan hierdie gesindheid van diensbaarheid van Jesus? (Deel eers julle eie gedagtes. Ouers – julle moet hier die leiding neem. Jou kind gaan nie net een oggend wakker word met hierdie gesindheid nie. Dit is iets wat julle vir julle kinders moet voor leef. As jy nie so ’n voorbeeld gehad het nie gaan dit ook nie maklik kom nie en sal jy ’n daadwerklike besluit moet neem om dit deel van jou eie lewe te maak. Gebruik sommer hierdie geleentheid om hierdie gesindheid saam  met jou kinders aan te kweek. Gebruik onderstaande om saam te groei.

 

  • Ek dink hier moet ons dalk begin deur mekaar gereeld te herinner wat die gesindheid van Jesus beteken en dan selfs ’n herinnerings tekentjie in die huis neersit op ’n prominente plek of teen die yskas wat ons help om nie selfsugtig/ selfgesentreerd/ net op eie behoeftes of regte ingestel te wees nie, maar ander te dien met ’n selfopofferende gesindheid.
  • Dan kan ons gereeld saans terugkyk op ons dag en vir mekaar vertel waar ons gedurende die dag moes kies tussen selfsugtig-wees en diensbaar-wees.
  • Die volgende stap is om mekaar aan te moedig om hierdie gesindheid in dade om te sit deur dinge vir ander mense te doen. Om dit te doen, moet ons eers ander se behoeftes raaksien en dit registreer. Begin deur net te oefen en raak te sien waar ons ander mense kan help deur klein dade van omgee deur die lewe vir ander makliker te maak sonder dat hulle daarna vra. Kyk elke dag ook terug waar ons behoeftes raakgesien het en hoe ons ander toe gehelp het. Help ook mekaar om dinge te doen nie net ter wille van ‘n belonging of erkenning nie. Hierdie teks het mos gesê dat God Jesus “beloon” het deur Hom te verhoog.
  • Wanneer hierdie manier van kyk in die lewe ‘n gesindheid in ons lewens word, sal die Here ons oog oopmaak vir groter dinge op ons lewenspad.

4. Sluit julle gesprek rondom die Bybel elke dag saam met gebed af. Deel elke dag met mekaar julle hoogte- en laagte punte en bid saam vir mekaar se hoogte- en laagte punte. Van vandag af kan julle ook bid vir dié mense wie julle kon help of die mense wie se behoefte julle raakgesien het by die skool, werk, studieplek of sommer net langs jou op die lewenspad. Bid ook dat die Here hierdie persone sal help.

 

Week 9: Sondag-11 Maart-se-3-Kruis-Huiskonneksie

3-Kruis Huiskonneksie’

(Sondag 11 Maart 2018)

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae (julle kan elke dag een vraag bespreek of van die vrae kies wat julle as gesin/huismense met mekaar gaan bespreek.

Teksgedeelte: Lees Johannes 1:14 & 3:16

Twee weke gelede het ons met die eerste artikel van die 12 artikels of geloofsbelydenis begin: “Ek glo in God, die Vader, die Almagtige, Skepper van die Hemel en die aarde.” Hierdie week fokus ons op die tweede artikel of deel: “Ek glo in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, wat gebore is uit die maagd Maria.” Johannes 3:16 is seker een van die heel bekendste tekste in die hele Bybel. Dit kan so maklik gebeur dat ons die betekenis hiervan heeltemal miskyk. Jesus het by ons kom woon volgens Joh. 1:14 (letterlik staan daar tent opslaan). Die tabernakel-tent en later die tempel was die plekke waar mense die naaste aan God kon kom. Johannes sê in hierdie tekste vir ons dat Jesus God naby ons geword het. Hy het God se hart vir ons kom wys. Hy het God se visie kom uitleef en daardeur ons kom oproep om hierdie visie uit sy hand te ontvang en ook self uit te leef. As ek dus sê: “Ek glo in Jesus Christus…”  sê ek daarmee dat ek nie net glo dat daar iemand soos Jesus Christus was nie, maar ook dat ek glo dat Hy van sy Vader af kom, dat Hy self ook God is, dat Hy sy Vader se hart vir ons kom wys het en dat ek sy visie vir die wêreld omarm en uitleef elke dag.  

