Welkom by NG Gemeente The Reeds!

The Reeds gemeente is ’n kleiner gemeente in die Suidweste van Centurion met ’n familie-karakter. Ons eredienste is baie informeel. Ons glo in ons gemeente aan die beginsel van  eenvoud, daarom is kerk-wees nie vir ons mooi geboue en deftige geleenthede nie, maar  mense wat as dissipels van Jesus lewe waar hulle is. Ons eredienste en bedieninge wil jou ondersteun en toerus om as dissipel van Jesus binne ons gebroke wêreld te lewe. Snuffel rond op die webblad en weet jy is baie welkom by ons. Kom soos jy is!

Kantoor Ure: Maandag – Vrydag 08:00 – 13:00
Kontak Nommer: 012 657 1296
Epos: ngthereeds@mweb.co.za

  Besoek ons facebook blad – klik op skakel hieronder

 https://www.facebook.com/groups/25430334725/?ref=bookmarks