  1. Wat was die doel van Jesus se koms na die aarde gewees? (Mens kan hier ‘n baie lang antwoord gee, maar Joh. 3:16 help ons om hierop te antwoord. Miskien is die probleem dat ons die Ewige Lewe iets gaan maak het wat dit nie wil wees nie. Ons kan dus sêdat Jesus na die aarde toe gekom het sodat elkeen wat in Hom glo die Ewige lewe kan hê. Hy het gekom om vir ons die nuwe lewe te gee. Die woord lewe in Johannes is gevul met ‘n baie ryk betekenis. ‘n Nuwe manier of uitkyk op die lewe, ‘n vervullende lewe, ‘n lewe wat gevul is met sin en betekenis, ‘n lewe wat gevul is met God se liefde. Jesus het dus gekom sodat elkeen wat van-bo-gebore word (God se hart en God se uitkyk op die lewe deur sy Gees ontvang), dus in Hom glo die ewige (goddelike) lewe kan hê. Natuurlik begin hierdie lewe wanneer ons glo en hou aan tot na ons dood.
  2. Jesus was volledig mens, maar Hy was ook volledig God. Noem bietjie die redes hoekom ons kan sê dat Jesus volledig mens is, Noem ook die redes hoekom ons kan sê dat Hy volledig God is. (Die Bybel sê dat Jesus mens en God is. Hy het ‘n klomp menselike eienskappe gehad. Dink bietjie na watter eienskappe jy van weet. Dink ook na oor die Goddelike eienskappe waarvan jy weet. Menslike eienskappe: Hy is gebore uit ‘n vrou, Hy het moeg en honger geword, Hy het seergekry en gesterf ens. Goddelike eienskappe: Hy het wondertekens gedoen, Hy het mense hulle sondes vergewe, Hy het uit die dood opgestaan, Hy het geweet wat mense dink ens.)
  3. Wat is die implikasie vir my lewe en my optrede teenoor ander wanneer ek bely dat ek glo in Jesus Christus….? (Natuurlik kan hier ongelooflik baie dinge gesê word. Ek kan lewe met dié wete dat hierdie Jesus in wie ek glo, deur sy Gees teenwoordig is in my lewe. Verder beteken dit ook dat God se visie deel moet word van my lewe; God se hart deel moet word van my hart; God se liefde meer en meer deel moet word van my lewe; Hy verstaan my menslikheid en het volledig deernis en meelewing omdat Hy self ook volledig mens was. Tog kan ek sy teenwoordiheid opsoek, my hart met Hom deel en my seerkry en nood in sy hande sit, want Hy is ook volledig God. Natuurlik het my belydenis implikasies oor hoe ek optree teenoor ander mense en teenoor die skepping. In my gesprekke met ander, in my houding teenoor ander, in my optrede teenoor ander gaan ek iets reflekteer van God se hart en visie wat Jesus kom wys het. Ek sal dus meer “mindful” bewustelik moet begin lewe.
  4. Sluit julle gesprek rondom die Bybel elke dag saam met gebed af. Deel elke dag met mekaar julle hoogte- en laagte punte en bid saam vir mekaar se hoogte- en laagte punte.

Week 8: Sondag-4 Maart-se-3-Kruis-Huiskonneksie

3-Kruis Huiskonneksie’

(Sondag 4 Maart 2018)

Lees die onderstaande teksgedeelte en bespreek die vrae (julle kan elke dag een vraag bespreek of van die vrae kies wat julle as gesin/huismense met mekaar gaan bespreek.

Teksgedeelte: Lees Matteus 13:31–33

Hierdie is een van ‘n hele paar gelykenisse wat Jesus vertel het om vir sy dissipels en ons te help verstaan hoe ‘n lewe lyk van iemand (en ‘n groep) wat in ‘n verhouding met Jesus lewe. Elke gelykenis wil vanuit ‘n ander hoek iets duideliker maak van hoe die lewe lyk van mense wat in God glo. Wanneer Jesus hieroor praat gebruik Hy telkens die begrip ‘koninkryk’. Jesus probeer vir sy dissipels verduidelik dat mense wat in God glo se lewe anders is – God het en is steeds besig om dit anders te maak (herskep). Dit is asof so iemand verhuis het uit hul eie land na ‘n ander land (God se land). Hierdie land het nie geografiese grense nie, maar sluit alle mense van alle lande en tale in wat in Jesus glo. Hulle leef nie meer onder die heerskappy van hulle koning (president) nie, maar onder God se koninskap. In hierdie land is en gebeur dinge anders.  Die mense van die koninkryk is uitkenbaar aan die eienskappe wat in hulle lewens sigbaar is. Om te beskryf wat anders is, gebruik Jesus in die stories (gelykenisse wat Hy vertel) telkens voorbeelde uit hulle alledaagse lewe om iets te verduidelik van hoe dit in die koninkryk is. In die gelykenisse van die mosterdsaadjie en die suurdeeg wil Jesus spesifiek praat oor die groeipotensiaal en die transformerende krag wat in die koninkryk aan die werk is.  Hoe luister mens na hierdie en ander gelykenisse? Jy volg die storielyn, probeer die intrige te snap, die ontknoping te begryp en raak te sien hoe dit jouself raak, jou lewe verander, jou waardes, drome, vrese, ideale, oortuigings, alles, in ‘n nuwe lig stel, jou anders laat dink oor sake, jou ‘n nuwe wêreld laat sien, God se wêreld en God se werklikheid.

  1. Hoe help die gelykenis van die mosterdsaad gelowiges vandag….
  • as ons dink aan tye en plekke waar gelowiges in die minderheid is by die skool of ons werk of tussen vriende?  
  • as ons oorweldig word deur die uitdagings wat voor ons staan as ons ‘n koninkryksdroom najaag?

(Al lyk dit of die koninkryk bestaan uit ‘n klein groepie mense (dink aan die 12 dissipels wat ná Jesus se kruis-dood uit vrees vir die Jode en die Romeinse owerheid hulleself in die bovertrek toegesluit het) en al lyk dit of die klein groepie nie regtig enige verskil kan maak in die samelewing nie, vergelyk Jesus die koninkryk (hierdie groepie mense) met ‘n mosterdsaadjie wat baie klein is, maar ‘n groot struik-boom word. Die koninkryk van die Here begin klein, maar niemand weet waar dit gaan eindig nie. Wanneer ons in gehoorsaamheid aan God anders lewe, mag ons dikwels oorweldig word wanneer ons in die minderheid is en mag ons selfs in die versoeking kom om op te hou om te glo. Dit is dan wat hierdie gelykenis wil sê: net soos die klein saadjie wat in die grond val nie dadelik in ‘n groot boom verander nie, is my en jou geloof ook maar ‘n saadjie wat aanvanklik lyk of daar niks gebeur nie, maar God laat dit groei. Wat ons egter moet motiveer is die uitkoms van God se koninkryksdroom: wanneer die koninkryksdroom waar word, word die koninkryk ‘n ruimte waar mense, soos die voëls in die boom van die gelykenis, kan ‘kos’, skuiling en heeling kry.

In hierdie gelykenis sê Jesus dus vir sy dissipels en vir my en jou:

  • Dat God in elke gelowige ‘n klein saadjie van geloof plant om te groei;
  • Dat elkeen van ons God se mosterdsaadjies is waarmee Hy die wêreld wil verander!
  • Dat elkeen van ons in gehoorsaamheid aan God anders moet leef, ander mense dien en getuig waar ons ook al kom;
  • Daar mag niks wees wat jou moed breek om God se droom in jou vir hierdie wêreld waar te maak nie.)
  1. Die koninkryk het ‘n transformerende krag, wat alles verander, soos suurdeeg die broodmengsel verander. Sonder suurdeeg is die brood plat en hard. Met suurdeeg is die hele brood mooi gevorm en sag. Hoe werk hierdie transformerende krag van die koninkryk in gelowiges se lewens prakties?

(Verandering in die lewe begin in die lewe van ‘n enkele persoon. Die suurdeeg van geloof het ‘n veranderende uitwerking in elke fasset van ‘n gelowige se lewe. Wanneer ‘n individu dan begin leef met ‘n koninkryksdroom, dan werk dit ook soos suurdeeg: dit het ‘n transformerende uitwerking in ander se lewens ook. Gelowiges word, soos die suurdeeg in die meel, in die wêreld “ingemeng”. God gebruik gelowiges se lewens om sy koninkryksdroom te laat groei in mense se lewens.

  1. Ons het in die erediens daaroor gepraat dat geloofsgesprekke (enige gesprek, formeel of spontaan informeel, wat oor God, wat Hy vir ons beteken, waar ons Hom gesien werk het en oor geloof handel) in ons huise ook soos ‘n mosterdsaadjie en suurdeeg werk. Dit is iets kleins en begin klein, maar dit het ‘n enorme en trasformerende invloed in ons almal se lewens.Tog sê statistieke dat in Suid Afrika, slegs 43% van ons huise gereelde geloofsgesprekke voer. Hoe kan julle in julle huis seker maak dat sulke gesprekke wel gereeld plaasvind? (Sulke gesprekke voel soms vir mense geforseerd veral as ouers nie in hulle huise grootgeword het waar sulke gesprekke natuurlik gevloei het uit alledaagse gesprekke nie. As dit nie reeds deel van julle daaglikse lewe is nie, begin dit dan dalk meer formeel bv. elke Sondag middag praat ons saam oor dit wat ons in die erediens gehoor het of elke aand nadat ons gelees het praat ons oor wat die teks vir ons lewe te sê het. Wanneer ons hoogte en laagtepunte van ons dag met mekaar deel, kan ons bv. vra hoe was God teenwoordig in dit wat gebeur het? Dit is soms ook belangrik om in ons gewone gesprekke net ons dank, geraaktheid of ons belewenis van die Here se teenwoordigheid of selfs afwesigheid met mekaar te deel. Om die alledaagse deel te maak van ons gebed, help ons ook om ons geloof deel te maak van ons hele lewe. Geloofsgesprekke help ons dikwels om saam ‘n groter waarheid te ontdek wat nooit na vore sou kom as ons dit nie met mekaar bespreek of gedeel het nie.)
  2. Sluit julle gesprek rondom die Bybel elke dag saam met gebed af. Deel elke dag met mekaar julle hoogte- en laagte punte en bid saam vir mekaar se hoogte- en laagte punte.

Week 7: Sondag 25 Februarie se 3-Kruis-Huiskonneksie

Week 6: Sondag 18 Februarie se 3-Kruis Huiskonneksie

Week 5: Sondag 11 Februarie se 3-Kruis Huiskonneksie

Week 4: Sondag 4 Februarie se 3-Kruis Huiskonneksie

Week 3: Sondag 28 Januarie se 3-Kruis Huiskonneksie

Week 2: Sondag 21 Januarie se 3-Kruis Huiskonneksie

Week 1: Sondag 14 Januarie se 3-Kruis Huiskonneksie

3-Kruis Konneksie